Voordat Eloff bekend geraak het, het hy in ʼn pizzarestaurant in Sandton gesing. “Niemand het na my geluister nie, al het ek my hart uit gesing,” vertel hy.
ToekomsVenster: Oom, help my!
Maar wat word dan van die mense wat sê, vra, smeek: “vat my net hier weg”?
ToekomsVenster: Kom lewend in die ewigheid aan
Jesus, die Christuskind van Kersfees, het ʼn pad van vernedering en uiteindelik die dood geloop sodat ons “lewend, veilig, behoue en bloed-gewas” aan die “anderkant” sal aankom.
Luister: Martin Bester skop vakansie af met Afrikaanse somersnit
“Ons sien dit oral in die klein plekkies waar ons reis vir vertonings, en een ding wat ongetwyfeld uitstaan, is hoe gehore op Afrikaanse popmusiek reageer.”
ToekomsVenster: Goud, wierook en mirre
Die drie geskenke wat die wyse manne uit die ooste na Jesus gebring het, is bekend. Goud dui op die Koninklike, wierook op die Goddelike en mirre op die lydensweg wat Jesus sou moes verduur.
Podlitiek: AfriForum by die Verenigde Nasies, NGV-frustrasies en ANC se elektriese voertuie-praatjies
In hierdie episode bespreek die Podlitiek-span onder andere asook die onsekerhede rondom die stemproses vir die Nasionale Gesondheidversekering en die regering se gesprekke rondom die vervaardiging van elektriese voertuie in Suid-Afrika.
Luister: Hoe lyk pad na soberheid?
“Daar is ʼn magdom mense wat alkoholafhanklikheid oorkom het en ʼn lewe van soberheid lei.”
Luister: Taalkenner Suléne Pilon ewe gesellig in loslit Afrikaans
“Leer jou kinders om Afrikaans te praat, want solank as wat daar kinders is wie se moedertaal Afrikaans is, gaan daar niks met Afrikaans gebeur nie.”
Luister: Só skryf Mel die Storieverteller haar eie verhaal
“Ek is al van kleins af ‘vreemd’ en moes baie kommentaar trotseer oor hoe ek lyk, hoe ek praat en hoe ek goed doen, maar ek was nog altyd geseënd om nie om te gee wat ander dink nie.”
ToekomsVenster: Sy naam is heilig
Intussen, namate ons groei in ons verstaan van wie Hy is, in die mate waarin Hy Homself deur sy Woord aan ons openbaar, raak ons verwondering by die dag groter en groter.
Maak langpad korter met Maroela Media se speellyste
Met Maroela Media se Spotify-speellyste kan jy die gewildste Afrikaanse musiek, radiodramas en ander luistergenot saam met jou op vakansie neem.
Vat hierdie Desembervakansie weer die langpad met Maroela Media se Spotify-speellyste.
Luister: Verlies, verlange inspireer Kirky se jongste uitreiking
“Ek is trots op die persoonlike groei wat die skryf en sing hiervan vir my gebring het en hopelik kan dit vir iemand daar buite ook iets beteken.”
Resensie: Vraatkyk jou voorland met Nicole Kidman, Hugh Jackman in nuwe reeks
Jy kry nie beter Kersvermaak as dit nie.
ToekomsVenster: God is in die hemel, maar ook naby
Ons is beelddraers, in alles soos Hy, behalwe dat ons nie Hy is nie.
Wiele2Wiele: Ford se nuwe Puma onder die loep
Hierdie week in Wiele2Wiele word daar gesels oor Ford wat sy nuwe Puma bekendgestel het. Hulle gaan ry ook met die Land Rover Defender 110 2.0L PHEV en met die Volvo XC60 T8 Recharge.
ToekomsVenster: Hy is ’n ware Vader vir ons
Praat met God en noem Hom met die grootste vrymoedigheid Vader.
Luister: Omroeper Francois doen bestekopname met Kerslied
Hy vertel hy wou as kind op Standerton altyd ʼn akteur word, en hy doen nog gereeld oudisies. Hy het onlangs ʼn rol in ‘Diepe waters’ losgeslaan.
ToekomsVenster: Kom praat met God
Is God regtig so toeganklik? Is dit so maklik om te bid en met die Heilige te praat? Vandag is die uitnodiging egter dat jy eg kinderlik, eg-mens en afhanklik met God sal praat.
Luister: So het ToekomsVenster begin
Sowat twee jaar gelede is die opsigter, sy vrou en seun op ʼn vakansie see toe gestuur. Vir mense wat nie eers die binnekant van die nabye winkelsentrum ken nie, was dit ʼn lewensveranderende ervaring.
Luister: Moenie skuldig voel oor geliefde se drinkgedrag
“Die eerste ding wat ek vir hierdie geliefdes wil sê, is dat dit nie hulle drinkgedrag is nie. Dit is die persoon wat te veel drink se gedrag.”