Ina Opperman het met Nicola Brook, direkteur van Foodpath, gesels om meer uit te vind oor voedselbedrog en wat daaraan gedoen word.
Alle dwelmverslaafdes lyk nie só nie
Na aanleiding van twee voorvalle wat tans baie dekking geniet en waar dwelms betrokke is, wil ek graag my verhaal as gewone ma met lesers deel. Ek verkies om anoniem te bly.
Voorspel tot ʼn rewolusie?
Dit is altyd effens onvanpas om te praat oor die moontlikheid van rewolusie. Maar, terselfdertyd, wanneer dit uiteindelik tyd is om te praat daaroor, is dit nie wys om die gesprek onnodig uit te stel nie.
Tien vrae oor die wêreldpolitiek
Hier is tien knellende vrae wat tans internasionaal bespreek word:
Robert Mugabe: Roudiens of feesvieringe?
In The Economist van 20 November 2017 is daar ʼn skrywe wat handel oor waarskynlik die grootste teenstrydigheid in Robert Mugabe se lewe: die impak van godsdiens in sy lewe.
Hoe nou verder met Boris en Brexit?
Johnson is wel nie iemand wat gaan lê nie en hy het moontlik iewers nog ’n troefkaart in die mou. Hy is ook bereid om ter wille van sy beginsels sy eie loopbaan op die spel te plaas.
Stook jy of blus jy?
En nou… nou lek die vlamme aan jou. Jy moet besluit: is jy geroep om vuur te slaan in hierdie land? Is jy geroep om op te staan en te veg? Is jy geroep om te sê genoeg is genoeg? Is jy geroep om die wêreld in te gaan en te vertel van wat gebeur sodat meer mense kan gaan help vuur blus?
Die jonges en rusteloses: Suid-Afrika se werkloosheidskrisis
Ons oordeel is dat die nuwe minimumloonbeleid, politieke boodskappe oor ordentlike werk en die vordering van tegnologiese innovering die indiensneming van jonger en minder ervare mense in ’n groter mate as ooit sal terughou. Die hele beleidsraamwerk is wansporig, wat groot “kreatiwiteit” van die president en sy raadgewers vereis om die krisis te hanteer.
Die Franse joernalis in my rooi BMW se kattebak
Soos alle knap joernaliste, het sy bepaalde eienskappe gehad. Sy kon netwerk. Sy het ’n fyn waarnemingsin gehad. Voeg daarby ’n titseltjie vroulike intuïsie, et voila, jy het ’n fenomeen op jou hande met ’n skop soos Frankryk se beste cognac.
Podlitiek: Fokus op Afrika
Paul Maritz, Ernst van Zyl, en Daniël Eloff van Podlitiek bespreek die nuusgebeure in Afrika. Hulle kyk na Robert Mugabe se nalatenskap, Ace Magshule se magbasis en Nigeriese partye se oproepe om Suid-Afrikaanse sakeondernemings te nasionaliseer.
Lesersbrief: Die gesig van geweld en mishandeling
Om man te wees te midde van geweld en mishandeling, vra moed en durf. Dit vra van ’n man om sy mond te gebruik en hom uit te spreek teen geweld en mishandeling. Dit vra ’n hand om ’n ander hand te neem en te sê, ek is jammer, laat ons saam die pad van vergifnis loop.
Groot toename in wettige immigrasie na Europa
Terwyl die golf van onwettige immigrasie die afgelope paar jaar oor Europa gespoel het, tref ’n ander soort golf verskeie Europese lande. Wettige immigrasie na verskeie Europese lande het ook drasties toegeneem.
Wie was Robert Mugabe regtig?
Die Mugabe wat ek leer ken het, was ’n baie gematigde politikus wat my verseker het dat hy nooit dieselfde fout as Samora Machel van Mosambiek sal maak nie: om wit mense uit sy land te jaag. Maar wat het dan verkeerd geloop, en hoekom het hy wit mense se grond afgevat en vir sy ondersteuners gegee?
Weduwee van hoewemoord: ‘Dit is tyd’
Hierdie “storie” het ek al oor en oor en oor vertel. Ek het myself, my kinders, ons seerste seer en grootste vrese blootgestel, oor en oor en oor. En dit was goed. Maar dis nou tyd om asem te skep.
Lesersbrief: Om te praat en om te bid
En toe besef ek net weer, ek is in ʼn wenspan, my God is sterker as enige kaper, groter as enige politieke leier en groter as ek en jy.
Ekonomiese groei binne die ANC-alliansie feitlik onmoontlik
Die werklikheid is dat Suid-Afrika se inwoners (kiesers en belastingbetalers) iewers in die nabye toekoms gaan besef dat hulle die ANC-alliansie se beleidsrigting nie verder kan bekostig nie.
‘FroueVonds’: Verbreek die kettings van stereotipes
Ons leef nie in ’n volmaakte wêreld nie, en juis daarom moet ons wat as kinders die voorreg van geborgenheid gehad het en die genade van ’n volhoubare bestaan ken, verseker dat daar aan kinders wat sonder keuse in slegte omstandighede beland, ’n realistiese kans gebied word om daaruit te ontsnap.
Robert Mugabe: Verkeerd teenoor verkeerd
Dat Smith ʼn fout was, beteken nie dat Mugabe reg was nie. Sy ongebreidelde geweld, wat tot aan die einde van sy bewind voortgegaan het, was bloot ’n voortsetting van sy meedoënlose uitskakeling van mededingers al in die sewentigerjare.
#JongStemme: Die vraagstuk oor leierskap in skole
Ek weet ek kan gekruisig word vir die volgende stelling, maar ek waag nietemin: Word diensbaarheid nie dalk oorbeklemtoon as die belangrikste aspek van leierskap in skole nie?
Doen wat jy kan, net waar jy is, met dit wat jy het
Ons moet die feit in die oë kyk dat staatsbestuur vinnig besig is om te misluk, en dat selfbestuur die enigste volhoubare oplossing is.