Waar ons ook al gewandel het, sou ek en Piet en Fanus en die res van die geselskap 5 Augustus 1979 en die epiese vlug na Suidwes en daardie riller van ’n landing in die Namib vir altyd onthou.
Is die EFF se einde in sig?
Een van die dinge wat ek hierdie jaar geleer het, is dat die EFF probeer om soos boelies op te tree terwyl hulle eintlik net blaf eerder as byt.
Podlitiek: ’n Nuwe Kabinet en minimumloon, die EFF sonder skroom
Hierdie week vier Podlitiek sy 25ste weeklikse episode met drie opwindende besprekingspunte, naamlik ons land se nuwe kabinet, die EFF se aanval op die media asook die aankondiging van ’n nuwe nasionale minimumloon.
Chris Chameleon: Nagedagtenis
Wys vir my betyds die sluier as hy van agter kom…
Littekens op ons siel kan uitgewis word
Tog is daar sommige van die letsels wat ons dra – geestelik, emosioneel en selfs fisiek – wat ons aan ons eie sonde herinner. Letsels herinner ons dat sonde soms pyn en smart tot gevolg het. Genadiglik kan die sondelittekens in ons gees en siel uitgewis word.
Bibi-saak plaas kollig op ekstremisme in Pakistan
Honderde aktiviste is die afgelope naweek oor die hele Pakistan heen in hegtenis geneem – in die soveelste reeks gewelddadige betogings deur Moslem-ekstremiste in dié land sedert ’n omstrede, onlangse uitspraak in die hooggeregshof van Pakistan.
Die lig is aan
Toe kom ons by die afsluit en ek vra ewe vroom of ek vir die oompie kan bid. “Nou ja neef, bid dan maar.” Met dié val ek weg en soek ernstig na rede en sin waarvoor om te bid…
Sit julle huwelik vas in die modder?
Deur die genade van die Here kon ek al beleef hoe honderde egpare weer vars kon begin en nuut wegspring aan die ander kant van die modderpoel. Dit kan julle ook wees. Laat jou huwelik baat by die vryheid van belydenis en vergifnis.
’n Praktiese veldslag in ’n ideologiese oorlog
Hoewel ons al op ’n laat stadium in hierdie spesifieke oorlog is, en dit tans lyk of dinge nie besig is om in die guns van die regterkant uit te speel nie, is dit nie te laat nie. Daar is steeds tyd om by die linkses te leer, en beter boodskappe met onstuitbare sukses en momentum te laat vergestalt.
Implikasies van die middeltermynverkiesing in die VSA
In ʼn sekere sin het die uitslag wat die Republikeine en Trump se mag besnoei het, waarskynlik sy kanse op herkiesing in 2020 verhoog. Amerikaners hou van balans en is weens hul sterk demokratiese geskiedenis skepties teenoor ʼn konsentrasie van mag.
Podlitiek-onderhoude: Danie Barnard oor aktivisme en entrepreneurskap
In hierdie episode gesels die twee Daniels en Paul met Danie Barnard, aktivis en entrepreneur, oor die invloed van sosiale media op die samelewing, kripto-geldeenhede asook die 2019-verkiesing.
Die stil revolusie ook in SA op pad
Jy gaan hulle nie hoor nie omdat hulle so stil is, maar elektriese motors gaan ‘n revolusie in ons lewens en die wêreld se motorbedryf teweegbring.
Teen kommunisme was jy paraat maar wat van sekulêre humanisme?
Hoe moet ons antwoord wanneer ons nou moet hoor: “Ek en my menseregte! Ek is die bepaler van my eie lot!”
Springboklegende Gysie Pienaar gesels met Pierre Massyn
Dankie Gysie Pienaar vir al die onvergeetlike plesier wat jy my en duisende ander rugbyliefhebbers in Suid-Afrika en wêreldwyd besorg het.
Brexit: ‘Dis ongenadig moeilik om die EU te verlaat’
Of ’n mens nou van die EU hou of nie, hy is ’n onverbiddelike feit van die lewe. Leopold Scholtz se voorspelling is dat die EU nie so maklik uitmekaar gaan val nie.
Verbruikersake: Loop lig vir Swart Vrydag
Ina Opperman gee raad hoe jy Swart Vrydag moet aanpak.
Discovery: Wit mense is as vredeoffers vir die regerende elite aangebied en hulle is woedend
Hulle wil bloot net so deel wees van u transaksies as u ander kliënte. Hulle is nie lus om deel te wees van ʼn maatskappy se sosiale manipulasie nie. Hulle is al genoeg as slaansak deur die regering gebruik en nou kom Discovery en slaan hulle ook – toe slaan hulle terug.
Wil die ANC werklike versoening hê of kan hulle dit nie bekostig nie?
Vir dr. Pieter Mulder lyk dit uit die toesprake van ANC-leiers die afgelope tien jaar en die dade van hul volgelinge dat hulle nie in werklike versoening en die wegbeweeg van die verlede belang stel nie. Mulder verduidelik hoekom hy so voel:
Is die Kaap Hollands, Afrikaans of Kaaps?
Hoe ook al, Standaardafrikaans bestaan nou eenmaal en het ’n nuttige funksie. As die bruin mense daarin slaag om Kaaps tot dieselfde vlak te ontwikkel – uitstekend. Maar los Standaardafrikaans uit!
Podlitiek: Grondonteiening uitgepluis, die Unisa fopnuuspaleis en Cyril se ware kleure wys
Podlitiek bespreek die grondwetlike hersieningskomitee se amptelike verslag, fopnuus deur ʼn Unisa werknemer en Cyril Ramaphosa se Bosasa-skandaal.