Elke kind behoort so ʼn maltrap ouma soos Ouma Mollie te hê. Die lewe bestaan mos nie net uit skoolwerk en dissipline nie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Fanie Viljoen"
Skryfkompetisie vir hoërskoolleerders aangebied
Is skryf die manier waarop jy uiting gee aan jou kreatiwiteit en het jy al gewonder of jou skryfwerk goed genoeg is? LitNet bied ’n skryfkompetisie vir hoërskoolleerders saam met die bekende skrywer Fanie Viljoen aan.
Luister: Op die spoor van kuberkrakers in Turkye, Italië
“Omdat ek self daar was, in die stede gewandel en verskriklik baie foto’s geneem het, het ek besluit om dit op ʼn manier in ‘Donker Web’ te gebruik.”
Boek-uittreksel: Fanie Viljoen weef ʼn ‘Donker Web’
“Hallo, Oom Fanie. Ek is mal oor ‘Onderwêreld’. Gaan daar ʼn opvolg wees?” Na honderde sulke boodskappe van leerders, onderwysers en lesers het Fanie Viljoen besluit om dié verhaal uit te brei. Lees hier ʼn uittreksel uit “Donker Web”.
Boek: Doendinge vir elke dag van die jaar
Fanie Viljoen se jongste boek, “Doendinge vir elke dag van die jaar”, bevat ’n verskeidenheid idees vir kunsprojekte, speletjies en eksperimente, asook wenke om alleen besig te bly of iets saam met vriende te doen.
Boekvoorlesing: ‘Stert’ bied iets vir elke jong leser
Het jy al gewonder hoe ʼn mens met ʼn stert sal lyk? Luister hier na Fanie Viljoen se voorlesing van “Stert” om vas te stel. Die kortverhaal is geskik vir kinders 13 jaar en ouer.
Boek: Die klein boekies met baie inligting
Het jy geweet muskiete is van die dodelikste wesens op aarde, piesangs is radioaktief en jou vingers het glad nie spiere nie? Fanie Viljoen se reeks klein boekies deel allerlei interessanthede van mense en diere tot bome en die buitenste ruimte. Lees meer.
Boekvoorlesing: Monsterrugby
“Breëkloof is bobaas! Breëkloof is tops! Breëkloof maak maalvleis van jou skool se tjops!” Het jy twee minute? Kry die kroos bymekaar en luister saam na Fanie Viljoen se voorlesing van “Monsterrugby”. Dit is geskik vir kinders van nege jaar en ouer.
Boekvoorlesing: Sterkykers
Sê vir jou ma dit is tyd om asem te skep, dan luister jy vinnig na Fanie Viljoen se voorlesing van sy gedig “Sterkykers”. Dit is geskik vir kinders 13 jaar en ouer.
Boekvoorlesing: Aksieheld Austin: Onheil op Skedelbaai
Het jy nodig om asem te skep? Vir die volgende vyf minute kan jy en die jongspan heerlik luister na Fanie Viljoen se voorlesing van “Aksieheld Austin: Onheil op Skedelbaai”. Dit is geskik vir kinders nege jaar en ouer.
Boekvoorlesing: Olke bolke, Lulu
Drie minute is net genoeg om ʼn sluk van jou koffie te vat. Sorg net eers dat die kleinspan aandagtig na Fanie Viljoen se voorlesing van “Olke bolke, Lulu” luister. Dit is geskik vir kinders sewe jaar en ouer.
Boekvoorlesing: Die kas
Dis so maklik soos een-twee-drie minute! Skuif vinnig nader en luister na “Die kas”. Wees gewaarsku – dié spookstorie deur Fanie Viljoen sal jou behoorlik laat ril! Dit is geskik vir kinders 13 jaar en ouer.
Boekvoorlesing: Pieksel
Het jy vier minute? Kry die jongspan en skuif dan sommer gou nader om te luister na Fanie Viljoen se voorlesing van “Pieksel”. Dit is geskik vir kinders nege jaar en ouer.
Boek: Môre as ons groot is
Vier jong mense staan op die grens van hulle grootmenslewe. Liza, Quin, Noku en Wayne kom elkeen uit verskillende agtergronde en die toekoms lyk ook vir elkeen van hulle anders.
Fanie Viljoen: ‘Dit gaan mense soos ʼn vuishou in die donker tref’
“’n Mens moet veral pitkos vir die jeug gee,” verduidelik hy. “Ek hou daarvan om die grense so ʼn bietjie uit te daag wanneer ek vir dié groep lesers skryf.”
Fanie Viljoen: ‘Ek wens ek het destyds dié skryfwenke gehad’
Fanie Viljoen, bekroonde kinderboekskrywer en kunstenaar, deel sy lys van skryfwenke.
Skrywer pak kindermolestering in jongste boek
“Hierdie boek is uit en uit geskryf vir ’n pa of ʼn ma om dit saam met jou kind te lees sodat hulle vrae kan beantwoord en hulle deur die storie kan help.”
Boek: Hoezit! Die wonderwêreld van die ruimte
Ontdek die ruimte met hierdie boek propvol prettige feite en aktiwiteite!
Boek: Slym se stories – omnibus
Vir die eerste keer verskyn al vier Slym-boeke saam in een pragtige volkleur-omnibus, met illustrasies deur die skrywer, Fanie Viljoen.
Afrikaans se 2de vraestel wissel van kopkrap tot kleitrap
“Die lang vraag van Onderwêreld en Krismis van Map Jacobs was billik, maar die kort vrae het hier en daar matrieks laat kopkrap.”