Everest Wealth waarsku dat aanvalle op vragmotors nog baie ernstige ekonomiese gevolge vir die land gaan inhou. Dié private beleggings-en-welvaartbestuursmaatskappy bestempel dit selfs as “ekonomiese…
Dié jonges slyp vroeg-vroeg al sakevaardighede
Dié vier jong “sakevroue” het vanjaar weggestap as wenners van AfriForum se Besigheidbytjies- en Juniorentrepreneurskompetisie.
Dié lere te gevaarlik vir gebruik
Volgens die NCC het Mainstay en Terra Firma versuim om aan die vereistes te voldoen, wat die lere onveilig maak en beserings of selfs sterftes kan veroorsaak.
Verbruikersake: Hou jou kredietrekord in toom
Gesonde kredietwaardigheid kan ʼn kragtige instrument wees om jou finansies te bestuur. Ina Opperman verduidelik meer.
Die rente vreet steeds my sente
Die rentekoers is tans so hoog as wat Victor Matfield lank is. Maar daar is goed en sleg, skryf Leon-Ben Lamprecht.
Takseer jou outo-aanslag deeglik
Hoe gemaak met dié onverwagse meevallertjie wat in jou rekening beland het óf die bedrag geld waarvoor jy jou sak sal moet skud? Moet jy dit sommerso aanvaar?
Video: Jong sakevrou se stokperdjie word volwaardige onderneming
“Dis natuurlik baie makliker om vir ʼn vaste salaris te werk, maar daardie bevrediging wat ʼn mens kry as jy die vrugte kan pluk van jou eie harde werk, is onvergelykbaar.”
Die belastingseisoen is hier
Kennis is mag, en gegewe dat nie almal van ons belastingspesialiste is nie, kan genoegsame en verstaanbare inligting die spreekwoordelike angel uit jou belastingervaring haal.
Kriptogeld klou én klim kragtig
Die kriptomarkleier Bitcoin verhandel tans meer as sowat 75% hoër as 12 maande gelede, terwyl Ether (Ethereum) die grootste groei die afgelope jaar getoon en tot dusver met meer as 94% geklim het.
Verbruikersake: Hoe om jou huislening te hanteer in moeilike tye
Huiseienaars regoor Suid-Afrika knyp al hoe meer hul beursies toe weens finansiële druk in moeilike ekonomiese tye. Ina Opperman vertel watter raad daar vir verbruikers is.
Só lyk Julie se brandstofpryse
Petrolverbruikers sal ’n effense sug van verligting kan slaak.
Betaalvakansie: vinnige voordeel of langtermynpyn?
ʼn Betaalvakansie is nie ʼn manier om van jou skuld ontslae te raak nie, maar dit is beter as om net jou verpligte terugbetalings eenvoudig te staak.
Nog ʼn daling in petrolprys verwag; dieselpryse styg waarskynlik
Vir verbruikers met petrolvoertuie is die verwagte daling goeie nuus, maar duurder diesel beteken ook groter insetkoste wat weer op ander vlakke pryse kan opjaag.
‘Costa plenty’: Die waarheid van verskuilde kostes
Kyk maar uit vir weggesteekte kostes, waarsku Leon-Ben Lamprecht.
Vrugte, groente goedkoper; uie, aartappels bly duur
Hoewel broodnodige voedselitems wat dikwels geprioritiseer word steeds uitermatig duur is, het die prys van die meeste groente en vrugte wel gedaal.
97 000 in formele sektor verloor hul werk
Verskeie bedrywe moes hul werknemers die afgelope kwartaal boonop minder betaal omdat hul inkomste gekrimp het.
Sekerheid in Afrikaans
Eksekuteurs vir boedels en testamente verstaan Afrikaans en die kultuur wat daarmee gepaard gaan.
Medihelp ‘groei organies’ in 2022
Die mediese skema het verlede jaar van sy produkvoordele uitgebrei, twee nuwe produkte bekendgestel en die reserwes wat hy tydens die Covid-19-pandemie opgebou het, gebruik om ’n algehele gemiddelde tariefverlaging van 0,45% in te stel.
Entrepreneurskompetisie bied hupstoot vir Afrikaanse sakelui
“Daar is groot pryse op die spel, maar wat hierdie kompetisie uniek maak is die platform wat dit vir die wenner bied.”
Regering se NGV-planne gaan ekonomie bly knou
Die regering wil iets wat Suid-Afrika se private sektor behoorlik opgebou het – die private gesondheidsorgsektor – oorneem omdat hy misluk het om die werk in die eerste plek self te doen.