Een persoon is dood en drie ander beseer toe ʼn bakkie en ʼn minibus Vrydagmiddag op die M1 gebots het.
Alles deur die skrywer Landi Slatter
Hier is Ramaphosa se adviespaneel oor grondhervorming
Dan Kriek, president van AgriSA, en Nick Serfontein, gesiene boer, dien op dié paneel van tien.
Fietsryer sterf in wat as tref-en-trap voorkom
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het die man se liggaam aan die regterkant van die pad langs sy fiets aangetref.
Vermiste man vasgebind onder brug opgespoor
ʼn Vermiste man (67) is vasgebind onder ʼn brug op die N12 opgespoor.
Ma, twee dogters dood in woonstel aangetref
“Toe die polisie reeds die twee liggame weggeneem het en besig was om die huis te deursoek het hulle die tweede dogter se lyk in die kas aangetref.”
Reaksie op stimuluspakket: ‘Dis net lippediens’
“Solank die ANC-regering voortgaan om met skadelike beleid soos onteiening sonder vergoeding beleggers af te skrik, sal geen ekonomiese plan groei bewerkstellig nie, al klink dit hoe goed op papier.”
Die weer in jou streek dié langnaweek
Kyk hier of jy Maandag buite sal kan braai of dalk eerder binnenshuis ʼn ander plan moet maak.
Sakevrou word ‘swart Zille’ genoem ná twiet
Wendy Luhabe, prominente sakevrou en aktivis, loop deur op sosiale media en word as die “swart Helen Zille” uitgekryt weens ʼn omstrede twiet oor apartheid.
Egpaar word wakker met aanvallers langs hul bed
ʼn Egpaar is Vrydag in die vroeë oggendure in hul huis op ʼn plaas net buite Wolmaransstad in Noordwes deur drie aanvallers oorval.
Klebsiella-uitbreking: Babas bly in hospitaal
“Ons het met personeel gepraat en daar was aantygings van oorbevolking en swak higiëniese toestande in die hospitaal wat glo al aan die bestuur gerapporteer is, maar geïgnoreer is.”
Vrystaat: Polisie slaan toe op ‘onwettige’ myners
Grond wat goud bevat en toerusting soos gasbottels, skale, goud- en platinumtoetsers, plastiekhouers, goudkookpotte, en so meer is by die verdagtes aangetref.
Medebeskuldigde dien klag van intimidasie in teen Mooinooi-‘meesterbrein’
ʼn Getuie wat Woensdag vir die staat getuig het, was een van Koos Strydom se medebeskuldigdes in die sogenaamde Mooinooi-moordsaak, maar die klag teen hom is intussen teruggetrek.
Man sterf ná vliegtuig neerstort
John Jacobs (53), een van die twee mans wat Woensdag erge brandwonde opgedoen het toe ʼn ligte vliegtuig buite Bethlehem in die Vrystaat geval het, is dood.
Chaos toe motoris onwetend by kaper stilhou en hulp aanbied
Mhlaliseni Gqoza Ndlovu (27) is verlede in die Madadeni-hooggeregshof lewenslange tronkstraf opgelê ná hy in 2017 op ’n skiettog gegaan het.
Ondersoek kom ná liggaam langs pad aangetref word
Die man se makkers kon glo daarin slaag om sy liggaam tot daar te skuif en te laat.
Twee in straat dood, ander kritiek ná wrede aanval
“Daar het bloed by sy ore uitgekom en hy was nie in staat om te kommunikeer nie.”
Genadedood-aktivis vas vir moord
Prof. Sean Davison (57) het Dinsdag in die Kaapstad-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Stadsamptenaar geskors oor rassistiese video
Die vrou se tirade is op video vasgevang tydens die voorval wat verlede week by ʼn swembad in Eldorado Park plaasgevind het.
Duisende pendelaars wéér gestrand ná kabeldiefstal
“Wat ʼn reusebekommernis is, is die feit dat misdadigers nou albei lyne teiken om seker te maak die treinstelsel is ‘verlam’ in spitstye.”
Mooinooi-‘meesterbrein’ pleit onskuldig in ander moordsaak
Die getuie het ook vertel dat “baas Koos” gereeld grappies gemaak het dat Jansen van Rensburg “nie Desember 2014 sal sien nie”.