Brian Molefe, voormalige Eskom-hoof, se prokureurs het Vrydag ’n skrywe aan Solidariteit gerig waarin hulle 30 dae uitstel vra vir die terugbetaling van die R700 000 wat Molefe aan die organisasie verskuldig is.
Alles vir die sleutelwoord "Eskom"
Solidariteit druk Molefe vir R10 miljoen van Eskom
Molefe se aansoek in die Konstitusionele Hof kom nadat die hooggeregshof in Pretoria in Januarie verlede jaar bevind het dat hy hom onregmatig uit die Eskom-pensioenfonds verryk het.
Eskom vra inwoners vir veilige toegang tot buurte
Eskom is nie in ʼn posisie om deurlopend stukkende mini-substasies te herstel in gebiede waar inwoners nie hulle kragrekeninge betaal nie.
Eskom-verhogings kan R300 miljoen beloop
Die Demokratiese Alliansie het Maandag gesê hy is besorg oor Eskom-bestuurders se eise vir verhogings en ʼn beweerde waarskuwing van ʼn staking en beurtkrag.
Leefstyloudits by Eskom verwelkom
Die komitee het gevra dat leefstyloudits van alle raadslede, asook die direkteurs-generaal van staatsbeheerde ondernemings, gedoen word.
Hiér is die man wat Eskom moet omdraai
“Hy sal die pogings lei om ʼn herstruktureringskantoor op die been te bring en dié kantoor se kapasiteit te bou. Die kapasiteit sal korporatiewe finansies, skuldbestuur en balansstaatoptimalisering insluit.”
Eskom is ʼn sinkende skip, sê DA
Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê finansiële verliese by Eskom is die gevolg van jarelange korrupsie en wanbestuur en dit laat die kragvoorsiener in die ergste finansiële toestand in sy geskiedenis.
Eskom ly reuseverlies
“Die bestuur van Eskom is bedag daarop dat ons uitdagings nie in isolasie opgelos kan word nie en dat dit ook nie oornag opgelos kan word nie.”
‘Plaas SA onder sakeredding’
Te midde van hierdie finansiële verknorsing baklei die ANC met die ANC, soos kat en hond. So wat staan jou nou te doen? Anton Meijer van Pretoria FM maak ‘n paar voorstelle.
Mabuza aangewys as waarnemende Eskom-hoof
Jabu Mabuza, raadsvoorsitter van Eskom, sal vir drie maande lank optree as waarnemende groepshoof vir die kragvoorsiener ná Phakamani Hadebe die amp verlaat, het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, Maandag aangekondig.
Droogte nie al wat Karoo-boere op hul knieë bring
John en Amanda was albei voorheen onderwysers, maar woon reeds meer as dertig jaar op die plaas Scheurfontein in die Karoo.
Herstruktureringshoofde by dié 4 staatsinstellings aangestel
“Ons sal môre [Woensdag] die herstruktureringshoofde vir elkeen van hierdie entiteite aankondig wat saam met die bestuur van hierdie instellings sal werk om hierdie instellings weer op koers te kry.”
Grafieke: Inkomste en uitgawes van die Suid-Afrikaanse regering
Suid-Afrika se begrotingstekort het in die tweede kwartaal van 2019 beduidend vergroot namate staatsbesteding die hoogte ingeskiet het tot nagenoeg 33% van die BBP, terwyl belastinginkomste effens verbeter het tot 27% van die BBP.
Minister se slegte nuus oor Eskom
Die minister van finansies, Tito Mboweni, het aangekondig dat die staat in die huidige finansiële jaar nog ʼn reusebedrag aan Eskom gaan gee.
Eskom-werker lank tronk toe vir kabeldiefstal
Ziphozonke Daniel Ntuli (33) is in die Middelburg-streekshof in Mpumalanga skuldig bevind op twee aanklagte van kabeldiefstal.
Mashaba teleurgesteld in Eskom wat vergadering misloop
“Hoewel Eskom die reg het om uitgawes van niebetalende kliënte te verhaal, moet dit regverdig gedoen word.”
Eskom se groepstesourier bedank
Pillay het in Maart vanjaar voor die kommissie van ondersoek na staatskaping getuig.
Duurder elektrisiteitstarief vir Pta’ners opgeskort
Die Tshwane-metro het aangekondig dat hy van 17 Julie nie met die implementering van die onwettige verhoogde tarief vir die 2019/2020-termyn sal voortgaan nie.
Jhb-burgemeester dreig Eskom met Nersa
Mashaba het gesê Eskom het ʼn wetlike plig om elektrisiteit te verskaf aan inwoners wat hulle rekeninge betaal. Volgens hom is dit kommerwekkend dat die kragvoorsiener besluit het om nie infrastruktuur te herstel in gebiede met hoë vlakke van wanbetaling nie.
Eskom moenie ‘gesamentlik straf’ omdat sommige nie betaal
Inwoners van Soweto skuld Eskom nagenoeg R15 miljard in agterstallige dienstegeld.