Die regter het bykomend beveel dat Sahpra elke drie maande aan die hof verslag moet doen oor die stand van sake rondom enige verwikkelings met ivermektien.
Simba gaan gewilde skyfiegeur laat vaar
Verbruikers sal moet kies tussen drie van Simba se gewildste geure.
Twee wetstoepassers vir ‘omkopery’ aangekeer
Die beamptes het onderskeidelik R100 en R200 omkoopgeld van motoriste geëis.
Rowers vlug met miljoene in Upington-rooftog
“Die mans het uit die motor geklim en die veiligheidswagte met vuurwapens gedreig.”
Suez-opeenhoping plaas hernieude klem op diere se lot ter see
Duisende diere het die afgelope paar jaar weens voorvalle ter see gevrek.
Twee sterf wat onder munisipale bus beland
Die munisipaliteit gaan berading verskaf aan diegene wat die voorval gewaar het.
Muishonde ongedeerd ná saamrygeleentheid in enjin
Die diertjies het oënskynlik slaapplek in die BMW se onderstel gesoek.
Skenkings help vrou weer stap ná bus haar omry
In Oktober 2019 is sy in Pretoria deur ʼn munisipale bus omgery toe sy ʼn straat oorgesteek het. Die bus het haar getref en sy het onder die bus ingerol.
Vermiste Secunda-man se liggaam in Nigel gevind
Kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe Jacobus Rudolph oënskynlik deur ʼn ander voertuig agtervolg word.
Kunsteraad vra hof om sitstakers te laat loop
Die groep kunstenaars beset al 35 dae lank die raad se kantoor nadat hy vroeër R300 miljoen ter noodfinansiering aan die kunstebedryf bewillig het, maar nou versuim om die geld uit te betaal.
Tienerseun in hof oor man se skietdood in veld
Leon Keith Vermeulen is net meer as ʼn week gelede, glo met ʼn skietwond aan die kop, in ʼn veld aangetref.
Verdagtes vas meer as twee jaar ná Samwu-moorde
Die verdagtes word reeds met verskeie ander misdade verbind.
Dodetal styg skerp in Indonesië, Oos-Timor
Reddingswerkers soek steeds onverpoos na tientalle vermiste mense ná die dodelike kitsvloede en modderstortings in Indonesië en Oos-Timor.
Lesufi moet opsy staan of geskors word – EUSA
“Ons neem kennis van die uitsoekerigheid waarmee die regering korrupsiekwessies takel. Alle misdadigers wat staatsgeld plunder, moet ewe streng behandel word.”
Mosambiekse regering sê hy beheer Palma weer
“God help die mense,” sê Lionel Dyck, verbonde aan die private militêre groep DAG, terwyl hy terselfdertyd sê dit is “onwaarskynlik” dat die regering wel beheer van die dorp teruggewen het.
Vinnige deurbraak ná rooftog in Lutzville
Die groep het hulle as klante voorgedoen en nadat hulle bedien is, vuurwapens en messe uitgepluk.
Covid-19-statistieke: Geen sterftes in sewe provinsies
Daar is steeds naastenby 22 000 aktiewe gevalle in die land.
Eskom in dispuut met Oracle gewikkel
Die sagtewarereus beskuldig Eskom daarvan dat hy hom te min betaal.
6-jarige verdrink in strandmeer
Die kind het bewusteloos in die strandmeer gedryf.
Meer as 100 Covid-19-gevalle by Tuks
Die gevalle is die afgelope 18 dae aangemeld.