Thandi Modise het Woensdag weer op aanklagte van dieremishandeling in die hof verskyn.
Eskom moet vinniger opgedeel word, skuld gedelg word
Die regering se beoogde plan om Eskom in drie verskillende entiteite op te deel, moet vinniger geïmplementeer word om die skuldlas wat die beleërde staatsinstansie op die regering plaas te verminder, het Tito Mboweni Woensdag gesê.
Regering se beursie nou styf toe vir luukshede
Tito Mboweni, die minister van finansies, het Woensdag aangekondig dat luukse motors, eersteklasvlugte en groot salarisse vir regeringsamptenare iets van die verlede gaan wees.
Vlugtelingskrisis weens mislukte stelsel
Die kwessie van vlugtelinge in Suid-Afrika ruk handuit nadat geweld gister in Kaapstad uitgebreek het, toe polisie vlugtelinge in die Kaapse middestad verjaag het.
Pa skiet seun: Pa en seun was glo vervreem van mekaar
Sharon Taylor vertel van haar kind se jarelange stryd met dwelms en wat hom eindelik gedryf het tot die kleinhoewe buite Vanderbijlpark waar hy in Maart vanjaar doodgeskiet is.
Honderde koalas dalk dood in Australiese veldbrande
“As ons kyk na ʼn 50%-oorlewingskoers, is dit nagenoeg 350 koalas. Dit is absoluut verwoestend.”
Gesondheidswerkers uiters bekommerd oor NGV
Solidariteit maan die regering om erns te maak met terugvoer vanuit die bedryf omdat dit juis dié praktisyns is die meeste geraak gaan word.
Vrou sterk goed aan ná honde-aanval
Die vrou van Limpopo wat deur haar gesin se honde verskeur is, moet nog enkele opvolg-oprasies kry.
Bykans 4 000 sterf in Gauteng-staatshospitale weens ‘nalatigheid’
Die syfers is uiters onrusbarend. Dit beklemtoon die ernstige bestuursprobleme in staatshospitale en die gebrek aan gevolge vir mediese foute wat lei tot hofsake en skadevergoedingseise wat die departement se begroting uitput.
Mboweni sê Twitter is ‘platform vir belediging’
Enkele ure voordat hy die mediumtermyn-begrotingsraamwerk sal aankondig, het Tito Mboweni, minister van finansies, Twitter so te sê vaarwel geroep.
Vlieg nou direk tussen Kaapstad en Saldanhabaai
Toeriste kan nou die 146 km tussen Kaapstad en Saldanhabaai in 30 minute per vliegtuig aflê.
Heroldsbaai-tragedie: Pa maak hart oop
“Ons persoonlike finansies is gesond en ons sakeondernemings vaar goed. Ons is nie in enige finansiële moeilikheid nie. Ek het ook nie enige vorm van bedrog gepleeg, affairs gehad of my vrou en kinders geslaan nie.”
Nuuskommentaar: Hoeveel werklikheid, en hoeveel persepsie geld vir Tito se MTBR?
Mboweni sal, teen sy aard, balans moet vind tussen die twee (of meer) faksies binne die ANC.
Vereniging staan narkotiseur by ná jong pasiënt se dood
Sasa sê daar is ook beduidende kommer wat betref die moontlikheid van regulatoriese tekortkominge, die presedent wat geskep kan word met ʼn eensydige besluit op ʼn skorsing, asook ʼn verhoor deur die media voordat ʼn behoorlike ondersoek gedoen is.
Polisie verloor 500 dienswapens in drie jaar
Polisiebeamptes wat nie aan diens was nie het die afgelope drie jaar 500 dienswapens en 10 765 rondes ammunisie verloor.
Departement kap terug oor seksvoorligting
Die departement het egter nou op die bewerings dat leerders hul geslagsdele in die klas identifiseer, kommentaar lewer op kaal foto’s wat gebruik is in seksklets-boodskappe (sextexting) en leer wat behels vaginale, orale en anale seks, gereageer.
Jiba het sewe dae vir laaste vertoë
“Dit is nie ʼn wetlike verpligting op die komitee om ʼn verdere geleentheid vir voorleggings te bied nie, maar ons doen dit in die strewe na regverdigheid.”
MTBR: ‘SA in werklike finansiële krisis’
Tito Mboweni, minister van finansies, lewer Woensdag sy mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR).
RGB sê oor aanklagte teen dokter wat glo aborsie afraai
Die dissiplinêre komitee van die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGB) het ná twee dae se argumente sy besluit bekend gemaak oor die verhoor van dr. Jacques de Vos, wat glo ʼn swanger vrou meegedeel het dat haar ongebore baba ʼn mens is.
NGV: Openbare verhore in Mpumalanga ‘’n klug’
AfriForum het sy misnoeë uitgespreek met die verloop van die openbare verhore oor die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering en gaan ook regsadvies inwin oor die prosedurele onbillikheid van die proses tot dusver.