Die departement van openbare ondernemings het Garry Pita, finansiële hoof van Transnet, se bedanking bevestig.
Alles vir die sleutelwoord "Transnet"
Lokomotief-skandaal: Beamptes nie vervolg
Meeste van dié aantygings was verwant aan die beweerde betrokkenheid van die Gupta-familie en hul verwante maatskappy in dié transaksie.
Transnet-raad geroskam oor afwesigheid
Verskonings vir hul afwesigheid by verlede jaar se vergadering het gewissel van ʼn raadslid wat met vakansie was, nog een wat nie voorbereid was nie en nog een wat pas ʼn baba gehad het.
Transnet-raad moet antwoorde gee
Linda Mabaso, voorsitter van die raad, en haar span sou na verwagting in Desember voor die komitee verskyn het, maar het nie opgedaag nie.
Transnet-raad sal gedagvaar word om voor Scopa te verskyn
Die raad en uitvoerende lede van Transnet sal gedagvaar word om voor Scopa (die staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement) te verskyn nadat hulle Woensdag nie opgedaag het nie.
LP’s wil Transnet/Gupta-verbinding ondersoek
“Transnet is baie tevrede om homself te ondersoek en sy eie afleidings te maak. Hulle het geen respek vir die parlement nie. As ons dit toelaat, gaan hulle die parlement bly minag.”
Staatsinstellings en die waarde vir belastinggeld
ʼn Verslag is saamgestel oor die waarde wat staatsinstellings belastingbetalers vir hul geld bied.
Sakeliggaam skors Eskom en Transnet
Die sakeliggaam Business Leadership South Africa (BLSA) het Donderdag aangekondig dat hy die lidmaatskap van Eskom en Transnet met onmiddellike effek opgeskort het oor bewerings van staatskaping.
SAL dalk Gigaba se toets
Ekonome is van mening dat die SAL ʼn waarskynlike toets vir Gigaba sal wees. Indien hy dit druip, is nog ʼn ekonomiese afgradering van die land ʼn werklike moontlikheid.
Herbou die staatsmasjien
Die ondersoeke na korrupsie en staatskaping het nog weinig resultate opgelewer. Wetstoepassingsagentskappe wag op mekaar om die leiding te neem en die regering self is nog besig om raamwerke op te stel.
#GuptaLeaks: Dit is wat jy moet weet
Bruce Whitfield van The Money Show op 702 Talk Radio het verlede week met Susan Comrie, ʼn joernalis van amaBhungane gesels. Whitfield het haar gevra om vir Suid-Afrikaners die grootste onthullings oor die #GuptaLeaks saam te vat:
‘Transnet ondermyn ondersoek oor Gupta-maatskappye’
Uit geskrewe vrae van die VF Plus aan die minister van finansies blyk dit dat Transnet en die departement van openbare ondernemings die nasionale tesourie se ondersoek na Transnet-kontrakte met Gupta-gekoppelde maatskappye ondermyn.
Bal aan die rol gesit om staatsdiens se pensioenfondse te beskerm
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het onderneem om oorweging te skenk aan ʼn voorstel van die VF Plus om deur wetgewing meganismes in plek te stel om die staatsdiens se pensioenfondse teen stroping te beskerm.
EFF wil Gigaba aankla oor Transnet-treine
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Donderdag gesê hy wil ʼn kriminele saak teen Malusi Gigaba, minister van finansies, aanhangig maak oor die aanskaffing van diesellokomotiewe deur Transnet.
Minister paai ná nog geldkrane toegedraai word
Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het beleggers gerusgestel dat Suid-Afrika se semistaatsinstellings stabiel is nadat ʼn tweede batebestuurder aangekondig het dat hy nie die land se maatskappye in staatsbesit verder gaan finansier nie.
S&P bevestig Transnet se kredietwaardigheid
Die internasionale kredietgraderingsagentskap Standard and Poor’s (S&P) het Dinsdag sy gradering vir die Suid-Afrikaanse regering se vragvervoer- en logistieke maatskappy, Transnet, bevestig en gesê die maatskappy is ʼn voorkeurbelegging.
Hulp gevra vir weduwee van Transnet-pensioenheld
Die VF Plus doen ʼn beroep op mense om hul hand uit te steek na die weduwee van Johan Kruger, een van die twee eisers in die klasaksie-hofsaak van R79,5 miljard teen Transnet, wat onlangs dood is aan longkanker.
Minister gee opdrag dat Prasa-lokomotief se ontsporing ondersoek word
Dipuo Peters, minister van vervoer, het opdrag gegee dat die Nasionale Reguleerder vir Spoorwegveiligheid (RSR) en die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) nou saamwerk om vas te stel hoekom een van die omstrede nuwe Afro4000-lokomotiewe laat Dinsdagaand ontspoor het.
Transnet-pensioenarisse se klasaksie eis teen Transnet
Die Transnet-pensioenarisse se siviele eis teen Transnet en die regering is verlede Vrydag van stapel gestuur, het die Vryheidsfront Plus Dinsdag in ‘n verklaring gesê. Dit is die grootste eis in die geskiedenis van Suid-Afrika.
Transnet-pensioenarisse hou protesoptog in Pta
Die pensioenarisse wat in ʼn klasaksie met Transnet gewikkel is, hou Maandag ʼn protesoptog in Pretoria waartydens ʼn versoekskrif aan pres. Jacob Zuma se kantoor oorhandig sal word.