Eskom het gesê sy tegnici werk onverpoosd om onbeplande onderbrekings in kragtoevoer te herstel en onderhoud te doen ten einde die kragvoorsiener se noodreserwes aan te vul.
Tienerseun vermis in see; vrou gered
“By ons aankoms op die toneel is daar onmiddellik begin met ʼn soektog na ʼn 15-jarige seun wat glo onder die water verdwyn het terwyl hy geswem het.”
DA verwelkom GOOD-ondersteuners
Talle GOOD-ondersteuners het vandag hul oranje GOOD-T-hemde vir ʼn blou DA-hemp verruil.
Toeris ernstig beseer toe kameelperd in wildtuin op voertuig beland
Die polisie ondersoek die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het.
Maties-ondersoek: verslag met bevindings dán verwag
Die bewerings wat gemaak word, is dat De Villiers op ʼn onvanpaste wyse probeer het om vir regter Edwin Cameron van die Konstitusionele Hof te oortuig om die universiteit se nuwe kanselier te word.
Binnelandse sake steier onder vlugtelingkrisis
Die departement van binnelandse sake sê hy het nie die nodige wetlike kundigheid of hulpbronne om die land se immigrasiewette af te dwing en die soort situasie te voorkom wat veroorsaak het dat honderde vlugtelinge nou al hoe lank by die kantore van die VN se Hoëkommissariaat vir Vlugtelinge in onderskeidelik Kaapstad en Pretoria uitkamp nie.
Tieners beroof glo stapper in Tafelberg Nasionale Park
Drie tieners is aangekeer nadat ‘n stapper vandeesweek in die Tafelberg Nasionale Park beroof is.
KZN op gereedheidsgrondslag voor verwagte donderstorms, swaar reën
KwaZulu-Natal het reeds baie lewens weens weerlig en vloede verloor.
Kunstenaar platgeslaan na boewe juwele uit kunsgalery buit
Amanda het intussen foto’s van die gesteelde kunswerke geplaas en by die publiek gepleit om op die uitkyk daarvoor te wees.
Wettige kannabis-besteding wêreldwyd kan binne vyf jaar met miljarde toeneem
“Die groei van medisinale kannabis het enorme moontlikhede om die ekonomie te help groei en werk te skep. Kaapstad is oop vir sake.”
De Lille loof burgemeesters wat Trump oor klimaatsverandering teëgaan
Dit is nou die tyd om dapper besluite te neem deur nuwe tegnologie te gebruik, pleks daarvan om probleme te pak soos dit meer word. Sien kans vir groot verandering.
Talle ongelukke reeds dié naweek aangemeld
Verskeie ongelukke is die afgelope naweke op paaie oor die land aangemeld.
Seksvoorligting: parlement sê nee vir verdere openbare deelname
Die herrie rondom die voorgestelde leerplan vir seksonderrig in skole wil net nie bedaar nie. Die DA sê dit is dus belangrik dat alle belanghebbendes die kans kry om hul insette daaroor te lewer.
Gee skole meer beheer in toelatings, vra onderwyskenners
Die Gautengse onderwysdepartement se aanlynregistrasiestelsel vir graad 1- en graad 8-leerders het nie net groot kritiek uitgelok nie, maar duisende ouers ook in die donker gelaat oor waar hul kinders aanstaande jaar ‘n plek gaan kry.
Klopjagte ná De Doorns-betogers met platskerms laat spaander
Teen gisteraand is nege verdagtes in hegtenis geneem en 53 groot platskermtelevisiestelle teruggevind.
Vrae oor ondersoek na sterftes by hospitaal sloer
Die eenheid is na die sterftes noodgedwonge gesluit en is onlangs eers heropen.
Verskeie vas vir dwelms in Wes-Kaap, KZN
Die polisie het ‘n beroep op gemeenskappe gedoen om saam met die polisie, staatsdepartemente en nie-regeringsorganisasies te werk om die vlaag van dwelmmisbruik te help stuit.
Zuma bedank ondersteuners ná siekte
Die Jacob Zuma-stigting het in ʼn verklaring gesê Zuma was ʼn week lank in ʼn Durbanse hospitaal.
Vierpotige Ounooi bestendig ná huisbreker haar takel
Die polisie sê ʼn aanval op enige van sy lede is ʼn aanval op die staat – en dieselfde geld vir enige aanval op sy vierpotige lede.
Moorde in aftreeoord: Twee pleit skuldig aan geldwassery
Die twee is gevind met gesteelde selfone wat aan een van die moordslagoffers behoort het.