Die verdagtes was glo besig om met die batterye en transformator van ʼn selfoontoring naby Tzaneen te peuter.
Alles vir die maand Februarie 2020
Kunsteskool van die jaar 2020 gesoek
Is jou skool Solidariteit Jeug en die Gilde vir Kunste se kunste skool van die jaar?
Begrotingsreaksie: Regering maak regte geluide oor hervorming
Kenners waarsku dat selfs net ʼn enkele flater Suid-Afrika oor ʼn ekonomiese afgrond kan stoot.
Lapa kondig wenners van jeugromankompetisie aan
Die wenners van Lapa Uitgewers se jeugromankompetisie is op 26 Februarie tydens ʼn glansgeleentheid in Pretoria bekendgemaak.
Begroting: Grootskaalse twis met vakbonde kom
Vakbonde het reeds hul ontevredenheid uitgespreek met Mboweni se besluit om salarisse in die staatsdiens te besnoei.
Afrikaans, die taal van liefde
Ons hoor dikwels verwarrende sienings oor moedertaalonderrig en wat die voor- en nadele van veeltaligheid is. Die vraag wat ek egter vandag vra: is jou moedertaal vir jou ’n taal van liefde?
Vandag se sportnuus
Aiden Markram speel vandag sy eerste wedstryd sedert die Engeland-toetsreeks.
Nuuskommentaar: Geen, maar geen ruimte vir korrupsie na begroting
Met die belowender as verwagte begroting gelewer, lê hef aan voor om daardie positiewe aspekte raak te myn en te ontgin, sodat die myn nie soos ’n kaartehuis op die werkers en bevolking instort nie.
Spaar só vir daardie droomvakansie
Droom jy ook van vakansie hou in eksotiese plekke en om kleurvolle mengeldrankies op die strand te drink, maar jou bankbalans wil dit net nie toelaat nie? Hier is raad!
Majuba: Skitterende oorwinning vir die Boer
Die Slag van Majuba, toe die skote op 27 Februarie 1881 tussen Boer en Brit geklap het, bly ʼn pluim in die Afrikaner se historiese hoed.
Waarskynlikheid vir beurtkrag groter vandag
Eskom sou van sy noodreserwes deur die nag gebruik het om voorraad aan te vul.
Blikkies sardyne van skole se spyskaart verwyder
“Blikkiesvis is ’n algemene item wat in alle skole bedien word wat by die nasionale voedingsprogram betrokke is en etes aan meer as 9,2 miljoen leerders verskaf.”
Begroting: Meer geld vir maatskaplike toelae
Pleegsorgtoelae styg met R40 tot R1 040 per maand, terwyl kindertoelae met R20 tot R445 per maand styg.
Gedagte vir die dag: Jy kan dit doen!
Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. (Efesiërs 3:20)
Leerder dood toe tafel breek
Die tafel het gebreek en op die drie leerders geval.
Derde plaasaanval in Vrystaat die week
Die jongste plaasaanval in die Vrystaat beklemtoon die noodsaak vir meer effektiewe landelike beveiliging
TUT staak alle klasse ‘onbepaald’
Studentebetogings het sedert die begin van die jaar dikwels in geweld ontaard.
Begroting: Nóg miljarde vir SAL, Eskom
Die regering verwag boonop nog meer geld sal nodig wees om die koste van herstrukturering by SAL te dek.
Begroting: Goeie nuus vir belastingbetalers!
Inkomstebelasting neem met tot 10% af.
ToekomsVenster: Nie geroep vir die kantlyn nie
Hoe is jy besig om die hande van leierskap op verskeie fronte in die samelewing te sterk?