Dié woord se gewildheid het opnuut posgevat nadat Tom Holland dit vroeër vanjaar in ʼn onderhoud met Buzzfeed gebruik het.
Soekresultate vir: rusland
Staatsmanne soos Kissinger is yl gesaai
Die vraag ontstaan hoe anders die wêreld sou lyk as sy opvolgers sy strategiese insig sou hê.
Klimaatberaad: ‘Kernkrag het rol om te speel’
Ondersteuners van kernkrag sê dit is ʼn noodsaaklike bron van betroubare emissievrye energie, terwyl teenstanders die risiko’s en hoë koste uitwys.
Luxon as Nieu-Seelandse premier beëdig
Christopher Luxon se administrasie beoog om die teen-rookwetgewing wat verlede jaar in Nieu-Seeland aanvaar is, te skrap voordat dit in werking tree.
Konflik in Midde-Ooste: SA ‘lankal nie meer onverbonde’
“Suid-Afrika is uiters moreel selektief wanneer hy lande veroordeel. Dit moet altyd in diens staan van sy teen-Westerse ideologiese strewe,” verduidelik Jaco Kleynhans oor Suid-Afrika se sterk veroordeling van Israel.
Groot oorwinning vir Milei
Nie net kon hy die sterk gevestigde, as’t ware in Argentinië se politieke stelsel ingegroeide, Peroniste-party en die se kandidaat Sergio Massa verslaan nie, dit was ook baie duidelik – dit is 56% vir Milei teenoor 44% vir Massa.
Inflasie en skuld ons grootste kopsere
Samevattend is dit duidelik dat die land in ʼn baie problematiese situasie verkeer. Dit kom oor baie jare wat geleidelik opgebou het tot ʼn punt waar, figuurlik gesproke, die wiele nou afkom.
SA moet diplomatieke bande met Israel én Palestina behou
“Wanneer die ANC en hul gevolmagtigdes na Gaza kyk, sien hulle nie menslike tragedie nie, hulle sien ʼn politieke geleentheid,” sê Powell.
Israel verskerp operasie by hospitaal
Die Amerikaanse president, Joe Biden, het Donderdag gesê hy het Israel aangesê om “ongelooflik versigtig” te wees met sy stormloop by die Al Shifa-hospitaal.
‘Vreemde opgooi-voël’ is Nieu-Seeland se mooiste
Die komediant John Oliver het sy gewilde televisieprogram gebruik om by Nieu-Seeland se kompetisie in te meng en kykers gemaan om vir dié spesie te stem.
SA heg groot waarde aan verhouding met VSA, sê Ramaphosa
Solidariteit glo die Suid-Afrikaanse regering sit die pot mis as hy dink die land se betrokkenheid by Agoa is veilig en behoue.
Israel-Hamas: die senupunt in ʼn herskikkende orde
“Die nadraai hiervan is ʼn onvoorspelbare, multipolêre wêreldorde met baie verskillende en teenstrydige belange met as enigste gemene deler die weersin in Westerse oorheersing.”
SA deelname aan Agoa op mespunt
”Die Suid-Afrikaanse regering sit die pot mis as hulle dink die land se betrokkenheid by Agoa, wat deel van die Amerikaanse handelswetgewing vorm, is veilig en behoue.”
Die toekoms van die Weste is in ons hande
Die Westerse beskawing is besig om te verval, te verarm en om verskraal te word. Dit kan egter nie uitsterf nie. Die verspreiding daarvan is te omvangryk.
Japanse Restourasie eerder as Russiese Rewolusie
Die Japanners wou nie alles wat bestaan het vernietig nie. Hulle het op die beste uit die Weste gebou om hul agterstand in te haal, en dit dan verder verbeter en die Weste op baie gebiede verbygesteek.
Invloedryke senator wil Agoa verleng; SA deelname hersien
Sou die Agoa-hernuwingswet van 2023 aanvaar word, is die hersiening van Suid-Afrika se deelname aan Agoa “verpligtend” en moet dit binne 30 dae ná die aanvaarding van die wysigingswetsontwerp gedoen word.
Boer winsgewend en volhoubaar
Landbouers sukkel ook om binne hul inkomste te leef. Dis onwaarskynlik dat negatiewe ekonomiese omstandighede binnekort gaan verbeter, maar ʼn boer moet ʼn plan maak.
’n Parkie van hoop
Die woorde van ʼn jong klein dogtertjie met die opening van die nuutgeskepte parkie is kosbaar en hoopgewend: “Ons speel hier, ons mag en ons kan. Dit is lekker en dit is vry.”
‘Nou nie tyd vir verkiesing in Oekraïne’
Die wêreld se aandag het sedert die dodelike Hamas-aanval op Israel op 7 Oktober egter grootliks op die Midde-Ooste geval – en daar is toenemende druk op Zelenski oor die voortgesette konflik.
Agoa-beraad het min vermag vir SA – DA
Onsekerheid eers oor Suid-Afrika se kanse om sy Agoa-handelsooreenkoms met die VSA te hernu.