“Sussie, ek is besig om dood te gaan”, het André Bezuidenhout aan sy dogter gesê nadat die soveelste staatshospitaal geweier het om hom te behandel.
Sri Lanka-krieketspelers trek neus op vir nuwe kontrakte
“Selfs al sou die spelers betaling geweier word, sal hulle vir die land speel. Dit is hul hoofdoel.”
Leeu in Indië ook Covid-19-slagoffer
Verskillende monsters van altesame 11 leeus is vir toetse gestuur en nege van hulle het positief vir Covid-19 getoets.
Twee kinders onder drie wat vroegoggend verongeluk
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga het ʼn beroep op motoriste gedoen om die aandklokreël te gehoorsaam en nie in dié tyd te reis nie.
Krugerwildtuin maak deurbraak teen nog vermeende stropers
ʼn Jaggeweer, ammunisie en stroperytoerusting is tydens albei voorvalle by die verdagtes gevind.
Brakkie vlug ná aanval, weer veilig tuis
Cody het in die harwar spoorloos verdwyn en sy gesin het die afgelope ruk vergeefs na hom geroep en gesoek. Vyf dae lank was daar geen teken van hom nie.
Nog ’n ‘mini-biblioteek’ vir siggestremdes in Wes-Kaap
Die nuwe biblioteek is in die Riversdal-omgewing geopen.
Digital Vibes se naam duik al jaar gelede in vrae op
Die VF Plus sê die minister van gesondheid én sy departement moet nou oop kaarte speel en duidelikheid oor alle kwessies verskaf vóór die spesiale ondersoekeenheid (SOE) sy verslag bekend maak.
Namibië aanvaar Duitsland-aanbod, al is dit ‘nie genoeg’
Die ooreenkoms moet nog onderteken word. Dit word tans hersien deur Namibië se prokureur-generaal en sal daarna aan die parlement vir goedkeuring voorgelê word.
Eskom skors Koeberg-bestuurder
Koeberg se eenheid een, met ʼn kapasiteit van 900 MW, is sedert Januarie vanjaar buite werking. Dít terwyl Suid-Afrikaners vandeesweek weer aan beurtkrag onderwerp word.
Vier keer lewenslank vir pa wat moor
Die kinders se liggame is op twee verskillende plekke in die Burgersfort-omgewing aangetref.
Covid-19-statistieke: Meer as 58 000 aktiewe gevalle
Kry die jongste koronavirussyfers hier.
Saai ‘skepties’ oor Ramaphosa-uitsprake oor grond
Die organisasie sê boere en grondeienaars word nie gerusgestel deur die president se uitsprake nie.
Nigerië skort Twitter ‘onbepaald’ op
Die besluit kom twee dae nadat Twitter ʼn opmerking deur Nigerië se pres. Muhammadu Buhari uitgevee het omdat dit die sosialemediareus se gebruiksbepalings oortree het.
Mantashe moet waai – DA
Die DA sê die minister is ʼn remskoen vir die ekonomie en die kragopwekkingsektor.
Virus stuit nie rekordgetal kwalifikasies vir Maties
Die Covid-19-pandemie ten spyt het die Universiteit Stellenbosch van die hoogste kwalifikasiesyfers van alle universiteite in die land behaal.
Naam bekend van SA soldaat wat in DRK sneuwel
Volgens die weermag is hy deur een van sy makkers gedood.
Oudwerker gevonnis wat houtmaatskappy van meer as miljoen besteel
Weens Pretorius se diefstal is die onderneming gedwing om sy tak in Port Elizabeth te sluit.
DNS verbind man met transitoroof
Die man was deel van ʼn groep verdagtes wat veiligheidswagte meer as twee jaar gelede in Vredenburg beroof het.
ANC-regering moet mislukkings erken, ophou hamer op verlede
Die VF Plus sê dit is ʼn skande dat ʼn begroting verwelkom word wat gewone mense die swaarste gaan tref.