Op ʼn baanblad waarop die meeste kolwers gesukkel het, het Faf du Plessis se 44 lopies die weg gebaan vir die Royal Challengers Bangalore se uiteindelike sege van 18 lopies teen die Lucknow Super Giants.
Klaasen en kie bó, ondanks Marsh-heldedade
Heinrich Klaasen het vier sesse teen die Delhi Capitals geslaan en hy het nou al 153 lopies in sy ses wedstryde teen ʼn treftempo van 182,14 gemoker.
Miller se Titans oorrompel Boucher se Indians
David Miller het 46 lopies teen ʼn treftempo van 209 teen die Mumbai Indians gemoker.
Faf en Maxi doen dit weer
Faf du Plessis en Glenn Maxwell het vandag weer eens die lopiekrane vir die Royal Challengers Bangalore oopgedraai.
Conway se kolf doen praatwerk teen Sunrisers
Devon Conway het 13 grenshoue in sy beurt gemoker en veral Marco Jansen het swaar geleef.
Anrich en Faf skitter in IPL-kragmetings
Anrich Nortjé en Faf du Plessis het deurslaggewende rolle in hul onderskeie spanne se sukses gespeel.
Koning Kallis verwelkom ‘klein prinses’
Die voormalige krieketspeler Jacques Kallis sê sy dogtertjie het hom reeds om haar pinkie gedraai.
Wisden vereer Stokes wéér
“Dit is omtrent ʼn uitdaging om aan ʼn krieketspeler te dink wat ʼn groter ommeswaai as Ben Stokes vir sy span bewerkstellig het.”
Faf en ‘Maxi’ – ʼn vurige kombinasie
Faf du Plessis (62) en Glenn Maxwell (76) het gisteraand 126 blitsige lopies om die derde paaltjie vir die Royal Challengers Bangalore aangeteken.
Faf maak gereed vir Super Kings-aanslag
Die Suid-Afrikaanse spelers het weliswaar nog nie veel kans in die jongste weergawe van die Indiese Premierliga gekry nie, maar Faf du Plessis staan tans kop en skouers bó sy landgenote uit.
Ben wil ook Engeland se As-vuur stook
“Wen of verloor; ons sal op só ʼn manier speel dat nie een van die toetse in die Reeks om die As onbeslis eindig nie.”
Anrich die streepbal-meester
“Streepbal ná streepbal. Dit was pleinweg fantasties.”
Noem hom sommer Faf du ‘Ples-ses’
Faf du Plessis het sy 300ste ses in T20-krieket geslaan, maar sy Royal Challengers Bangalore-span het nogtans ʼn aksiebelaaide wedstryd teen die Lucknow Super Giants verloor.
Groot eer val Steyn, Pietersen te beurt
“Jy kry die klub vir die cool kinders en dan kry jy dié. Baie dankie MCC, dit is ʼn ongelooflike eer en voorreg.”
Miller laat waai vir Gujarat
Die Protea-hotkloukolwer het die wenlopies teen Anrich Nortjé se Delhi Capitals geslaan.
Hou gerus dié SA’ners dop in IPL
Van Dewald Brevis en Faf du Plessis tot Aiden Markram en David Miller – Suid-Afrikaners is deel van die aksie in die gewilde Indiese Premierliga.
Nóg ʼn krieketspeler oor wedstrydknoeiery gevonnis
Jean Symes is deel van ʼn groep krieketspelers wat destyds vir tussen sewe en 12 jaar uit krieket verbied is nadat dit aan die lig gekom het dat hulle glo by wedstrydknoeiery betrokke was.
Vurige Faf lewer foutlose vertoning
Faf du Plessis het ʼn speler van die wedstryd-vertoning in sy eerste kragmeting van die nuwe Indiese Premierliga-seisoen gelewer.
ʼn Wêreldbeker-struikelblok uit Proteas se pad
Die reeksoorwinning teen Nederland beteken dat die Proteas nou die agtste plek op die Superliga-punteleer beklee en hul pad na die Wêreldbeker-toernooi in Indië lyk aansienlik makliker.
Markram looi Nederlanders op Wanderers
Soos wat daar al male sonder tal gesê is: ʼn Afdruk van ʼn Aiden Markram-dryfhou kan gerus in die Louvre-museum gehang word.