Die KwaZulu-Natalse polisie kon teen Dinsdag nog nie bevestig of ʼn geraamte wat in die grond by ʼn huis in Durban-Noord gevind is, dalk ʼn namaaksel is nie.
Seun (5) steeds in mynskag, weermag maak verslag bekend
Die Suid-Afrikaanse weermag (SANDF) gaan glo ʼn verslag aan die Ekurhuleni-munisipaliteit oorhandig oor die moontlikheid om reddingspogings voor te sit vir die vyfjarige seuntjie wat verlede maand in ʼn ou mynskag geval het.
Hof sê oor Malema se grondgryp-aanhitsings
Die burgerregte-en-sakeregtewaghond het die aansoek in November verlede jaar ingedien nadat Malema met sy uitlatings voortgegaan en verder gedreig het dat die EFF op 6 April grond landwyd gaan beset.
Reeksverkragter pleit skuldig in hof
ʼn 38-jarige reeksverkragter het Maandag in Johannesburg skuldig gepleit op 76 aanklagte van verkragting, aanranding en roof.
Tolgeld verhoog: Só raak dit jou sak
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het gesê tolgeld stel hulle in staat om ʼn deurlopende kontantvloei beskikbaar te hê sodat daar altyd geld is om die paaie in ʼn goeie, werkende toestand te hou en veiliger paaie vir almal te verseker.
Tragedie by Pta-oord: Jong slagoffer se naam bekend
Die jongman wat Saterdag dood is toe hy van die rotse by ʼn gewilde vakansieoord oos van Pretoria in die water gespring het, se naam is bekend gemaak.
Kaapstad-waterkrisis: Noodtoestand verklaar
Die Stad Kaapstad het te midde van die teisterende droogte in die Wes-Kaap ʼn plaaslike noodtoestand verklaar.
Joernalis in sop oor ‘rassistiese’ Facebook-inskrywing
“Dit is met spyt dat ek die stellings wat ek op Facebook gemaak het, terugtrek.”
Drie geskors oor ‘reusebedrog’ by Jhb-mark
Grootskaalse korrupsie, bedrog en diefstal van meer as R7,5 miljoen is by die Johannesburgse Varsproduktemark aan die lig gebring.
Hoof wat kind glo aanrand nog nie aangekla
Die hoof van ʼn skool in Middelburg in Mpumalanga wat glo ʼn 14-jarige so erg aangerand het dat hy gedeeltelik verlam is, is nog nie strafregtelik aangekla in verband met die voorval nie.
‘Plaasaanvalle buite beheer’
“Hoeveel gesinne moet nog vernietig word, hoeveel lewens en werke moet nog verlore gaan voordat die regering wakker skrik?”
Munisipale bestuurder vermoor
Die polisie in KwaZulu-Natal het ʼn taakspan op die been gebring na die moord op die munisipale bestuurder van Richmond.
Gru-moord op Polokwane-ma: Nog ʼn verdagte vas
Tanya Wiers se seun, Rolf (16), het op 7 Februarie op sy ma se liggaam afgekom.
Lyke in veld: Nog agt gevind
Die polisie het Maandag nog agt lyke gevind naby die plek waar ses lyke Sondag in Benoni, Gauteng, gevind is.
Malaria eis twee in Pta
Twee mense in die Doornpoort-omgewing in Gauteng is oorlede weens komplikasies wat met malaria verband hou.
Pasgebore baba in veld gelos
ʼn Veeherder het op ʼn pasgebore babadogtertjie afgekom terwyl hy beeste en skape in ʼn veld in die Oos-Kaap laat wei het.
Jong boer in hart gesteek tydens plaasaanval
ʼn Jong boer van die Vrystaat is Sondagaand in sy bed oorval en met ʼn mes in die hart gesteek.
Boschkop-kleinhoewemoord: Dood van geliefde ‘ysterbroer’ ruk gemeenskap
“Ons sal nie gaan lê nie, my broer sou dit nie wou hê nie. Ons as familie gaan sterker hier uitkom en ons opnuut aan die welstand van ons mense wy.”
‘Dit lyk soos Nampo-kongres’ ná plaasaanval
“Ek het die een in die maag geskop en hy het toe gevlug, ek kon toe die ander een in die hande kry en op die boeremanier leer jy kan ook pakslae kry”.
Jong man sterf by gewilde Pta-oord
ʼn 24-jarige man is Saterdag by ʼn gewilde vakansieoord oos van Pretoria dood.