Die Sani2C-bergfietswedren stuur op ’n aksiebelaaide finale dag af nadat Marco Joubert en Wessel Botha hul algehele voorsprong in die spankompetisie tot 30 sekondes vergroot het.
Gholf: Schwartzel laat SA vlag in Texas waai
Die toernooi is die ideale kleedrepetisie vir volgende week se PGA-toernooi, vanjaar se tweede Major, waar die wêreld se voorste spelers meeding.
Curriebeker: WP skakel Pumas se ligte af
Die WP was die eerste keer sedert 15 Januarie vanjaar weer aan die wenkant toe dié span die Pumas met 23-17 geklop het.
Sani-speke is weer aan’t sing
Die KAP Sani2C-wedren het vandeesweek by die Glencairn-plaas naby Underberg begin en ongeveer 1 000 deelnemers het die eerste skof van 82 km na die MacKenzie-buiteklub aangepak.
Voetbesering kniehalter Nadal weer
“Dit is tyd dat ek dinge aanvaar en aanhou veg. Ek gaan my dokter saam met my na Roland Garros neem; dalk help dit.”
Wêreldrugby se ‘slapende reus’ kry gasheerstatus
Dit is die Amerikaners se droom dat daar teen 2031 ongeveer 450 000 rugbyspelers in die land sal wees en dat wedstryde van “kus tot kus” gespeel sal word.
Blitsbokke wil wenrugby in Frankryk speel
“Daar is nog eintlik soveel op die spel en ons moet nou sterk vertoon om ons goeie aanloop tot die seisoen te regverdig.”
Faf se kolf bly flits
As daar slegs na spelpeil gekyk word, is Faf du Plessis ongetwyfeld goed genoeg om steeds ’n verskil op die internasionale verhoog te maak.
Smith en Boucher se heldedade op Edgbaston
“Graeme Smith se vertoning is een van die bestes in Suid-Afrikaanse sportgeskiedenis, terwyl ’n mens nie van Mark Boucher se bydrae moet vergeet nie.”
Hande in die hare: Creevy vir week geskors
“Die komitee het die klagte gehandhaaf en bevind dat Agustin Creevy opsetlik Eben Etzebeth se hare getrek het.”
Rafa jag sy 11de Italiaanse titel
Die 35-jarige Spanjaard sien nou uit na sy herontmoeting met Denis Shapovalov ná verlede jaar se “fratswedstryd”.
Lenize lewer vuurwarm spel in Australië
Die lenige doel was in die kol met 36 van haar 37 doelpogings.
Kyk: Haker laat Eben se hare rys
Die 37-jarige London Irish-speler verskyn vandag voor ’n tugkomitee nadat hy glo Eben Etzebeth se hare getrek het.
Novak se no. 1-status op die spel
Novak Djokovic het sy Italiaanse Ope-veldtog met ’n vurige vertoning in “tennis se Kolosseum” begin.
McCullum gooi sy naam in toetshoed
Volgens mediaberigte in Engeland stel Brendon McCullum ook daarin belang om die land se volgende toetsafrigter te word.
Boucher bly staande, wil op afrigting fokus
“Die ongegronde bewerings het vir hartseer en angs gesorg en ek is bly dat Krieket Suid-Afrika aanvaar het dat die klagtes teen my onvolhoubaar is.”
Groot dinge wag dalk op Alcaraz
John-Laffnie de Jager, Suid-Afrika se tennisghoeroe, gee sy indrukke oor die belowende Spaanse tennisster Carlos Alcaraz.
Dissiplinêre klagte teen Boucher laat vaar
“Die fokus kan nou weer na die krieketveld terugkeer waar ons vertrou Mark Boucher en die Proteas van krag tot krag sal gaan.”
Kyk: Max wil ook in SA jaag
“Kyalami sal ’n cool toevoeging wees,” het die verdedigende wêreldkampioen gesê.
Adams ‘bedoel nie’ om Boucher uit te sonder
Paul Adams het aangedui dat hy nie in Mark Boucher se komende dissiplinêre verhoor sal getuig nie.