Indien jy identifiseer met hierdie gevoel van te min wees as vrou, wil ek graag vir jou hoop bring terwyl jy hier lees. Jy is genoeg, vriendin! Jy kwalifiseer met vlieënde vaandels! Daar is reeds lank voor jou geboorte wonderlike goddelike sade in jou geplant. Sade wat bestem is vir groot en mooi dinge op jou lewensreis.
Alles vir die sleutelwoord "Helpende Hand"
#StopHonger gaan ook groot by Afrikaans is Groot
“Helpende Hand wil graag aanhou voorsien waar nodig en steeds die kleuterskole help wat by die Kosblikkie-projek baat. Die maklikste manier om dit te doen is om selfonderhoudend te word. Dit is juis die StopHonger-stafie se doel.”
‘FroueVonds’: ‘Ek het jou op jou naam geroep’
Liewe meisie, vrou, ma, tannie, ouma… uiteindelik maak dit nie saak waar jy vandaan kom, wat jy verloor het of watter naam jy het nie. Ál wat van belang is, is dat jy jóú naam voortaan met trots sal dra. Dit moet jy wees in alles wat jy dink, doen, hoop en glo.
30 Kerswense word die maand waar
Vanaf 1 tot 30 November kan mense nominasies instuur vir ʼn Kerswens om waar te word.
‘FroueVonds’: Hoe gemaak as die wêreld my kind seermaak?
Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media en ma van twee, vertel in die rubriek wat om te doen as teleurstelling aan jou deur kom klop.
Grootste Afrikaanse treffers spog weer op AiG-versamelalbum
‘Afrikaans is Groot Volume 12’ is van vandag, 1 November, op vooraanstaande CD-winkels se rakke en is vir die eerste keer in dié handelsmerk se geskiedenis binnekort op alle digitale mediaplatforms beskikbaar.
Orania vereer sy stadsbouers
Dit is dan ook gʼn wonder dat Van Staden as vanjaar se voorste stadsbouer van dié dorp aangewys is met Orania se Helpmekaarweek wat van 21 tot 27 Oktober plaasgevind het.
Luister: Helpende Hand kry eie liedjie
“Ek wou nie weer iets skryf wat net sê dat ons moet help nie, ek wou sê daar is reeds mense wat help, so wat kan ons doen om hulle by te staan?”
‘FroueVonds’: Die seisoene van vrouwees
Vrouwees het verskillende seisoene. My seisoen definieer my vrouwees. Ek is nou ’n enkelmamma en ek verloor myself dikwels in my seisoen. Ek leer so baie van myself, hoe sterk ek as vrou kan wees.
Moederstad skud vere reg vir Afrikaans is Groot
Uiteindelik is dit binnekort weer die Moederstad se beurt om Afrikaans is Groot te verwelkom en in volle glorie te ervaar. Lesers kan nou hulle kaartjies vir die Kaapse weergawe van hierdie megakonserte aankoop.
Wen ’n Bosveld-wegbreek
Om die afskop van #HelpMekaar te vier het Helpende Hand hande gevat met AiG se organiseerders, Maroela Media en Finfoot Lake Reserve om iemand, en sewe geliefdes, ’n welverdiende Bosveld-blaaskans ter waarde van R13 580 by Finfoot Lake Reserve te gee.
Hoofborge van #JouAiG geëer
Afrikaans is Groot verlang van alle #JouAIG-kaartjiehouers om ’n video van hulself in te stuur waarin hulle vertel wie hulle is, byvoorbeeld “Die Steyns van Fochville” of “Die bestuurders van die slaghuis op Citrusdal”, en hoekom hulle gevoel het hulle moet AiG ondersteun.
AiG-konserte verlig hongersnood onder kinders
Almal wat een van die immergewilde Afrikaans is Groot-megakonserte in Pretoria en Kaapstad gaan bywoon, dra op ’n manier by om te sorg dat minstens 8 000 kinders nie in die aande honger gaan slaap nie. Helpende Hand is vir die tweede agtereenvolgende jaar as AiG se amptelike liefdadigheidsorganisasie aangewys.
Wildspasteie pantser swaarkry danksy #HelpJag
In die 16 jaar van Lekkergoedland se nederige bestaan in Booysens in die weste van Pretoria, het die eienaar en stigter, Engela Potgieter (65), daagliks met armoede te doen.
‘FroueVonds’: Vroue kwesbaar, maar sterk
Laastens, vroue is die kwesbaarste, maar ook die sterkste wesens. Hulle laat net nie altyd toe dat mense hul kwesbaarheid sien nie. Hulle besef hulle moet sterk van liggaam en siel wees en dikwels harder werk om sukses te bereik.
Video: 45 behoeftiges kry weer gawe van sig
Altesaam 45 behoeftige mense is vandeesweek oor twee dae deur een oogspesialis met gratis katarakverwyderingchirurgie gehelp as deel van Internasionale Ooggesondheid-bewusmakingsweek.
‘FroueVonds’: Die rol van ’n vrou
Liewe vrou, onthou om na jouself om te sien, want as jy nie jouself versterk nie, kan jy nie die gom van hierdie wêreld wees nie en die wêreld het jou nodig.
Beraad vir kerke: ‘Vat hande, veg saam armoede’
Geestelike en fisieke armoede is aan die orde van die dag en om dié rede het Solidariteit Helpende Hand besluit om die #HelpendeKerke-beraad aan te bied om daadwerklik aandag te gee aan dié kwessies.
‘FroueVonds’: Daar is geen keer aan vroue wat inspireer
As ek aan ’n wyse vrou moet dink, is daar beslis ’n hele klomp van hulle. Een van daardie vroue in my lewe is beslis my ma. Sy is vir my ’n perfekte voorbeeld van ’n Spreuke 31-vrou.
Bemagtig jouself by Nuwe Jy-fees
“Gelukkig kan almal nou hul pad na ʼn gesonder, slanker en gelukkiger liggaam ʼn hupstoot gee by die Nuwe Jy-fees.”