Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang. Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie. (Hebreërs 11:1-3)
Alles vir die sleutelwoord "Angus Buchan"
Gedagte vir die dag: Abba Vader is met jou
Julle het nie ontvang ’n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba,Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. (Romeine 8:15-16)
Gedagte vir die dag: Jy sal nie oorweldig word nie
As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere – hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. Want Ek is die Here, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland. (Jesaja 43:2-3)
Gedagte vir die dag: Jesus het vir ons gely
Jesus het vir die tweede maal gaan bid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied. Daarop kom Hy by sy dissipels en sê vir hulle: Kyk, die uur is naby, en die Seun van die mens word oorgelewer in die hande van sondaars. Staan op, laat ons gaan; kyk, hy is naby wat My verraai. (Matteus 26:42, 45-46)
Gedagte vir die dag: Volharding onder druk
Omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly. (Filippense 1:29)
Gedagte vir die dag: Verheerlik God deur lyding
Mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ’n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves! Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen. (1 Petrus 5:10-11)
Gedagte vir die dag: Hy het ons sonde op Hom geneem
God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. (Johannes 3:16)
Gedagte vir die dag: Geen kortpaaie nie
God is téén dié wat te veel van hulleself dink, maar dié wat besef hoe afhanklik hulle van Hom is, aan húlle gee Hy sy genade. (1 Petrus 5:5)
Gedagte vir die dag: Draai weg van jou goddelose paaie
Toe God sien dat hulle opgehou het om verkeerd te doen, was Hy hulle genadig. Hy het daarvan afgesien om hulle te vernietig soos Hy gedreig het om te doen. ( Jona 3:10)
Gedagte vir die dag: Antwoord die eerste keer
Die HERE het ’n tweede keer met Jona gepraat. (Jona 3:1)
Gedagte vir die dag: Die hart van ’n dienaar
Jesus het van die tafel af opgestaan, sy bo-klere uitgetrek, ’n doek gevat en dit om Hom vasgebind. Daarna het Hy water in ‘n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het. (Johannes 13:4-5)
Gedagte vir die dag: Die oop deur
Ek ken jou handel en wandel. Kyk, Ek het ’n geopende deur voor jou gegee en niemand kan dit weer toemaak nie. (Openbaring 3:8)
Gedagte vir die dag: Die heilige God
Die HERE het geroep: “Samuel!” “Ek kom!” antwoord Samuel. (1 Samuel 3:4)
Gedagte vir die dag: ’n Gesindheid van vertroue
My dienaar Kaleb het egter ’n ander gesindheid teenoor My gewys. Hy het by My bly staan. Ek sal hom in die land laat kom wat hy gaan verken het. Sy nageslag sal die land besit. (Numeri 14:24)
Gedagte vir die dag: Jesus is betroubaar
God is nie ’n mens dat Hy sal lieg nie. (Numeri 23:19)
Gedagte vir die dag: Leef heilig
Doen julle bes om in vrede met almal te lewe en beywer julle om ’n toegewyde lewe te voer, want daarsonder sal julle nie eendag in die Here se teenwoordigheid kan kom nie. (Hebreërs 12:14)
Gedagte vir die dag: Praat met God
Moenie ophou bid nie. (1 Tessalonisense 5:17)
Gedagte vir die dag: Doen wat jy sê
Kyk mooi, julle vorder niks nie, die hele mensdom loop agter hom aan! ( Johannes 12:19)
Gedagte vir die dag: Mooiweersgeloof
Wie nie aan my kant is nie, is teen My. En elkeen wat nie saam met My bymekaarmaak nie, jaag mense uitmekaar. (Matteus 12:30)
Gedagte vir die dag: Leef vir Christus
Vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins. (Filippense 1:21)