Sowat 600 pasiënte is tussen Januarie en November verlede jaar met ʼn gemaklike prostese toegerus.
Afrikaanse matrieks sê ‘nee dankie’ vir wiskunde
Slegs ʼn kwart van leerders wat verlede jaar die matriekeksamen in Afrikaans afgelê het, het suiwer wiskunde as vak gehad, ʼn afname van tien persentasiepunte in vyf jaar.
Seun met Down se sindroom inspirasie vir spesialis bakkery
Waar op aarde gaan haar seun met Downsindroom eendag werk kry? So het dit vier jaar gelede by Lynne Rutherfoord van Kaapstad gespook nadat Joshua sy skoolloopbaan voltooi het.
Merc gee nuwe tree met GLC-koepee
Dis ʼn pragtige motor, die enjin is puik en die binneruim pragtig.
Luister: ‘Wys jou vleis’-broekies maak Boerboel volksbesit
Volgens die mede-eienaar van die Boerboel-klerereeks is die oorspronklike Boerboel-broekie, wat as die PT-broekie bekend staan, geskoei op ʼn patroon van sy oupa se grassnybroekie, “ʼn stokou broekie wat ek net so fabriek toe gestuur het”. Lees meer hier oor die ontstaan van die bekende handelsmerk:
Resep-video: Kolwyntjies vir jou vierpotige vriend
Bederf jou vierpotige kinders met ʼn heerlike, hondevriendelike kolwyntjie.
Mikro-woonstelle kry lewe in dié werklikheidsreeks
As jy gereeld prentjies van binnehuisversiering op Pinterest bekyk of ʼn vraatkyker van doen-dit-self-programme is, is dié nuwe Afrikaanse werklikheidsreeks net vir jou.
Modeneigings vir kapsels om dop te hou in 2024
Sal jy een van dié haarbykomstighede dra?
Wiele2Wiele gesels oor jongste motornuus
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou meer oor die sewende “Stand van die motorbedryf” (Somi)-geleentheid, hulle gly oor die pad met Mercedes-Benz se C220D, het gaan kuier by get\Worth en vertel jou meer oor motorfiets- en motorvervaardigers wat saamwerk.
Skattige ‘tandjieshond’ steel harte; soek nog vir-altyd-huis
“As daar ooit met jou gespot is, of as daar vir jou gelag is as kind, sal jy weet hoe ek voel…,” lui die plasing op Facebook. “Ek lyk ʼn bietjie anders, maar ek is so gebore, met my ‘toofies’ en al.”
Nuwe vlugroete van Kaap tot Kruger
“Besoekers hoef nou nie meer te kies tussen die stedelike sjarme van Kaapstad of die wildernis van die Kruger nie – hulle kan moeiteloos albei geniet.”
Franse Canal+ wil MulitiChoice oorneem
“Ons is onwrikbaar in ons oortuiging dat MultiChoice ’n blink toekoms kan geniet as deel van ’n gekombineerde groep met Canal+.”
Hoërskool Eldoraigne spog met toppresteerders
“Akademie bly ons eerste prioriteit, maar by die Eldo’s kweek ons gebalanseerde leerders, soos bewys deur ons toppresteerders wat op alle terreine ʼn bydrae in ons skool gemaak het.”
Sonneblomkind
Kinders is ʼn kwesbare deel van ons samelewing – hulle kies nie in watter huis of in watter omstandighede hulle grootword nie. Soms verg dit net ʼn klein bydrae tot kinders se lewe om vir hulle ʼn brug te bou na beter omstandighede.
Is dít die dinge wat ons dommer maak?
Daar is waardevolle vaardighede wat verlore gaan weens die vordering wat ons met tegnologie maak, en ons as’t ware bietjie dommer maak. Hier is ‘n paar oplossings.
Facebook nou 20 jaar oud
“Facebook, toe dit bekend gestel is, was revolusionêr.”
Miljoene nodig om jou spruit groot te maak? Beplan só
Ouers moet ook planne bedink vir onvoorsiene gebeure soos die afsterwe of ongeskiktheid van een of albei ouers.
ʼn Werkswinkel vir skoliere wat wil skryf!
Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere is ʼn praktiese en prettige eendagwerksessie vir leerders tussen 12 en 18 jaar oud. Dit word aangebied deur die gewilde jeugverhaalskrywer Christien Neser. Kinders wat passievol is oor skryf, sal baie waarde kry uit die werkswinkel.
AMID blaas weer lewe in motorfietsbedryf
Ek hoop regtig dat hierdie ekspo weer die begin is van ’n fees wat elke jaar groter en beter sal word. Min gemeenskappe staan saam soos juis die motorfietsgemeenskap.
Dié klein kosveranderings kan groot verskil maak
Hier is ʼn paar kossoorte en produkte was maklik en goedkoop met gesonder opsies uitgeruil kan word.