Solank as wat die ANC en ander partye, ook in die buiteland, probeer om allerlei vorme van rassisme en nieu-apartheid as nie-rassigheid op te dis, en organisasies wat dit probeer teenstaan, as rassiste uitmaak, stuur die lendelam ANC-wa op ’n liederlike ongeluk af.
Soekresultate vir: Ace Magashule
Lakmoestoets vir ANC
En intussen ly die hele Suid-Afrika – en dit in die grootste pandemie van die afgelope eeu – onder ’n hopeloos onbekwame en korrupte regering.
Ace gaan na verwag word, klou soos ʼn neet
As mens boonop na Magashule se optrede sedert die hofsaak teen hom en die bevindings van die integriteitskommissie kyk, lyk dit na ʼn “laer oktaan”-weergawe so reg uit die Zuma-handboek van politieke oorlewing.
Magashule hét onreëlmatig by Vrede-suiwelprojek ingemeng – OB
Luidens die OB se jongste verslag word bewerings dat die Vrystaatse provinsiale regering politieke betrokkenheid by die Vrede-suiwelprojek gehad het, gestaaf.
DA eis Magashule se kop
“Dit is nie genoeg om bloot leiers soos Ace Magashule in sleutel- en invloedryke posisies te laat terwyl hulle wag vir die hof om sy gang te gaan nie.”
ANC-kommissie: ‘Skors Ace as hy weier’
Die kommissie spreek in sy verslag van drie bladsye ook kommer uit oor ’n “toenemende negatiewe persepsie” oor die NUK.
Integriteitskommissie sê Ace moet opsy staan
Die kommissie het die naweek met Magashule vergader nadat daar verlede week aangekondig is dat Magashule in sy pos aanbly en nie opsy gaan staan nie, al word hy in ʼn hofsaak van omvattende betrokkenheid by korrupsie beskuldig.
Integriteitskomitee vergader dié naweek met Ace
Die ANC het vroeër onderneem dat kaders wat van korrupsie beskuldig of daarby betrek word, aan die party se integriteitskomitee verslag doen of tugstappe die hoof moet bied.
Man skuldig bevind oor gesteelde Pierneef-skildery
Ricardo Mettler (43) is Donderdag in die Bloemfonteinse hooggeregshof skuldig bevind op aanklag van diefstal, geldwassery en bedrog.
Nuuskommentaar: ANC is intern verdeeld, probeer ekstern verenig bly
Die ANC se pas afgelope vergadering van sy Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) het boekdele gespreek van die stand van sake in die party.
Pierneef op 10 Desember 2020 weer in kollig
Hendrik Pierneef wat wêreldwyd as Suid-Afrika se eerste groot skilderkunstenaar van betekenis beskou word, is 63 jaar ná sy afsterwe in 1957 opnuut in die kollig. Sy naam het onlangs selfs in die hooggeregshof in Bloemfontein weerklink.
Magashule bly aan as ANC se sekretaris-generaal
Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, bly aan in sy pos en gaan nie opsy staan nie.
Nog ʼn D-dag vir Ace se toekoms
Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) moet besluit of Magashule “opsy moet staan”.
Nuuskommentaar: Gaan parlementslede van Ramaphosa ontslae raak?
Mosies van wantroue plaas groot druk op die ANC. Dit lê nie net faksiegevegte bloot nie, maar dwing die ANC telkens tot interne optrede.
Mosie van wantroue in Ramaphosa op pad na mislukking
Dit lyk egter of minstens twee groot opposisiepartye teen die mosie kan stem.
Luister in 3 minute: Sakeliga staan Reserwebankwet se wysigings teen
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” kyk Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder van Sakeliga, na die voorgestelde wysigings aan die Reserwebankwet en die Wet op Nasionale Padverkeer.
Nuuskommentaar: Joernalistieke onafhanklikheid onder staatsafhanklikheid?
Die SAUK het in ʼn kwessie van twee jaar reddingsboeie van byna R5 miljard versoek – hierdie spreek nie van ʼn organisasie wat selfstandig is nie.
Nuuskommentaar: Magashule maak gereed vir groot geveg
Magashule gaan waarskynlik sy hofverskyning gebruik om sy mag binne die ANC te versterk en van Ramaphosa as interne bedreiging ontslae te raak.
Magashule ‘wys middelvinger’ vir ANC
Die groep sê hy glo die ANC moet spoedig teen Magashule optree omdat hy die indruk wek dat hy gereedmaak om die ANC en die land deur intimidasie, leuens en verdraaiings saam met hom te laat ondergaan.
Borgtog vir Ace Magashule
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het intussen bevestig dat Moroadi Cholota, Magashule se persoonlike assistent toe hy destyds premier in die Vrystaat was, vir die staat gaan getuig.