Dis baie belangrik om ʼn mediese fonds te kies wat jou meer buigsamheid, keuse en beheer gee.
Kies ʼn mediese fonds met unieke voordele
Die lewe is onvoorspelbaar, en jou omstandighede kan binne ’n oogwink verander. Hoe aanpasbaar is jóú mediese fonds wanneer jou lewensomstandighede verander of jou gesin groei?
Suid-Afrikaners spaar té min, leef bo vermoëns
Suid-Afrikaners spaar nie weens skuld en ʼn gebrek aan finansiële opleiding.
Verbruikersake: Maak só seker jou vakansieplanne draai reg uit
Dis al amper die einde van die skooljaar en vir baie (gelukkige) verbruikers beteken dit tyd om uit te span en die spanning van die afgelope jaar af te skud. Ina Opperman het gaan kyk wat jou regte as verbruiker is wanneer jy vakansieplek en vervoer bespreek.
Verbruikersake: Motorhandelaar Tribunaal toe gestuur oor voetstoots
’n Motorhandelaar van Pretoria is by die Nasionale Verbruikerstribunaal verkla omdat hy ’n motor vol foute aan ’n verbruiker verkoop het as “voetstoots” en geweier het om enige verantwoordelikheid vir die foute daarop te aanvaar. Ina Opperman verduidelik wat gebeur het en wat verbruikers se regte in so ’n geval is.
US beplan om Bestuurskool terug te bring na Stellenbosch
Die Universiteit Stellenbosch beplan om sy wêreldbekende Bestuurskool terug te bring na Stellenbosch.
Nuwe ekspat-belasting kan plaaslike ekonomie knou
Menige belastingbetalers kan hul verblyfreg in Suid-Afrika vir belastingdoeleindes opgee, wat negatiewe nagevolge vir die land se ekonomie kan inhou.
Verbruikersake: Verbruikers spring van woede oor trampolien nie opdaag
Verbruikers is warm onder die kraag omdat trampoliens wat hulle van SA Trampoline in Pretoria bestel het, nooit afgelewer is nie. ’n Verbruiker het vir ons geskryf dat hulle net leë beloftes gekry het dat hul geld terugbetaal sal word. Ina Opperman het ondersoek ingestel.
Verbruikersake: Jy kla nou hier oor kredietburo’s
Sedert 1 Oktober moet verbruikers wat klagtes het oor kredietburo’s wat met banke verband hou, egter nou by die Bankombudsman kla. Ina Opperman verduidelik waar jy moet kla.
Verbruikersake: Klasaksie vir verbruikers
Die US se regskliniek het ʼn aansoek by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien om ’n klasaksie namens duisende verkulde verbruikers in te stel teen ʼn maatskappy wat aanlynlenings aanbied. Ina Opperman verduidelik wat gebeur.
Verbruikersake: Huisbouerswet kan só verander
Net meer as twintig jaar nadat die Wet op Beskermingsmaatreëls vir Behuisingsverbruikers in 1998 ingestel is, het die kabinet onlangs die publikasie van ʼn nuwe wetsontwerp goedgekeur vir deelname en kommentaar. Ina Opperman het gaan kyk hoeveel anders dié wetsontwerp lyk as die bestaande wetgewing.
Familietwis: Hoe ʼn testament dit kan voorkom
Ons kan strewe om ‘n volle lewe te hê, liefdevolle herinneringe en ‘n nalatenskap agter te laat vir ons familie. Ongelukkig kan sulke mooi herinneringe besmet word wanneer familielede oor jou boedel stry omdat hulle rigtingloos gelaat is
Testamentweek: My vriend sterf en sy eks erf alles
My vriend het geweet dat dit belangrik was. Hy het geweet dat hy wysigings moet aanbring op sy testament. Maar spyt kom te laat …
Dís hoekom jy ʼn geldige testament moet hê
As jy bewus was van die impak as jy sonder ‘n testament sou afsterf, sou jy geensins hierdie belangrike taak verder uitstel nie.
Verbruikersake: Bedrog op jou bord
Ina Opperman het met Nicola Brook, direkteur van Foodpath, gesels om meer uit te vind oor voedselbedrog en wat daaraan gedoen word.
Verseker só jou kind se toekoms
Een van die mees doeltreffende maniere om die erfenis te bestuur wat jy vir jou kinders agterlaat, is om ‘n trust op te stel met duidelike riglyne oor hoe jy wil hê die geld moet bestuur word.
Al hoe meer mense sluit aan by Finbond Platinum
Al hoe meer mense sluit aan by Finbond Platinum, ʼn nuwe toevoeging tot die Finbond Mutual Bank-stal. Meer as 200 000 kliënte vertrou reeds dié onderneming met hul bankdienste.
Verbruikersake: Oppas vir insleepdienste
Mense wat in motorongelukke betrokke is, is gewoonlik daarna so geskok dat hulle nie helder kan dink nie. En dit is net dan wanneer die insleepdienste toeslaan en jou vinnig laat teken om jou motor weg te sleep. Ina Opperman verduidelik waarvoor jy moet ligloop en wat jou regte is.
Verbruikersake: Wanneer goggas ook winkel toe gaan
Daar is seker niks wat mens so min lus maak om inkopies te doen as wanneer jy ’n gogga in die gangetjies tussen die kosrakke teëkom nie. Trap mens maar dood en hoop vir die beste, of kan jy by iemand gaan kla as jy dikwels goggas in ’n koswinkel sien rondskarrel? Ina Opperman het gaan uitvind wie is hiervoor verantwoordelik.
Verbruikersake: Vermy klagtes oor aanlynkopies só
Die kantoor van die Ombudsman vir Verbruikersgoedere en -dienste het juis onlangs in sy jaarverslag gemeld dat 6% van die 2 191 klagtes wat hy in die vorige boekjaar ontvang het, oor aanlyninkopies gehandel het. Ina Opperman het gaan kyk wat die Nasionale Verbruikerskommissie doen en sê daaroor.