Die stryd tussen die sogenaamde hervormingsfaksie van Ramaphosa en die radikale ekonomiese transformasie-faksie van Magashule word beskryf as ʼn stryd om die siel van die ANC.
Vraagteken oor miljoene vir enkele ‘landbouorganisasie’
Die DA sê daar is geen duidelikheid oor hoekom die geld uitbetaal is, hoe dit bestee is, óf wie daardeur bevoordeel is nie.
Kommer oor raaiselagtige voëlvrektes in Oos-Kaap
Die meeste van die voëls was opgeblaas en hulle het gesukkel om te vlieg.
Nuwe planne vir massa-inentings in SA
ʼn Nuwe besending entstof kom Saterdag in die land aan.
Hulp vir gesin ná SA pa in Mosambiek sterf
Sy familie sê Adrian Nel het nie net die lewe van sy pa en sy broer gered nie, maar ook van talle ander wat saam met hulle vasgekeer was.
Ramaphosa na Maputo oor terreur in Mosambiek
Die staatshoofde moet beraadslaag oor maatreëls om die terreur in Mosambiek te stuit.
Klagte teen Lesufi stapel op
“Sou hierdie uitsprake korrek wees, moet Lesufi uit sy pos verwyder word.”
‘Ek weet ek het reg opgetree’
“My vrou het daardie oggend vir my gesê iets voel nie vir haar reg nie. Die hele atmosfeer was nie lekker nie.”
Gospelsanger, vrou in hof vir beweerde bedrog
Die man is glo ʼn mediese dokter en bekende gospelster.
Mars van die mummies: Egipte se goue parade
Die gemummifiseerde oorskot van 22 antieke konings en koninginne van Egipte is Saterdag tydens ʼn uitspattige koninklike optog deur die strate van Kaïro na hul nuwe rusplek vervoer.
Polisieman ontferm hom oor verwaarloosde kinders
“Dit is wonderlik om te sien dat polisiemanne en -vroue steeds bereid is om die ekstra myl te loop vir slagoffers van gruwelike misdade.”
DA-lid in hof ná hy glo op swaer skiet
Die DA-lid het na bewering sy vrou aangerand, waarna die swaer probeer ingryp het.
Agt vinnig vas na roof by poskantoor
“Die verdagtes het vuurwapens op die werkers gerig en hul beveel om al die kontant en die poskantoorsleutels te oorhandig.”
Munisipale verkiesing teen 1 November gehou
Vir die landwye munisipale verkiesing sal agt metrorade, 205 munisipaliteite en 44 distriksrade op die spel wees.
Man geskiet tydens herstel van pypleiding
’n Personeellid van die Kaapstad-metro se water-en-sanitasiespan is Dinsdag geskiet en gewond terwyl die span ’n rioolpypleiding in Samora Machel herstel het.
Pieter van der Westhuizen nie vervolg na kerkskietery
Van der Westhuizen, broer van die oud-Springbok Joost van der Westhuizen, het op 26 Julie verlede jaar twee rowers gedurende ’n gewapende rooftog by ’n kerk in Wierdapark doodgeskiet.
Covid-19-statistieke: Net meer as 400 nuwe gevalle
Só lyk nuwe, aktiewe gevalle nou.
Versoek vir druk op premier ná Lesufi se uitlatings
Dit volg nadat Panyaza Lesufi na bewering tydens ’n vergadering stellings gemaak het wat daarop dui dat hy inmenging in tenderprosesse aanmoedig.
1 800 ontsnap uit Nigeriese tronk
Inwoners leef in vrees in die suidooste van Nigerië ná gewapende mans Maandag op ʼn gevangenis toegeslaan, meer as 1 800 gevangenes bevry en ʼn polisiestasie geplunder het.
Dienslewering in duie, maar munisipaliteit weier vergaderings
“Hulle versuim om die minimum te doen is ‘n klap in die gesig van inwoners wat daagliks gebuk gaan onder die gebrek aan basiese dienslewering.”