Onreëlmatighede rondom twee kontrakte van meer as R100 miljoen by die openbare uitsaaier het aan die lig gekom.
Dros-saak: Toga bedek TV-skerm waar meisie gaan getuig
Die hof was vanoggend stampvol met lede van die ANC Vroueliga en lede van die NotInMyName-beweging, sowel as lede van Men And Women Against Child Abuse.
Mosambiek óók reg om burgers weens geweld uit SA te neem
Abike Dabiri, hoof van die Nigerians in Diaspora Commission, het ʼn beroep op Suid-Afrika gedoen om mense wat deur die geweld geraak is te vergoed, ʼn oproep wat Nigerië se laerhuis gesê het hy ook ondersteun.
Nuuskommentaar: Wie in die goedheid van die mens glo, geniet die steun van die wetenskap – Nederlandse filosoof
Of hy as filosoof sy saak enigsins as bewese kan beskryf hang seker van elke leser se vatbaarheid vir filosofie af, en daarmee saam die mens se insig in die konkrete werklikheid.
Pleegsorgstelsel laat ‘weerlose kinders in steek’
“Ons weet nie of hierdie kinders nog veilig is en of die situasie sodanig verander het dat hulle met hulle gesinne herenig kan word nie. Dit is ook ʼn aanduiding dat die departement die kinders twee jaar lank nie besoek het óf hulle situasie gemonitor het nie.”
Lesufi betreur 2 leerders se dood
Albei leerders is Dinsdag in onderskeie voorvalle dood.
3 vandag gevonnis vir bewaarder se grumoord
Quinton Williams is vermoor terwyl hy huis toe gestap het. [WAARSKUWING] Van die inligting in hierdie berig is grafies en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.
Departement ‘werk hard’ om pleegsorg-agterstande in te haal
Die departement van maatskaplike ontwikkeling het Dinsdag gereageer op “misleidende mediaberigte” dat die agterstand in pleegsorg-plasings daartoe kan lei dat pleegsorg-bevele by die hooggeregshof in Pretoria teen einde November kan verval.
Joernalis van lug afgehaal ná belediging teenoor Malema
Bateman se uitlating het aan die lig gekom nadat ʼn video op sosiale media versprei is van Malema wat buite die Valke se kantoor met joernaliste praat.
Dros-saak: Dít is hoekom meisie (7) moet getuig
‘n Woordvoerder van die NVG het gesê familielede van die kind en die publiek kan gerus wees dat die meisie se getuienis geensins ten doel het om haar te dwing om die traumatiese gebeure te herleef nie.
Motsoeneng gee nog ‘nooit klas’ hiér, sê Wits-sakeskool
“Om ʼn gasspreker te wees, maak nie van jou ʼn akademikus nie.”
Parlement verskil hewig oor toekoms van pensioenfondse
Die debat is aangevra en ingelei deur die DA-LP Geordin Hill-Lewis. Hy het aangevoer die regering is op die punt om ʼn baie duur fout te maak en gewone Suid-Afrikaners gaan die gelag betaal.
Onderwyser agter tralies ná beweerde verkragting van sesjarige
Die departement het ʼn voorlopige skorsingsbrief aan hom beteken in die polisieselle waar hy tans aangehou word.
Rand Water beperk watertoevoer na Tshwane
Die Tshwane-metroraad het ʼn beroep op inwoners en sakeondernemings gedoen om water spaarsaam te gebruik om toevoer na alle gebiede te midde van die beperkings te verseker.
Ministers kondig stappe aan teen geweldsmisdaad
Op ʼn vraag was Dlodlo nie by magte om enige geslaagde voorkomingswerk deur die intelligensiedienste op te noem nie, maar Cele het later ʼn hele string plekke aan die Oos-Rand en in Soshanguve genoem waar aanvalle wél voorkom is.
SAUK skors werkers oor ‘sabotasie’ van Ramaphosa-toespraak
Die voorval het Donderdagaand plaasgevind toe die openbare uitsaaier die verkeerde weergawe van Ramaphosa se voorafopgeneemde toespraak op die program The Full View uitgesaai het.
Twee vas ná moord op Kaapse polisielid
Die inhegtenisnemings volg nadat lede van die polisie se blitspatrollie op ʼn wenk reageer het dat die verdagtes in die omgewing van Delft is.
SA ontken Nigerië wil burgers laat onttrek ná vlaag aanvalle
Die Nigeriese president, Muhammadu Buhari, het Maandag oor die ontruiming getwiet.
Malema by etiekkomitee verkla oor VBS-geld
Die DA voer aan dat die geld wat Malema glo aan luukshede soos hotelle, perdewedrenne en ontwerpersklere bestee het, die spaargeld van duisende Suid-Afrikaners verteenwoordig wat sukkel om daagliks te oorleef.
Medelye ná taxi swaksiende prokureur voor hof doodry
Sekwati is beskryf as ʼn toegewyde staatsamptenaar en iemand met geweldige regskennis.