Stephan Joubert herinner lesers dat elkeen in die hande van God se kreatiewe Gees is. Luister hier na ʼn voorlesing en Joubert se Pinkster-boodskap uit sy boek “Kry styl – Jesus sʼn”.
Boek: Essays van ʼn Christen in ʼn Covid-19-wêreld
Die versameling essays in “Essays van ʼn Christen in ʼn Covid-19-wêreld” is ʼn eerlike en persoonlike reis van ʼn gelowige wat weereens besef dat daar een God, een waarheid en een begronding is.
Boek: Swart swaan
Wilken Calitz se debuutroman, “Swart swaan”, is meer as ’n surrealistiese sprokie vir volwassenes. Dit is ’n betowerende roman oor die lewe van ’n man wie se verbeelding op ’n dag vlerke kry.
Boekvoorlesing: Ondier
Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober, die vrou vir wie Olaf Demeyer lief geword het. Sal Olaf ondanks sy eie stryd instem om die saak te ondersoek? Luister hier na ʼn voorlesing van “Ondier” deur Jan Vermeulen.
Boek: Sanri Steyn: Die geraamte se geheim
Sanri Steyn is vasbeslote om vas te stel wie Bennie Bene werklik is. Lees meer.
Boekresensie: Dié woordeboek gesels terwyl jy ‘n nuwe taal aanleer
Sien, hoor en leer op ’n prettige en kreatiewe wyse met dié praatwoordeboek.
Boek: Vat en voel: ‘My klein wildtuin’ en ‘Dierebabas’
Die ‘Vat en voel’-reeks is geskik vir kinders tot so oud as ses jaar. Dit help die kleinspan om flappe te lig en ʼn verskeidenheid diere te ontdek.
Boekvoorlesing: Die liegdag
Johny Klein is terug met nog ʼn voorlesing. Skuif nader en luister saam na PG du Plessis se kortverhaal “Die liegdag”.
Boekvoorlesing: Sterkykers
Sê vir jou ma dit is tyd om asem te skep, dan luister jy vinnig na Fanie Viljoen se voorlesing van sy gedig “Sterkykers”. Dit is geskik vir kinders 13 jaar en ouer.
Boek van die maand: ‘Luistervink’ deur Madré Marais
“Misdaad” kry in dié bundel kortberhale ʼn wyer betekenis. Die leser kom ʼn skrywer teë met gespitse ore wat benewens die hoorbare ook ʼn oop oor het vir die ongehoorde.
Boek: Garden Lockdown
“Garden Lockdown” bied ʼn versameling van die pragtigste tuinfoto’s wat tydens vlak 5 van nasionale afsondering geneem is.
Boek-uittreksel: Uit die Beek 2019: Beloftes
“Nou gaan Hy weg, sodat Hy dit vir hulle, vir óns, nog makliker kan maak om alles te glo wat Hy belowe het. In sy plek kom die beloofde Gawe van God: die Gees wat hulle sou oorweldig.” Lees dié spesiale uittreksel ter viering van Hemelvaart.
Boek: As jy van moord droom
Die storie van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff was die sneller vir dié roman, die jongste deur Deborah Steinmair. Daar is talle boeke oor kinders wat verdwyn, maar min oor ’n beskadigde kind wat terugkom. Lees meer oor “As jy van moord droom”.
Boekvoorlesing: Die Wonderwese
Sedert Eron Verberger en Velvel Azazel se gewelddadige struweling in die Vallei van Bergstrome het omstandighede in Gabriëllië geensins verbeter nie. Carina Stander lees ʼn gedeelte uit die tweede boek in haar Bergengel-trilogie voor. Luister hier na “Die Wonderwese”.
Boek: Die nag ruik na spoed
Wetenskapfiksie-vrate sal verheug wees oor Schalk Schoombie se jongste kortverhaalbundel. “Die nag ruik na spoed” bevat ʼn goeie dosis innovering, spanning en ʼn paar verrassingselemente.
Boek-uittreksel: Die opstand van Poppie Nel
Poppie Nel het op ’n dag in November ongenooid in Lukas se lewe ingestap, net toe hy self probeer regop kom. Vóór dit het hy haar nie geken nie, nie eens van haar geweet nie. Lees hier hoofstuk een van Hans du Plessis se jongste roman.
Boekresensie: Terugblik
Ek het my verlustig aan hierdie wetenswaardige en wyduiteenlopende werke en sal die boek beslis ook aanskaf as geskenk vir iemand wat, soos ek, graag meer lees oor vervloeë dae se mense en die gebeure wat ons as land en volk geslyp het.
Boek: Oupa Zombie
Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reisprogramme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor … BREIIINNNSSS! Is hy dalk besig om in ’n zombie te verander? Lees meer oor Jaco Jacobs se jongste boek “Oupa Zombie”.
Boekvoorlesing: Sidestep tussen duine
Oom Kassie Lekkerlieg vertel in “Sidestep tussen duine” van sy noue ontkoming met ʼn sandhaai. Sal hy betyds ʼn plan kan maak wanneer hulle volspoed op sy spoor is? Luister hier na Johny Klein se aanbieding van Thomas Deacon se kortverhaal.
Boek: Diereverkenners: Lola en die singende orgideë
Het jy al ooit van ʼn ysbeer in ʼn reënwoud gehoor? Lees meer van Lola se avonture in “Diereverkenners: Lola en die singende orgideë”.