In ‘Dink soos ʼn miljarder’ wys Daniel Strauss hoe eenvoudig dit eintlik is om jou onderneming na hoër hoogtes te neem. Kom luister hier na Daniel se onderhoud in die Maroela-ateljee.
Van Coke se nuutste projek is ‘rou en raar’
“Francois van Coke vertel in ʼn nuwe geselsreeks intieme en onthullende gesprekke wat hy net aan sy tjommies vertel; stories so rof dat hulle nooit by die media uitgekom het nie.”
Die donkerte in ons: Antoinette Louw oor haar rol in ‘Dam’
Safta-wenner Antoinette Louw (“An Act of Defiance”, “Die Laaste Tango”) is in die nuwe Showmax Original “Dam” te sien, ʼn sielkundige riller wat uitstekende resensies ontvang en gereeld met HBO se “The Outsider” vergelyk word.
Foto’s: ‘Love Island SA’ skop af
Hier is die eerste 10 deelnemers van Love Island SA.
Golden Globes: Hier is die wenners
Netflix se The Crown het weer talle toekennings ingeryg.
Wilha Carstens: Van ‘Die Kontrak’ tot kollig
Vandag verstaan hy waarom die lewe hom op kronkelpaaie geneem het tot waar hy vandag is. “Dit is ʼn reis, en twee jaar na die program is dit nou my tyd om te skyn.”
Hollywood: ‘Frasier’ herleef; Harry en Meghan maak oop teenoor Oprah
“Daar is baie spanning tussen hulle [Harry en Meghan] en die koninklike familie. Die onderhoud gaan lig werp op wat hulle tot dusver deurgemaak het.”
Luister: Riaan Benadé oor sy beroemde pa, ‘ons sal self’ en wegholsukses
Sy pa se destydse bekendheid het hom nie die hupstoot gegee in die bedryf soos wat ʼn mens maklik sou aanneem nie.
Van Gogh-skildery eerste keer in ’n eeu te sien
Dit is een uit ʼn reeks werke wat deur Van Gogh geskep is terwyl hy tussen 1886 en 1887 saam met sy broer Theo gewoon het, ʼn kort entjie van die straattoneel wat hy geverf het.
Die beste nuwe SA programme wat jy nou aanlyn kan kyk
Jy kan nou rustig agteroorsit vir ʼn paar uitstekende plaaslike stories met dié flieks en reekse.
Franse musiekduo se paaie skei ná 28 jaar
In 2013 het hulle enkelsnit “Get Lucky” saam met Pharrell Williams en Nile Rodgers hulle grootste treffer van alle tye geword.
Só gaan dit met prins Philip
Prins Philip is verlede week gehospitaliseer nadat hy olik begin voel het.
Ruhan du Toit terug op die Top-20
Dit is ook ’n goeie week vir die kletsrymer Loufi wat vandeesweek klim tot die no. 5-posisie met sy liedjie “Baas vannie plaas”.
Kim K en Kanye se paaie skei
Skinderkoerante berig reeds maande lank dat Kardashian en West se huwelik op die rotse is.
Musikant en sy gesin verruil SA vir Britse platteland
Nathan Smith was betrokke by verskeie Suid-Afrikaanse produksies soos The Voice, Noot vir noot, Skouspel, Idols, Afrikaans is Groot, Dancing with the Stars en Strictly Come Dancing.
SA akteur, aktrise verloof
Die nuus is op Instagram bevestig met ʼn rits foto’s van ʼn donkerkleurige ring ontwerp deur Mallorn Jewellery.
Harry en Meghan lê finaal tuig neer
Die koningin het die paartjie aanvanklik ʼn jaar gegee om te herbesin oor die besluit om hul koninklike pligte te staak.
Hollywood: Vonnisse ná Madonna-verhoogongeluk; Paris Hilton weer verloof
ʼn Ondersoek wat tien jaar lank geduur het, het die oorsaak van die ongeluk vasgestel.
TV-reeks wil nuwe lewe in eetplekke blaas
Sjef Bertus Basson gaan help om verouderde restaurante met swak diens in topklas-eetplekke te omskep.
Tegniese Oscar vir oud SA’ner; nog benoemings vir plaaslike flieks
ʼn Suid-Afrikaanse gebore ingenieur het vroeër ʼn tegniese Oscar-prys gekry vir sy baanbrekerswerk in die rolprentbedryf, terwyl nog twee plaaslike rolprente die kortlys vir vanjaar se Oscars behaal het.