Die demokrasie, ook in Suid-Afrika, verg deursettingsvermoë en ’n lang asem. Moenie sukses op kort termyn verwag nie. Blý hamer teen die toe poorte. Aanhouer wen!
Alles vir die sleutelwoord "demokrasie"
Deursigtigheid in politieke partyfinansiering nie noodwendig voordelig nie
Dat politieke partye deursigtig moet wees oor hul private finansiers sal andersins ʼn oorwinning vir demokrasie in Suid-Afrika wees. Die wet van onbedoelde gevolge moet egter altyd in gedagte gehou word.
Suid-Afrika: Demokrasie of diktatuur?
Hoe lyk sake in Suid-Afrika? Is ons land ’n demokrasie?
Vryheid, verantwoordelikheid en menslikheid
“Vryheid beteken nie bandeloosheid nie. Dit beteken nie dat daar geen grense is nie.”
Suid-Afrika en die ‘demokratiese paradoks’
Met die nasionale verkiesings van 2019 om die draai, word daar algemeen oor die toestand van Suid-Afrika se demokrasie geredekawel.
Eers Katalonië, nou kom Venesië en Lombardye aan die beurt
Die afloop van die Katalaanse referendum wat heel moontlik op ’n eensydige onafhanklikheidsverklaring sal uitloop, en die Spaanse regering se gewelddadige reaksie op die referendum self, het Europese politieke filosowe aan die herbesin oor wat die woord “demokrasie” beteken.
Quo vadis, demokrasie?
“Dit wil voorkom asof Suid-Afrikaners nie heeltemal seker is hoe ons oor ons demokrasie moet dink nie.”
Linkse en regse ekstremiste: Ooreenkomste spreek boekdele
Die probleem hier by ons in Suid-Afrika is dat die oorheersende deel van die regerende party nog nooit werklik gematig of demokraties was nie.
Federalisme bly die antwoord op SA kruispad
“In die praktyk beteken dit dat selfdoenfederalisme van “onder” af gebou word, eerder as van “bo af” ingestel word. Namate die sentralistiese sentrale projek van die ANC misluk, sal geen regering op die lange duur kan keer dat gemeenskappe die land volgens hulle behoeftes inrig nie. Volwasse mense wil nou eenmaal vir hulself besluit.”
Grondwet ís ʼn wapen teen bedreiging van demokrasie
Met die ANC se beleidskonferensie agter die rug is dit ’n goeie oomblik om te besin oor waar die Suid-Afrikaanse demokrasie tans staan.
Die stryd tussen die ‘Anywhere’s’ en die ‘Somewhere’s’
Voorheen is ʼn verwyderde en ongevoelige elite weggevee deur rewolusies soos in Frankryk, Rusland en meer onlangs in Oos-Europa. Die geskiedenis herhaal hom nooit presies op dieselfde manier nie en ʼn rewolusie in ʼn Westerse demokrasie is hoogs onwaarskynlik, maar ʼn land of vasteland wat in homself verdeel is en waar groot dele van die bevolking uitgesluit word of ten minste uitgesluit voel, soek vir moeilikheid.
’n Tydsreisigersgids vir Suid-Afrika in 2030
“Die voormalige Anglo American- uitvoerende beampte Bobby Godsell het onlangs die eertydse president van die Republiek van die Oranje-Vrystaat, Jan Brand, aangehaal toe hy gesê het, “Alles sal regkom as elkeen sy plig doen”. Deel van dié plig is om eerlik te wees oor die toestand waarin die land nou is.”
Ondernemings moet veg teen knyptang-regulasies
Suid-Afrika se ekonomiese groei is hoogs afhanklik van ’n demokratiese stelsel wat op gelykheid gegrond is, en nie op rasvoorkeur nie. Die regering moet dit sterk oorweeg om na ’n meritokrasie te beweeg en hul eensydige, rasgebaseerde aanval op minderheidsgroepe in Suid-Afrika stop te sit.
Die ANC is die nuwe koloniste
Daarom streef die Solidariteit Beweging as eietydse Helpmekaar-beweging vir grondwetlike selfstandigheid en kulturele vryheid. Afrikaners is net soveel geregtig op vryheid as enige ander persoon of gemeenskap in die wêreld.
Mianmar: ‘Vervolging van Rohingyas is misdaad teen die mensdom’
Sedert die “wonderwerk” van die afgelope jare wil die internasionale gemeenskap en veral die Weste niks doen wat die ikoniese Suu Kyi in ʼn swak lig plaas of wat die “goeie nuus-verhaal” van demokratisering versteur nie.
Staatskaping: Korea-styl
Die tyd sal leer of korrupsie en staatskaping in Suid-Korea deur hul howe getakel gaan word.
Die Weste word weerloos
Die vraag is of Europa nog gered kan word van die radikale linkse pasifisme wat hom so kwesbaar maak? Dit lyk asof die onlangse vlaag terreuraanvalle Europese lande wakker geskok het en dat van hulle besef iets moet gedoen word as hulle wil voortbestaan.
Terugslag vir demokrasie tref Afrika in die hart
Dit is nie baie bemoedigend vir die demokrasie en die grondwet in Suid-Afrika as Zuma ongeveer heeltemal passief is oor wat Kabila met die DRK aanvang nie.
Die vyand van die Amerikaanse volk
Die demokrasie is op sy beste ʼn taamlik morsige affêre, soos Trump tans agterkom in Amerika, waar hy op die grense van die moontlike stuit. Maar die demokrasie – en goeie maniere – vereis dat jy diegene wat van jou verskil daardie ruimte sal gun en hulle met ʼn sekere minimum van respek sal behandel. Waar hy egter duidelik te ver gegaan het, is sy uitspraak dat die media “die vyand van die volk” is.
Afrika-politiek: tekens van hoop, of net weer dieselfde?
Om in Afrika optimisties te wees, is moeilik, want dit lyk asof Afrika-pessimisme gelyk is aan realisme, skryf Sebastiaan Biehl.