Sou die wette van toepassing word, gaan die belastingvrystelling opgeskort word en sal plaaslike vervaardigers hul pryse moet opstoot, wat uitvoere sal laat daal.
Waterkrisis: ‘Suid-Afrikaners gebruik te veel water’
“ʼn Harde werklikheid staar ons in die gesig en ons moet onmiddellik begin om Suid-Afrika [water]rampbestand te maak. Dit is van die uiterste belang.”
Polisiehoës weer vandag in hof oor Marikana-sterftes
Die saak teen die voormalige adjunk-kommissaris van polisie in Noordwes en drie ander senior polisiebeamptes word vandag voortgesit.
Nuuskommentaar: Omkopery van joernaliste
Daarom is dit nou belangrik om agter die kap van die beweerde liefdesdriehoek en die omkopery van joernaliste te kom.
Kaapse damme voller; droogte pla steeds
Só lyk Kaapse damme ná die naweek se reën.
Omstrede Fransman blaas wéér vir Bokke
“Dit was een van die fantastieste Wêreldbeker-rugbytoernooie, miskien die grootste, en daar is groot opgewondenheid oor wat beloof om ʼn uitsonderlike eindstryd tussen twee voormalige kampioene – Engeland en Suid-Afrika – te wees.”
Heroldsbaai: Liggaam geëien; soektog gaan voort
ʼn Uitgebreide soektog is Woensdag van stapel gestuur nadat Heidi Scheepers en haar kinders Dinsdag omstreeks 18:00 die laaste keer lewend in Heroldsbaai gesien is.
4 konstabels in hof vir moord ná voorval in selle
Die erg beseerde man wat in die selle agtergebly het se broer het later die aand daarop aangedring om hom te sien.
Gwede Mantashe ontken hy koop joernaliste om
Die 64-jarige Mantashe het glo ʼn buite-egtelike verhouding met ʼn 26-jarige vrou gehad.
AfriForum wil vervolg ná ‘ongegronde klag’ oor k-woord
“Dit is onaanvaarbaar dat mense wat valse bewerings van rassisme maak skotvry daarvan afkom.”
‘Politieke inmenging’ gevrees in aanstel van Wes-Kaapse polisiehoof
Volgens hom het die Wes-Kaapse polisie ʼn geskiedenis dat dit weens politiekery verswak word.
11-jarige vas wat op bewegende treine speel
Treine op die spesifieke roete moet by ʼn spoedbeperking van 15 km/h hou omdat dit deur ʼn gebied ry waar voetgangers die treinspoor gereeld oorsteek.
Steenhuisen waarsku Zille om in haar baan te bly
Steenhuisen het vanmiddag sy kandidatuur vir die DA-leierskap aangekondig kort nadat hy onbestrede tot parlementêre leier verkies is.
Polisiewaghond ondersoek ‘rower’ se dood
Die beamptes wat aan diens was het ʼn verdagte voertuig in Strandweg geïnspekteer.
Drie sterf toe voertuig by brug afstort
Die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor nadat die waentjie ʼn ander voertuig getref het.
Wêreldbeker-finaal nou ook SAUK-kykers beskore
Die SAUK het Maandag in ʼn verklaring gesê hy het ʼn ooreenkoms met SuperSport bereik om die eindstryd regstreeks op SABC2 uit te saai.
Mantashe verkla ná onthullings oor ‘omkopery’
Die DA sê die minister het wesenlik erken dat hy twee verslaggewers omgekoop het.
Cobus Visser word onthou vir sy humor en menslikheid
Cobus Visser, bekend as teater-, televisie- en rolprentakteur én boonop tegniese meester, is vanoggend in die ouderdom van 70 jaar oorlede.
‘Kombuis’-skildery verkoop vir byna R400 miljoen
ʼn Ou skildery wat in die kombuis van ʼn bejaarde vrou gevind is, het van haar ʼn multimiljoenêr gemaak.
Rotsklimmer vermoor in Waterval-Boven
ʼn Rotsklimmer is die naweek dood tydens ʼn gewapende roof in Waterval-Boven, Mpumalanga.