Die ontwikkeling het meer as N$18,7 miljoen beloop.
Mpumalanga Landbou bekommerd oor ‘Kill the boer’
“Ons aanbod is ʼn praktiese een – om vaardighede aan ons gemeenskappe oor te dra, wat baie beter is as een van verdelende politieke retoriek.”
Landbank, TLU SA soek oplossings vir boereskuld
TLU SA sê hulle het ʼn handvol punte met Landbank bespreek en grootliks bevredigende antwoorde ontvang.
Vaalharts-moorde: ‘Niks maak sin nie’
“Waarom is hulle vermoor? Jy maak nie mense dood vir slegs twee karre nie. Dit maak nie sin nie.”
Bek-en-klouseer-verbod val uitmekaar
“Elke staatsamptenaar kry ʼn salaris aan die einde van die maand. Vee-eienaars gaan nie aan die einde van die maand ʼn salaris kry nie.”
Nuwe vennootskap ondersoek boerelikwidasies
“Die span het reeds onreëlmatighede geïdentifiseer wat ondersoek sal word met die oog op moontlike vervolging.”
Alternatief nodig vir bek-en-klouseer
“Jy kan nie met jou hoed in jou hand voor die staat staan nie, jy moet met ʼn sweep staan en hom dan help waar jy kan en dan verantwoordbaar hou.”
Bek-en-klouseer: Verbod dalk hiér effe verslap
Die departement van landbou sê hy het nie die besluit oor die verbod op die verskuiwing van beeste ligtelik geneem nie.
Wetenskaplikes toor met plantgenetika
“Dié geen het ons in staat gestel om plante te kweek wat ʼn dieper wortelstelsel kan vorm, wat dan water dieper kan bereik en opneem, sodat die plant meer droogtebestand is.”
Vuurvegtoerusting vir nóg twee provinsies
Ná die aanvanklike skenkingstydperk verby was, het Toyota en Hino ook besluit om tot die goeie doel by te dra.
Hennepsaad nou in grootmaat ingevoer
Daar is 50 000 gebruike van hierdie plant geïdentifiseer, maar in Suid-Afrika word daar tans baie min verbruikersprodukte vervaardig.
Nóg bek-en-klouseergevalle ná verbod op vervoer van beeste
“Die uitbrekings het voorgekom in die tydperk waar daar ʼn verbod geplaas is op die beweging van beeste.”
Bek-en-klouseer: ActionSA kap breë verbod
Gebiedspesifieke kwarantyn of verbodsbepalings op vervoer is in die verlede verkies en was grootliks suksesvol.
Regering aangevat oor dieselfde grond vir twee boere
“Hoe kan daar enigsins sprake van onteiening sonder vergoeding deur die staat wees as die huidige staatseiendomme nie behoorlik tot voordeel van suksesvolle opkomende boere bestuur kan word nie?”
Verlange, vrede ná laaste vonnisoplegging
“Die laaste beeld van my man wat naak en yskoud op die sitkamervloer lê, is iets wat ek saam met my graf toe sal dra.”
Buffelsfontein skenk geld vir Landbank-ondersoek
Saai het in die teenwoordigheid van invloedryke boere van regoor Suid-Afrika dié fonds gestig om die oorsprong van die bewerings oor ongerymdhede wat die Landbank impliseer bloot te lê.
Laaste verdagte gevonnis ná Lephalale-plaasmoord
Altesaam vyf verdagtes is vir Pieter Pieterse se moord in 2017 op die plaas Sumadi in Lephalale aangekla.
Landbank ‘wil boere snoer’
ʼn Boer van die Noord-Kaap is die afgelope week in hegtenis geneem oor inskrywings wat hy op sosiale media gemaak het oor die behandeling wat hy by die Landbank en sy agente kry.
Wolmark reageer positief ná China verbod ophef
China se opheffing van die verbod op die invoer van vetwol vanuit Suid-Afrika, weens die wanopvatting oor die gevare van bek-en-klouseer, het groot verligting gebring.
Bek-en-klouseer skrik Nampo Alfa nie af
“Gelukkig leen die aard van die ekspo en die onderskeie programme hulle daartoe om goeie bestuur toe te pas.”