Minder as die helfte van Suid-Afrikaners voel veilig in hul eie huise, selfs al is dit veronderstel om ʼn veilige ruimte te wees.
Weermaglid sterf by padblokkade
Dit is die tweede sterfte by die SANW die afgelope week.
Bejaarde in huis oorval en vermoor
Die bejaarde man en sy vrou is oorval en die man is tydens die voorval doodgesteek.
Taakspan vir verspreiding van voedsel saamgestel
Behoeftiges en skenkers kan nie altyd by die silo’s uitkom nie.
Rekorddaling van olieprys voordelig vir SA
Die negatiewe olieprys is ʼn ongekende gebeurtenis en kan druk plaas op internasionale geldeenhede.
Minister vergader vandag met SAL
“Die ineenstorting van SAL is nie onverwags nie en volg op baie jare van wanbestuur.”
Petisie begin om plaaswagte te aktiveer
Terwyl die polisie op die afdwing van afsonderingsregulasies konsentreer, sê inwoners van landelike gebiede ingryping daar is dringend nodig.
Beweerde korrupsie met weermag se rantsoenpakke
Die kos in dié pakke is glo feitlik oneetbaar en word dikwels weggegooi.
Afsondering: Kinderhuis trek swaar
Dié kinderhuis het ’n noodfonds begin in ʼn poging om hul finansiële verknorsing die hoof te bied.
Beloning uitgeloof vir inligting oor dié man
Dit word vermoed dat hy in Gauteng of KwaZulu-Natal wegkruip.
Afsondering: Polisie nie opgewasse vir dié taak – kenners
Die polisie maak hulle eie reëls. Met so ʼn ramptoestand het ʼn mens spesifieke opleiding nodig oor hoe om die publiek te hanteer.
Klagtes, onduidelikheid oor kwarantyngeriewe
“My kind het daardie aand sonder kos en water gaan slaap.”
Covid-19-samevatting: Ramaphosa spreek nasie weer toe
Intussen het nog korrektiewe beamptes en een gevangene positief getoets vir die nuwe koronavirus.
SAL: ‘Dank wittes eerste af’ – swart vlieëniers
ʼn Groep vlieëniers sê dis noodsaaklik dat SAL swart vlieëniers moet behou nadat die sakereddingsproses afgehandel is.
Britse koningin Elizabeth vier 94ste verjaardag in afsondering
Daar sal vanjaar geen parade of tradisionele saluutskote wees om haar verjaardag te vier nie.
Covid-19: So lyk SA pasiënte se ouderdomme
Byna die helfte van koronaviruspasiënte in Suid-Afrika is ouer as 50.
Dodetal in massaskietery styg tot 18
Die polisie verwag dat selfs meer slagoffers gevind gaan word terwyl daar deur die talle misdaadtonele gewerk word.
Nuuskommentaar: Covid-19 en moeilike keuses
Wie gaan danksy die onbeskikbaarheid van mediese toerusting soos ventilators sterf, en wie gaan leef?
Kaapstad lê beslag op duisende sigarette
Hoewel daar ʼn beduidende afname in die aantal voertuie op die Wes-Kaap se paaie is, lyk dit of diegene wat wel agter die stuur is dink dit is in die haak om voet in die hoek te sit.
Vrae oor verspreiding van voedselhulp in Noordwes
Een van die bewerings is dat sommige van die kospakkies glo in ʼn stoorkamer toegesluit is sodat die LUR dit later kan uitdeel om mediadekking te kry.