Vir vandag se drie sake in die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake”, kyk Gerhard van Onselen van Sakeliga na die skok oor die BBP, openbare bestedingsplanne, en laastens Okosa wat SEB-kodes wil verskerp.
Alles deur die skrywer Gerhard van Onselen
Luister in 3 minute: Stad Kaapstad, werkloosheidsyfer en garsboere in die nuuskollig
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen ʼn hofuitspraak teen die Stad Kaapstad, ʼn vooruitskatting in die verhoging van die plaaslike werkloosheidsyfer en garsboere wat met ʼn oorskot in produksie sit.
Kort ontleding: Nog bewyse van inperking se uitwerking op plaaslike ekonomie
Die ekonomie is as’t ware ʼn lewensondersteuningstelsel. Om dit summier met reusagtige eensydige dwang af te skakel rig ontsettende skade aan lewens en lewensmiddele.
Luister in 3 minute: Donker wolk dreig oor inperking se trefslag op ekonomie
“Ondernemings moet vir ʼn kleiner ekonomie, en ʼn 10–20%-vermindering van omset en winste beplan. En massa-afleggings is ʼn wrede werklikheid. Herstel gaan lank duur.”
Luister in 3 minute: Verslapping van inperking ‘te min, te laat’
Gerhard van Onselen bespreek in die jongste “3 Minute, 3 Sake” die verder verslapping van afsonderingsmaatreëls, ʼn groep wat aandring op groter ekonomiese vryhede om armoede te voorkom en die landbougemeenskappe se regsaksies teen die regering.
Luister in 3 minute: Staatsamptenare kry nog salarisse vir minder werk
In die jongste “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga ʼn peiling wat sakelui se bereidwilligheid om belasting te betaal, ontleed. Hy kyk ook na staatsamptenare, wat anders as in die private sektor nou minder werk gedurende die afsondering, maar steeds hulle volle salarisse ontvang.
Luister in 3 minute: SAB, Heineken onttrek SA beleggings
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” plaas Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga sy kollig op SAB se onttrekking van beleggings uit die land, Pick n Pay wat praat oor die impak van die afsonderingsmaatreëls en Sakeliga se versoek vir verdere inligting oor die RGN se verslag oor rokers.
Luister in 3 minute: IMF-lening, kleinsake-ondernemings bekyk
Gerhard van Onselen van Sakeliga plaas die volgende kwessies onder sy vergrootglas in die jongste “3 Minute, 3 Sake”: die IMF-lening aan die regering, Transunion-opname wys hewige uitwerking op kleinsake-ondernemings, en die Covid-19-leningsprogram is nou makliker.
Luister in 3 minute: Oor nóg regstellende aksie, protes en werksverliese
In die jongste “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die nuwe planne vir regstellende aksie wat voorgestel is. Hy kyk ook na die protesaksie van restaurante en die toermisebedryf teen inperkings en die reusewerkverliese wat die maatreëls teen Covid-19 meegebring het.
’n Kort ontleding: Strengheid en tydsduur van afsonderingreëls
Die volgende grafiek gee vir ons ʼn aanduiding oor die aard van Suid-Afrika se grendelstaat in terme van strengheid en tydsduur.
Luister in 3 minute: Drankverbod se gevolge en nuwe basiese toelaag bekyk
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, die nuwe Covid-19-maatreëls wat vir vlak 3 van afsondering aangekondig is. Hy kyk ook na die gevolge van die nuwe drankverbod en ʼn voorstel vir ʼn nuwe basiese inkomstetoelaag.
Luister in 3 minute: Nog reddingsboeie, strenger inperking vir Gauteng ondersoek
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die begrotingskantoor se visier wat ingestel is op die WVF en die OBK. Hy kyk ook na die Landbank se wanbetalings en die strenger afsonderingmaatreëls wat vir Gauteng oorweeg word.
Luister in 3 minute: Moeilike saketoestande vir restaurante; BBP val
Hy kyk ook na Sakeliga se jongste meningspeiling wat steeds moeilike toestande vir sakeondernemings skets en die nuwe verslapping op afsonderingsregulasies wat nie genoeg is vir restaurante om suksesvol sake voort te kan sit nie.
Luister in 3 minute: Die werkloosheidsyfer, noodbegroting en kopiereg
Gerhard van Onselen van Sakeliga kyk in die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” na die werkloosheidsyfer, wat skerp toegeneem het in die eerste kwartaal, die noodbegroting en die wetsontwerp op kopiereg, wat terug na die parlement verwys is.
Luister in 3 minute: Ekonomie steier en Mboweni se zero-begroting
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga, die ekonomie wat byna onder inperkings ineenstort en onsekerheid in die konstruksiebedryf. Hy gesels ook oor Tito Mboweni, minister van finansies, se zero-gebaseerde begroting.
Luister in 3 minute: ANC span pandemie vir transformasie in
Gerhard van Onselen, ʼn ontleder van Sakeliga, kyk in vandeesweek se 3 Minute, 3 Sake hoe die ANC die Covid-19-pandemie gebruik om transformasie te bevorder. Hy gee ook die jongste nuus oor die Suid-Afrikaanse Lugredery (SAL) en Standard Bank se waarskuwing oor slegte skuld.
Luister in 3 minute: Vlak 3, moontlike afleggings en repokoers bespreek
Welkom terug by “3 Minute, 3 Sake” vir die week waar Gerhard van Onselen van Sakeliga die vlak 3-inperking wat op 1 Junie begin, bespreek. Hy kyk ook in hierdie podsending na Tiger Brands wat afleggings weens die afsonderingtydperk beoog en die Reserwebank wat die repokoers met 50 basispunte in Mei verlaag het.
Luister in 3 minute: Eskom verhaal nog geld en herrie in parlement
Hier is die drie sake wat in die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek word: Eskom verhaal nog geld van verbruikers, rassemaatreëls oor Covid-19-hulp lei tot herrie in parlement, en Sakeliga-peiling dui op die skadelike impak van Covid-19-inperking.
Luister in 3 minute: Reserwebank se leningskema skop af
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen, ʼn ontleder by Sakeliga, die afskop van die Reserwebank se leningskema, die druk wat toeneem om die inperking te verlig en Sakeliga se litigasie teen onregmatige toepassing van permitte wat ʼn volgende fase betree.
Luister in 3 minute: Verslag bereken verlore lewensjare weens inperking
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga, ʼn verslag wat die verlore lewensjare weens inperking bereken het. Hy kyk ook na die gevolge van die rookverbod en die aankope-indekse wat wys sakevooruitsigte is besig om te tuimel.