Miljoene mense gaan die moeilike keuse tussen brood en ander basiese behoeftes soos vervoer moet maak.
MultiChoice sê ‘nee dankie’ vir R105-aanbod
MultiChoice sê sy besluit om die aanbod van die hand te wys, berus onder meer op ʼn onlangse waardasie-oefening wat die maatskappy “aansienlik hoër” as R105 per aandeel gewaardeer het.
‘Februworry’ by vulstasies lê voor
“Die meeste verbruikers herstel nog van feestydbesteding en uitgerekte begrotings, dus sal die styging in brandstofpryse ʼn negatiewe uitwerking op huishoudings se begrotings hê,” sê die AA.
Pick n Pay onttrek dié grondboontjiebotterprodukte
Dié produkte bevat hoër as gereguleerde vlakke van aflatoksien.
Luister: ‘Wys jou vleis’-broekies maak Boerboel volksbesit
Volgens die mede-eienaar van die Boerboel-klerereeks is die oorspronklike Boerboel-broekie, wat as die PT-broekie bekend staan, geskoei op ʼn patroon van sy oupa se grassnybroekie, “ʼn stokou broekie wat ek net so fabriek toe gestuur het”. Lees meer hier oor die ontstaan van die bekende handelsmerk:
Minder entrepreneurs in SA – verslag
In Suid-Afrika is die grootste motief om ʼn entrepreneur te word die behoefte om ʼn lewensbestaan te maak. Dit raak egter al moeiliker om ʼn onderneming op die been te bring en te onderhou.
Franse Canal+ wil MulitiChoice oorneem
“Ons is onwrikbaar in ons oortuiging dat MultiChoice ’n blink toekoms kan geniet as deel van ’n gekombineerde groep met Canal+.”
Toerisme in Wes-Kaap floreer weer
Dit bly maar lekker by die see en ʼn onlangse opname het bevind talle Suid-Afrikaners het verlede jaar verkies om die pad na die Wes-Kaap se strande te vat.
Miljoene nodig om jou spruit groot te maak? Beplan só
Ouers moet ook planne bedink vir onvoorsiene gebeure soos die afsterwe of ongeskiktheid van een of albei ouers.
Wenke vir jou testament in ʼn saamgestelde gesin
Net soos die gesonde dinamika van ʼn saamgestelde gesin ʼn bietjie beplanning verg, het die toekoms van jou saamgestelde gesin ook beplanning nodig.
Reusegroei in aanlyn voertuighernuwings
Die portaal is uiters gerieflik omdat dit individue in staat stel om hul voertuiglisensies vanuit die gemak van hul huis of kantoor of waar hulle ook al is, te hernu.
Beloon jouself
“Moet ek dan altyd alles wegsit vir eendag?” vra Leon-Ben Lamprecht.
Rentekoersdalings nodig om ekonomie hupstoot te gee
“As jy vir Suid-Afrika se oorbelaste verbruikers vra wat ʼn Desember-VPI van 5,1% of ʼn onveranderde repokoers vir hulle beteken, is die antwoord waarskynlik ‘niks nie’.”
Geen verligting vir SA’ners wat hul tot benoude skuld wend
“Verbruikers het hulle tot skuld gewend om óf hul maandelikse betalings te maak óf bestaande skuld af te betaal. Hierdie soort benoude skuld is ‘n aanduiding van ‘n nasie in diep moeilikheid, aangesien dit mense in ‘n bose kringloop vasvang om hul skuld met meer skuld af te betaal.”
Rentekoers bly onveranderd
Dit bied egter skrale verligting vir diegene wat op ʼn daling gehoop het, en steeds onder die huidige hoë koers steier wat sedert November 2021 met 475 basispunte gestyg het.
Só meen kenners gaan rentekoers Donderdag maak
Hoër, laer of onveranderd? Dít is wat kenners van Donderdag se rentekoersaankondiging verwag.
Goeie nuus vir verbruikers: Inflasie daal weer
Die laaste inflasiesyfer vir 2023 is Woensdag bekend gemaak en dié syfer is heel positief, meen die ekonoom Dawie Roodt.
Dís wat dit kos om jou spens (amper) vol te maak
In die nasleep van die feestyd volg die sogenaamde langste maand van die jaar en die meeste Suid-Afrikaners het vanjaar behoorlik ʼn “Januworry” agter die rug. Een van die redes hiervoor is omdat inkopies in Januarie selfs nog duurder was as in vorige maande.
Dís hoe jy namens jou kinders vir die onvoorsiene beplan
“Ons weet dat dit moeilik en ongerieflik kan wees om ’n testament met ʼn doelgedrewe trust op te stel. Dis hoekom ons na jou toe kom om die proses in Afrikaans so maklik en gerieflik as moontlik te maak.”
Verbruikersake: Wat om te onthou wanneer jy ʼn motor koop
Dis ʼn nuwe jaar en tyd vir ʼn nuwe motor, of dit nou ʼn splinternuwe een is of ʼn gebruikte motor.