Daar is nuwe petrol op die vuur van die kerklike debat oor homoseksuele verhoudings gegooi, skryf ds. Schalk Strauss.
Migrasie: voordelig en onvermydelik?
Migrasie bly een van die megatemas van die politiek, skryf Sebastiaan Biehl.
Die kuns van ordentlikheid
Die kuns van ordentlikheid, wellewendheid en welmenendheid is dat dit arbeid om die plesier daarvan is – dat dit glad nie van wederkerigheid afhang nie. Dit is hierin dat die bevrydende aard van ordentlikheid lê – jy verwag niks terug nie.
Grondonteiening: Nou ook in Namibië
Namibië gaan heel moontlik spoedig (wit) buitelanders se plase onteien, moontlik met verminderde of geen vergoeding. Dit gaan uiteraard Suid-Afrikaners in Namibië direk raak, maar ook Namibië se stabiliteit en beleggingsvertroue beïnvloed. Vroeër of later sal wit Namibiërs se grond ook onder skoot kom.
Die IRV se eerste 2019-verkiesingsvoorspelling
In die aanloop tot die verkiesing van volgende jaar bereik ons weer die tyd van kontrasterende meningsopnames en verkiesingsvoorspellings.
Dit is makliker om slagspreuke te skryf as om beleid uit te voer
Die driewoordbegrippe moet vinnig van die tong af rol, moet duidelik stel waarteen gemobiliseer word sonder om te veel eie verantwoordelikheid op te neem, want dit moet altyd iemand anders se skuld wees.
Podlitiek: Dagga, verkiesingvoorspellings en ’n stimuluspakket
Net omdat dagga nou wettig is, beteken dit nie dat die Podlitiek-span kans sien om te ontspan nie – want hulle besef goed, waar daar ʼn rokie is, is daar gewoonlik ʼn vuurtjie.
Probleme met betrekking tot ʼn gebalanseerde skoolleerplan
Hierdie vrae bied nie ʼn oplossing vir die probleme ten opsigte van ʼn gebalanseerde skoolkurrikulum nie. Maar dit bepleit ʼn ernstige strewe na balans en objektiwiteit. ʼn Gebrek aan balans sluip maklik in. Ek het my al self onbedoeld aan ʼn gebrek aan balans skuldig gemaak.
Suid-Afrika nie meer die enigste poort tot Afrika
’n Mens sou kon vra waarom internasionale finansiëledienstemaatskappye wat oor die afgelope paar jaar in Mauritius kantore gevestig het, dit nie in Suid-Afrika gedoen het nie.
#SkepSaamHoop: Werk hard, staan vas en praat hoop!
As jy niks doen nie omdat jy dink jy kan niks bereik nie, word dit ’n selfvervullende professie, want jy gaan dan nie die loop van die geskiedenis kan verander nie. Jy word dan bloot ’n slagoffer van die geskiedenis.
Stem van hoop uit swart geledere
“Ons minderheidspartytjies is reeds bewakers van die grondwet.”
Dit is wat SA kan leer by Amerikaanse politiek
Laat die Amerikaanse ervaring ’n les vir Suid-Afrikaners wees. Beveg mekaar, ja. Maar moenie jou eie brûe agter jou verbrand nie; en hou altyd ’n agterdeur oop.
Woorde met woede, beledigings en ʼn klomp haat
Ons vryheid van spraak om foute en oortredings uit te wys, behoort soewerein te wees en, alhoewel vryheid van spraak sekerlik elkeen se reg is, behoort ons so gou moontlik op te hou om onsself in die voet te skiet deur mense op grond van ras af te breek of te veroordeel.
‘Donkies’ laat ’n half-miljoen vermoordes in ’n vlak graf; ons kort perde
’n Mens kan nie die Durban July met donkies wen nie, ons het perde nodig. Miskien is die gemeenskap die perde wat opgewasse is om die resies mee aan te pak. Daar is geen twyfel dat ons moet aanhou druk toepas op die staat nie. Ons moet egter ook self ’n nuwe volhoubare toekoms skep.
Cosatu is aan’t verdwyn – en dit moet nie gekeer word nie
Tesame met die rol wat outomatisering, kennis en tegnologie in vandag se wêreld van werk speel, raak Cosatu en sy samestellende vakbonde ’n anachronisme wat moeilik hul eie agteruitgang gestop gaan kry. En ek dink nie dit moet stopgesit word nie.
Podlitiek praat erfenis
Op hierdie Erfenisdag gesels Paul Maritz en Daniel du Plessis met Gielie Hoffman oor erfenis in Suid-Afrika – en dan ook die erfenis van Afrikaners in die besonder.
Redakteursbrief: Wat word van Lina?
Ek sit onlangs by my kind se perdryles. Ek bring haar nie gewoonlik self nie, so ek sit ʼn bietjie eenkant en luister na die ander ma’s wat dik stukke gesels. Vrydagmiddag-vriende, skryf Susan Lombaard.
Verlore of gesteelde vuurwapens: Jou 5 stap-aksieplan
Heinrich Gonzales verduidelik wat jy moet doen as jou vuurwapen wegraak of gesteel is:
Wie is Alan Winde en wat kan ons van hom verwag?
Die DA se keuse van die 53-jarige sakeman Alan Winde as premierskandidaat verplaas werkskepping na die middelpunt van die provinsiale beleidsdebat.
Akkerland se grondeise het talle interessante dimensies
Die beslissing van die grondeisehof verlede week dat Akkerland-Boerdery weer die eienaar is van die twee plase waaruit die boerdery bestaan, het amper ongemerk verbygegaan. Hierdie saak het ʼn hele aantal interessante dimensies.