Vir lande om in die toekoms die demografiese uitdagings te bowe te kom terwyl ʼn plaaslike identiteit, kultuur, tradisies en beskawingspeil gehandhaaf word, sal ʼn kombinasie van faktore noodsaaklik wees.
Soekresultate vir: soedan
VSA keur reusesteunpakket vir Oekraïne, Israel goed
Ondersteuners in die Amerikaanse huis van verteenwoordigers het gejuig en Oekraïense vlae geswaai toe daar aangekondig is dat ’n steunpakket van $61 miljard aan Oekraïne goedgekeur is.
SA moet hom eerder vir vrede in Afrika beywer
Kenners sê dit is belangriker dat die regering hom eerder vir vrede in Afrika beywer – waar geweld burgers lamlê – as om hom met Israel en Gaza besig te hou.
Oud-SANW-generaal van bedrog verdink
ʼn Voormalige generaal in die Weermag en sy medebeskuldigde is Woensdag in hegtenis geneem ná hulle hulself aan die polisie oorgegee het.
Hollywood: Gewilde blouoog-akteur terug in ‘Bridget Jones 4’; lusmakers vir ‘Bridgerton’, ‘Joker’-fliek uitgereik
Maroela Media bied jou ’n opsomming van die week se jongste internasionale vermaaknuus.
Van wêreldgunsteling na wrak
Die mate waartoe die Weste oor die jare heen Suid-Afrika se toenemend eensydige buitelandse beleid aanvaar het, is sprekend van reuse-welwillendheid wat daar jare lank ná 1994 in die Weste teenoor Suid-Afrika was. Terugskouend kan dit selfs as naïewe welwillendheid beskryf word.
Buitelandse beleid deurtrek van dwaasheid
Vanuit die oogpunt van politieke sielkunde is die ANC-regering se onderprestasie en negatiewe siening van internasionale indekse waarskynlik ʼn vorm van ʼn minderwaardige selfbeeld.
Vier vas wat renosterhoring glo wou smous
Vier beskuldigdes is na ʼn geheime operasie in Rustenburg in hegtenis geneem.
Kuberkrakers teiken dalk Olimpiese Spele
Verskeie Franse regeringsinstellings word nou geteiken deur kuberaanvalle van “ongekende intensiteit”.
Mosambiek aan flarde
Oor die afgelope sewe jaar is Mosambiek vasgevang in ʼn bloedige djihadistiese-opstand waarin meer as 6 000 mense gesterf het en meer as ʼn miljoen ander ontheem is.
Die SANW na drie dekades
In die afgelope drie dekades het daar ʼn duidelike wanverhouding ontstaan tussen dit wat jare reeds op politieke vlak van die SANW verwag word aan die een kant, en sy begroting en vermoëns aan die ander kant.
Jan Alleman dink SA net ál meer korrup
Suid-Afrika het tot sy laagste posisie nóg op Transparency International se korrupsiepersepsie-indeks geval.
Eerste renoster kunsmatig bevrug ʼn ‘deurbraak’
Die ambisieuse voortplantingsprogram is die laaste kans op oorlewing vir die noordelike witrenosterspesie.
ToekomsVenster: Raak jy nog ontsteld?
Kom ons raak weer ʼn slag ontsteld. Daar is eintlik geen ander opsie nie.
Verkiesing: Duisende ekspats al geregistreer
Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon kan hierdie naweek by Suid-Afrika konsulate, ambassades en hoë kommissariate in die buiteland registreer om later vanjaar hul kruisie vanuit die vreemde te trek.
SA wil help met vrede, stabiliteit wêreldwyd
“Suid-Afrika bly daartoe verbind om ʼn opbouende rol te speel in die bevordering van vrede en stabiliteit wêreldwyd en doen ʼn beroep op alle nasies om saam te werk om verdere lyding en bloedvergieting te voorkom en om burgerlikes teen leed te beskerm.”
Verslag wys militante regimes vervolg Christene wêreldwyd meer
Dié Wêreldwaarnemingslys wys 4 998 Christene is in geloofsverwante aanvalle doodgemaak, terwyl daar ʼn sewevoudige toename in aanvalle op kerke, Christen-skole en hospitale was.
SA topdiplomaat, amptenary bestee byna R1 miljoen per maand aan ‘luukse reise’
Dit lyk nie of ‘stralerjakkers’ in die kabinet juis deur kostebesnoeiingsmaatreëls geraak word nie, sê die DA.
Inkomstediens glo op buffelkoper se spoor oor ‘vals verklaring’
Hazim Mustafa is glo onbewus van die aanklagte teen hom.
‘Skynheilig’; nie almal steun SA se klag teen Israel
Die groep organisasies wil by die Suid-Afrikaanse regering weet waarom hy nie kapsie gemaak het teen die talle gruweldade wat teen onskuldige burgerlikes gepleeg is nie – nie net in Palestina nie maar ook in lande soos Sirië, Nigerië, Rwanda, Mosambiek en Afghanistan.