Die Europese Reënboogbekerreeks, sonder die deelname van die Bulls, Sharks, Stormers en Lions, het die afgelope naweek begin en daar was reeds drie groot verrassings.
Varsitybeker: Só verloop die aksie
Die Maties, Ikeys, UJ, die Ixias en die NWU-Arende het sukses geproe in Donderdag se Varsitybeker-rugbykragmetings.
Pollard gou weer in aksie
Pollard sit al vir byna sewe maande langs die kantlyn weens ʼn besering.
G’n pot goud vir SA spanne aan einde van Reënboog(beker)
“Dit is ’n massiewe teleurstelling, maar die uurglas het eenvoudig net leeggeloop. Ons het alles in ons vermoë gedoen om oplossings vir die uitdagings te vind, maar die legkaartstukke wou net nie in plek val nie.”
Skole vier rugby met unieke vroegoggend-stryd
Hoërskool Bekker en Hoërskool Fochville gaan mekaar Vrydag om 05:00 in die Sunrise-beker aanvat – ’n blink inisiatief om die terugkeer van skolerugby in Suid-Afrika te vier.
Jones se kop gaan nie rol
Volgens die RFU sal skeidsregters voortaan vir Jones – die wêreld se bes betaalde afrigter – bystaan om met Engeland se swak dissipline op die veld te help.
Sale klop Gloucester met 14 man
Faf de Klerk was oudergewoonte kookwater en het ʼn drie vir Sale gedruk.
Goosen word amptelik ’n Bul
“Daar wag ’n opwindende toekoms op rugby in Pretoria en ek is dankbaar om deel te wees daarvan.”
Handré, Faf onder besbetaalde rugbymanne
Pollard se R20 miljoen is egter kleingeld in vergelyking met Roger Federer se amper R2 miljard wat hy in 2020 in sy sak gesteek het.
Varsity-opwinding duur voort
André-Hugo Venter, Maties se haker en seun van die Springbok-flank André Venter, het vier van sy span se drieë gedruk.
Kobus Wiese ‘op herstelpad’ ná hartaanval
“Hy doen baie goed,” het Kobus Wiese se vrou gesê nadat hy ʼn reusehartaanval gehad het.
Varsitybeker sorg vir hope aksie
Die Varsitybeker het uiteindelik weer ná ’n lang afwesigheid vir studenterugby-pret gesorg. En oudergewoonte was GB Jordaan daar om die aksie vas te vang.
Europese rugby: Beseringspook kuier in Bokke se slot-spens
Die Springbokke se oorsese slot-spens is besig om leeg te loop nadat Lood de Jager sy soveelste besering opgedoen het.
Herrie oor rugbykommentator wat spot-aksent gebruik
ʼn Nieu-Seelandse televisieaanbieder het publiek om verskoning gevra nadat hy Vrydag spottenderwys ʼn Asiese aksent gebruik het toe hy na Otago Highlanders se Japannese speler Kazuki Himeno verwys het ná ʼn Superrugby Aotearoa-wedstryd.
Rugby: Britse en Ierse Leeus-toere goud werd
Dís hoekom vanjaar se toer, ondanks die kloue van die Covid-19-pandemie wat ingeslaan het, so belangrik is, want as die toer nie plaasvind nie, sal dit die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) finansieel op sy knieë dwing.
Duhan en CJ onder Sesnasies se bestes
Die 25-jarige Van der Merwe het nie net die meeste drieë (vyf) gedruk nie, maar ook die legendariese Brian O’ Driscoll se rekord verbeter.
Minder gaaprugby so in Rassie se kraal
Hoewel spanne by verstek in ’n driefees gewikkel was wanneer hulle teen die Oostelike Provinsie gespeel het, is daar steeds 134 drieë in 16 voorbereidingswedstryde gedruk. Dit is ’n gemiddeld van net meer as agt drieë per kragmeting.
Cheetahs hardloop futlose Olifante deurmekaar
Dit is egter duidelik dat daar lanklaas mededingende rugby in die Oos-Kaap gespeel is en hulle kon in die tweede helfte net stokflou toekyk hoe die Cheetahs die krane oopdraai.
Stormers waai Leeus van hul voete
Ja, daar is weliswaar geen silwerware op die spel nie, maar ’n drag slae is nooit lekker nie en die Leeus gaan beslis hul wonde ná dié ene lek.
Griekwas, Pumas klim onder mekaar in
Daar was op die oog af nie baie op die spel in die voorbereidingswedstryd Saterdag in Kimberley tussen die rugbyspanne van Griekwas en Pumas nie.