Rolprentmakers, storievertellers en kunstenaars wat voor én agter die skerms doenig was, is tydens ʼn swierige geleentheid vereer.
Alles vir die sleutelwoord "kykNET"
Video: ‘Pamina’-fliek maak buiging op Silwerskermfees
Die fliek is geskoei op Annie Klopper se gelyknamige roman en Kabous Meiring het die regie behartig.
Silwerskermfees: Speelfliek-benoemings bekend
Rolprentmakers, storievertellers en kunstenaars wat voor én agter die skerms doenig was, word vereer vir hul werk aan vyf speelflieks wat vroeër vandeesweek die silwer skerm getref het.
Jong kunstenaars opgewonde oor groeiende SA fliek-, TV-bedryf
“Daar is ʼn verfrissende verskeidenheid van inhoud wat aangebied word en ons sien nie net dieselfde gesigte waaraan ons gewoond is nie.”
Silwerskermfees-benoemings vir kortflieks, dokumentêre bekend
Die room van die Afrikaanse rolprentbedryf vind eersdaags uit wie met ʼn gesogte Silwerskermbeeldjie in die sak huiswaarts sal keer.
Video: Psigologiese riller ʼn nuutjie vir Ivan, Donnalee
Vir 12 uur per dag, drie weke lank, was Donnalee Roberts feitlik blind terwyl sy in die skoene van René, haar karakter in die speelfliek Blindelings, gestaan het.
‘Kokkedoor’: Einde van die pad vir dié vier deelnemers
Die deelnemers moes huiswaarts keer nadat hul biefstuk-braaivernuf nie die beoordelaars beïndruk het nie.
Video: Hulde gebring aan Bradley Olivier by Silwerskermfees
“Ons gaan vir Bradley eer deur dié fliek wat ons saam geskryf en vervaardig het. Ons het so ver gekom, en ek mis hom verskriklik.”
Geskiedenis, teater vat hande in dokumentêr
“Dit sal mense herinner aan die rol wat die kunste daarin speel om die status quo uit te daag. Dit is presies wat die Cape Flats Players gedoen het.”
Video: Veterane snoer kragte saam vir goedvoel-fliek oor oudword
“Ek dink nie daar is baie fliekmakers daar buite wat die geleentheid het om die fliek te wys aan die persoon wat hulle geïnspireer het nie.”
Enkelpa en dogter beïndruk op ‘My ma kook beter as joune’
“Ek dog toe nee, ek is die pa én die ma in ons huis en ek sal bewys dat pa’s óók kan kook. Ek het gedink dit sal snaaks wees.”
Sepiegids: Mymoena, Bridgette begrawe strydbyl in ‘Suidooster’
In “Binnelanders” is ʼn dokter skoonveld en in “Diepe waters” deel Arno nuus met Karla wat hul toekomsplanne kan verander.
‘BSV’ se Louis M, Louis B vra ja-woord – op dieselfde dag!
Albei dié boere het Saterdag die ja-woord gevra en albei het dieselfde antwoord gekry: ʼn onomwonde ja.
Omgee-werk in Oekraïne in Afrikaanse dokkie te sien
“Die mense het nie hiervoor gevra nie. Mense wat normale lewens gelei het, het skielik alles verloor,” sê Oldenburg vanuit Amsterdam, Nederland, aan Maroela Media.
‘Asgat word graf’ vir twee kokkedore
Aspatats, askoek, asvis en asvleis. Sommige geregte in die jongste episode van “Kokkedoor Vuur & Vlam” was treffers, maar ander het aan die kokke ʼn kaartjie terug huis toe besorg.
Hier is Brendan Peyper se vlerksleepvriend in ‘Op my eish!’
Vir elke enkellopende is daar ’n vlerksleepvriend wat jou kan bystaan in die proses om liefde te vind.
Roerende opvolgdokkie oor oorlog op pad
Die oorlogsdokumentêr, “ʼn Pad na Oekraïne”, sal eersdaags op kykNET te sien wees.
Sepiegids: Afvlerk-Birdy terug in ‘Binnelanders’
In “Diepe waters” is Wim en Rose rasend van bekommernis oor Nina en in “Arendsvlei” besef Lennie en Eva hul liefde vir mekaar word al hoe meer volwasse.
Inskrywings vir ‘Boer soek ʼn vrou’ nou oop
Inskrywings vir die jongste seisoen van “Boer soek ʼn vrou” het pas geopen.
Spanne uitgeruil in ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’
Die jongste episode van kykNET se “Kokkedoor Vuur & Vlam” het nie net vir trane van spanning én blydskap gesorg nie, maar ook vir ʼn paar skokoomblikke.