In die Sandton City-winkelsentrum kan oud en jonk kreatief raak met sjokolade; van paaskoekies versier, tot s’mores bou en paashaas-klappers tot oorlopens toe pak. Dié sjokolade-kafee sal ook die lekkerste verskeidenheid paaslekkernye van gesogte handelsmerke bied.
Kom ontspan by die Pretoria-fees
Hierdie jaar se Pretoria-fees beloof om iets vir elke lid van die gesin te bied. As jy dus nog kopkrap oor hoe jy almal gaan besig hou oor die langnaweek, is dit dié fees waar jy wil wees.
Video: SA’ners se humor onder die loep in sketskomedie
Wat anders kan ʼn mens doen as om te lag oor onderwerpe soos kanselleerkultuur, voornaamvoorkeure, die Russiese-inval, lisensiehernuwings en Wes-Kaapse semigrasie?
Video: Deon Meyer-reeks maak buiging op blou tapyt by KKNK
Die reeks is geskoei op Meyer se 1994-boek Wie met vuur speel, maar is deur draaiboekskrywer Tertius Kapp gemoderniseer.
Koos Doep se werk is sieraad vir Afrikaans
Koos du Plessis se lirieke is al as “bedrieglik eenvoudig” beskryf, gestroop en as “gevoelvolle melodieë” wat in Afrikaans geskep is.
‘Lekker mense, tasbare gees’ op Super Sokkie-bootreis
“En elke keer as almal op die boot ‘Kaptein’ en ‘Jy soen my nie meer nie’ so lekker uit volle bors saamsing terwyl die Maroela-strandballe deur die lug vlieg, dink ek: Dis ons lesers dié, en hulle is lekker mense.”
Gewapende owerhede deursoek musikant se huise
Dit spruit uit ʼn saak van beweerde mensehandel wat deur die Amerikaanse departement van binnelandse veiligheid teen Combs (54) geopen is.
Vars Bernice, Droomsindroom-snitte op Top-20
Rooksein het ook pas hul nuutste skepping, “So onskuldig”, bekendgestel.
Luister: Jong Anzélle verower treffer vir treffer musiekharte
Anzélle sê haar musiekstyl en die manier waarop sy musiek skryf het intussen handomkeer verander.
Luister: ‘Musiek is hoe ons praat sonder woorde,’ sê jong sangers
Tamlyn en Renaldo het elkeen in eie reg ʼn lang pad gestap voordat hulle uiteindelik die mikrofoon gevind het.
Sepiegids: Louis, Naomi weer nader aan mekaar in ‘Binnelanders’; Mari dryf wig tussen Sanet, Ben in ‘Diepe waters’
In “Suidooster” deel Sammy iets met Mymoena wat haar asem wegslaan, en in “Arendsvlei” raak Rachel en Bompie se passie vir mekaar gevaarlik.
Prinses Catherine ‘oorstelp’ deur ondersteuning
Koning Charles III, wat self enkele weke gelede onthul het dat hy ook met kanker gediagnoseer is, het intussen hulde aan sy “geliefde skoondogter” gebring.
Deon Fourie: ‘Ek het Bok-droom amper vaarwel toegeroep’
Deon Fourie gesels met Maroela Media oor sy droom om ʼn Springbok te word, daardie laaste wedstryd en sy gesin.
Foto’s: Lekker doen-dinge in Stellenbosch
Hierdie lekker Afrikaanse studentedorp spog ook met wêreldklas wyne, puik koffie en fynproewer-cuisine, so waarvoor wag jy?
Depressie nie kruk, maar superkrag vir Zaretha
“Die Here wil jou kom ontmoet in daardie diepste, donkerste plek.”
Catherine: Kankerskok vir Britse prinses
Die prinses van Wallis is geloof vir die openhartige en persoonlike aankondiging wat sy gedoen het, terwyl boodskappe van beterskap van regoor die wêreld ingestroom het.
Lidi de Waal: Vinkel en koljander met kuns en dig
Lidi is ʼn trekvoël. Van die Groot Karoo tot die Kalahari, van die Klein Karoo tot die Suidkus, tot die Weskus, noem maar op, sy het daar gebly.
‘Real Housewives’ se Rhona ʼn jaar later ‘sagter maar steeds selfversekerd’
Rhona reken die reeks was nie net ʼn reusesukses nie, maar een van haar grootste professionele en persoonlike leerskole.
Kan Taylor Swift SA ekonomie red?
Die ekonoom Waldo Krugell sê dit is hoog tyd dat Suid-Afrika buite die boks begin dink om weer lewe in sy sukkelende ekonomie te blaas. En ʼn internasionale superster soos Swift, wat die geld laat inrol oral waar sy gaan – ook vir plaaslike ekonomieë – kan dalk net die antwoord wees.
Hollywood: ‘The Sims’-fliek op pad; dokkie verklap donker kant van Nickelodeon
In die week se nuus uit Hollywood wink ʼn “Beetlejuice”-opvolg, en Beyoncé is in die sop oor ʼn bemarkingsveldtog.