ʼn Mens wonder boonop hoe sy in die eerste plek in so ’n belangrike pos aangestel is, en tweedens waarom dit so moeilik is om haar te vervang, haar tekortkominge ten spyt?
Alles vir die sleutelwoord "Busisiwe Mkhwebane"
EFF wil voortveg ná hof weer teen OB beslis
“Wat betref die kostebevel wat teen die OB en ander gemaak is, is dit ʼn skande dat haar kantoor weer eens gaan moet opdok vir die koste, wat beteken Suid-Afrikaners betaal daarvoor.”
OB kry soveelste opstopper
“Die president is nie gekant teen die tugstappe teen Gordhan nie, maar wil wag daarmee hangende die uitslag van die hersiening, wat ʼn rasionele besluit is.”
Valke bevestig klagte teen beleërde OB
Oupa Segalwe, die OB se woordvoerder, het gesê die OB is aan niemand behalwe die parlement verantwoordbaar nie.
Hof hoor Ramaphosa, Gordhan begin neiging om OB te beledig
Ramaphosa se aansoek handel oor óf hy verplig is om op te tree ná die OB se opdrag dat stappe teen Gordhan gedoen moet word oor ʼn vroeë pensioenuitbetaling aan die voormalige adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.
Mkhwebane: Openbare bedreiger eerder as Openbare Beskermer?
“Sy het ’n weghardloop- Openbare Beskermer geword en niemand was al die onderwerp van soveel litigasie soos sy nie.”
OB se bevoegdheid dan bespreek
Daar was die afgelope twee weke herhaalde oproepe vir Mkhwebane om te bedank.
Openbare Beskermer vaar uit ná uitspraak, dreig om regter te verkla
Segalwe het gesê Potterill het kwessies hanteer wat sy nie in die aansoek gevra is om te doen nie en uitspraak gelewer oor ander wat nié voor haar geopper is nie. Dit beteken Potterill het die “uitslag van die hofhersiening vooruitgeloop”.
Gordhan: Hof sê oor OB se aanbevelings
Die hof het vandag beslis dat die regstellende optrede opgeskort moet word, terwyl ʼn geregtelike hersiening gedoen word van die OB se verslag oor die ondersoekeenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.
ANC-leierstryd al vuiler en openliker
Die magstryd in die ANC het ‘n openlike oorlog geword wat waarskynlik minstens die volgende jaar lank gaan voortwoed, en dit is niks minder nie as ‘n stryd om beheer van die land se regering, die veiligheidsmagte en die land se belastinggeld.
OB kry wéér bloedneus in die hof
Maandag se hofuitspraak volg nadat die OB verlede week in die Konstitusionele Hof bloedneus gekry het.
Steek OB vinnig in die pad, vra stigting
Hy het bygevoeg gegewe die belangrikheid van die amp wat Mkhwebane beklee, en die geweldige mag van dié posisie en vertroue wat die publiek in die OB plaas, is elke dag wat Mkhwebane in die pos aanbly skadelik vir die integriteit van die amp.
Moenie ’n amp na die beeld van ’n individu skep nie
Dus is die magte van die Openbare Beskermer verder versterk en uitgeberei met Madonsela in almal se agterkop.
Podlitiek: OB geboek, Floyd se besoek en Johnny Clegg groet
Hermann Pretorius, Paul Maritz en Daniël Eloff gekyk na die omstredenheid rakende die magdom gebeure waar die Openbare Beskermer betrokke is, Floyd Shivambu se beweerde ontmoeting met Johann Rupert en derdens word die dood van die musieklegende Johnny Clegg bespreek.
Gordhan vs. OB: Uitspraak voorbehou
Julius Malema, leier van die EFF, het die hofsaak saam met ander lede van die party se leierskap bygewoon om hul ondersteuning aan Mkhwebane te wys.
Gordhan teen Mkhwebane: ‘bewerings’ en ‘beledigings’ vlieg rond
“Ek het geen probleem met die woord onbevoeg nie, maar wanneer jy sê wetlik ongeletterd, is jou optrede onverenigbaar met die verantwoordelikheid om die waardigheid van haar kantoor te beskerm.”
Talle eis dat OB moet waai
Die DA sê vandag se hofuitspraak bewys net weer dat die OB se tekortkominge veel dieper strek as net gewone, tegniese foute. “Eenvoudig gestel is sy bloot nie bevoeg vir die amp nie en is sy inderwaarheid uiters onbevoeg.”
Bloedneus vir beleërde OB in Grondwethof
Die Konstitusionele Hof moes oor die saak beslis nadat Mkhwebane in April 2018 direkte toegang tot dié hof gevra het.
OB reageer op Ramaphosa se toespraak
Mkhwebane is vol vertroue dat haar bevindinge die rasionaliteitstoets sal slaag en wel met die wet strook.
OB se verslag is ‘gebrekkig, irrasioneel’, sê Ramaphosa
“Alle Suid-Afrikaners behoort bekommerd te wees dat ʼn kantoor soos dié van die Openbare Beskermer bevindinge van so ʼn aard teen die staatshoof moet maak.”