Nomadland was die groot wenner by vanjaar se Baftas.
Prins Philip Saterdag gegroet
Die regering se inperkingsregulasies beperk roubeklaers tot net 30 mense by die begrafnis.
Vulkaan spoeg as, warm gruis op Karibiese eiland
Die vulkaan het maande lank gerammel voordat dit uitgebars het.
Prins Philip: Die krag agter die kroon
Gaan prins Harry en sy vrou, Meghan, die begrafnis bywoon? Die bespiegeling daaroor het reeds begin.
Blomme neergelê, vlae hang halfstok vir prins Philip
Koningin Elizabeth en prins Philip het saam duisende afsprake nagekom, asook die koninklike familie deur tye van ongekende verandering gelei.
Prins Philip (99) sterf
Buckingham-paleis het pas die nuus aangekondig.
Mosambiek-terreur: SAOG-mag reggeruk om in te gryp
Die presidensie het Donderdag gesê die beraad het besluit op ʼn “onmiddellike tegniese ontplooiing” na Mosambiek.
Onrus lei tot politieke krisis in Noord-Ierland
Betogers en die polisie was Donderdagaand vir die soveelste keer die week weer slaags in Belfast, Noord-Ierland, met betogers wat petrolbomme gegooi en die polisie wat waterkanonne ingespan het.
Spanje stuit verkope van moontlike Caravaggio-skildery
Spaanse owerhede het vinnig reageer om Donderdag die veiling van ʼn olieskildery in Madrid te voorkom, omdat dit vermoedelik ʼn verlore meesterstuk kan wees deur die Renaissance-kunstenaar, Caravaggio
Mev. Wêreld in Sri Lanka in hegtenis geneem
Die polisie in Colombo, Sri Lanka, het die huidige Mev. Wêreld in hegtenis geneem oor klagtes van aanranding ná ʼn onderonsie op die verhoog toe sy die kroon van die nuwe Mev. Sri Lanka se kop afgepluk het.
Mosambiek-terreur: Streek se bestendigheid in weegskaal
“As Mosambiek ineenstort, kan dit deur allerhande groepe as deurgangspunt gebruik word en die streek raak.”
Mev. Sri Lanka steeds op troon ná kroon gegryp word
Foto’s en beeldmateriaal van die skones se relletjie op die verhoog het soos ʼn veldbrand versprei.
Tiger Woods het gejaag voor ongeluk
Woods het twee keer vinniger as die toegelate spoed gery.
Kim Kardashian nou ʼn miljardêr, sê Forbes
Die ster se welvaart het met meer as $200 miljoen vermeerder sedert Oktober.
IS-militante uit Mosambiek verjaag, sê president
Mosambiek se president Filipe Nyusi het Woensdag gesê rebelle van die Islamitiese Staat is uit Palma gedwing.
Mars van die mummies: Egipte se goue parade
Die gemummifiseerde oorskot van 22 antieke konings en koninginne van Egipte is Saterdag tydens ʼn uitspattige koninklike optog deur die strate van Kaïro na hul nuwe rusplek vervoer.
1 800 ontsnap uit Nigeriese tronk
Inwoners leef in vrees in die suidooste van Nigerië ná gewapende mans Maandag op ʼn gevangenis toegeslaan, meer as 1 800 gevangenes bevry en ʼn polisiestasie geplunder het.
Suez-opeenhoping plaas hernieude klem op diere se lot ter see
Duisende diere het die afgelope paar jaar weens voorvalle ter see gevrek.
Dodetal styg skerp in Indonesië, Oos-Timor
Reddingswerkers soek steeds onverpoos na tientalle vermiste mense ná die dodelike kitsvloede en modderstortings in Indonesië en Oos-Timor.
Mosambiekse regering sê hy beheer Palma weer
“God help die mense,” sê Lionel Dyck, verbonde aan die private militêre groep DAG, terwyl hy terselfdertyd sê dit is “onwaarskynlik” dat die regering wel beheer van die dorp teruggewen het.