Fastjet, ʼn Britse laekoste-lugredery, gaan glo binnekort hul vlerke in Suid-Afrika begin sprei.
Alles vir die sleutelwoord "Jacob Zuma"
De Klerk sê ook Zuma moet ophou om apartheid te blameer
Suid-Afrika se laaste apartheidpresident, FW de Klerk, het Vrydag president Jacob Zuma daarvan beskuldig dat hy apartheid as verskoning vir die regering se flaters gebruik.
Nuuskommentaar: Weet Zuma se linkerhand wat die linkerhand doen?
“Zuma het eintlik met Manuel saamgestem, maar net bedoel dat die sleureffek van apartheid nog lank met ons sal wees.”
Tiener drie keer verkrag – een keer by skool
ʼn Tiener van Gauteng is Woensdag vir die derde keer in haar kort lewe in onverwante voorvalle verkrag.
Zuma-skildery: Verdagte in hof
Een van die mans wat glo verlede jaar die “Spear”-skildery in die Goodman Galery in Johannesburg geskend het, verskyn vandag in die Hillbrow-landdroshof.
Video: BRICS-beraad: SA-sekuriteit byna in bakleiery met Putin se lyfwagte
ʼn Skandalige voorval is by die BRICS-beraad in Durban voorkom nadat ʼn bakleiery tussen pres. Vladimir Putin, president van Rusland, se lyfwagte en plaaslike sekuriteitsbeamptes byna uitgebreek het.
Nuuskommentaar: Steel Brics se donderweer
Die land moet asem ophou dat daar nie nog ‘n blaps of lelike insident is wat die land om ‘n ander rede as die Brics-beraad in die internasionale kollig plaas nie.
Nuuskommentaar: Lesse vir Suid-Afrika uit Kenia
Zuma en Kenyatta: Die Westerse wêreld kan nie verstaan hoe die
twee lande sulke omstrede mense tot hul leiers kan verkies nie.
Zuma-skildery: Wag wat vandalis aanval in hof
Die verhoor van die veiligheidswag wat verlede jaar glo ʼn man aangerand het terwyl hy ʼn skildery van president Zuma in die Goodman-galery geskend het, begin vandag in die Hillbrow-landdroshof.
Nuuskommentaar: Die rasolifant in die kleinhuisie
Om rassisme onder watter naam ook al te probeer verdoesel kom neer op: “Ek is ‘n rassis en daarom nie ‘n rassis nie.” Om te sê alle rassiste is per definisie wit, is per definisie die toppunt van rassisties wees.
Nuuskommentaar: “Dis die einde!” Maja- en Zuma-opvattings
Wêreldwyd is groepe mense en individue steeds op loop met die gedagte dat 21 Desember die einde van die wêreld is…
Nuuskommentaar: President, sukkelpresident, flaterpresident en die mosie van wantroue
Die mosie van wantroue wat die gesamentlike opposisie met die uitsondering van die PAC en twee gatvliegpartytjies, die APC en die Minority Front, teen pres. Jacob Zuma ingedien het, is veel meer as net ‘n simboliese gebaar.
Nuuskommentaar: “We are marching to Nkandla” – foefie, flater, benodig of briljant?
Al sê die ANC-ondersteuners ook wat – in ‘n demokrasie was dit die DA se reg om te gaan kyk hoe belastingbetalersgeld aan die president se privaatwoning aangewend word.
Baie polisie vir Zille se besoek aan Nkandla
Daar is ʼn swaar polisieteenwoordigheid in Nkandla waar die DA-leier Helen Zille beplan om later vandag president Jacob Zuma se tuiste te besoek.
Zuma pas R4 miljoen-eis teen Zapiro aan
Dario Milo, die regsverteenwoordiger van die Sunday Times, het bekendgemaak dat president Jacob Zuma sy eis teen die spotprentkunstenaar Zapiro aangepas het. Zuma het sy eis van R4-miljoen tot R100 000 verminder.
Nuuskommentaar: Zuma – Geknelde land
Terwyl die Afrikaanse koerante min of meer eendragtig is in hul oordeel dat die land nie nog ‘n Zuma-termyn kan bekostig nie, bekommer die regering hom skynbaar nie veel oor hierdie kritiek nie.
Nuuskommentaar: Stabilichaos na idiokrasie?
“Die land het nou stabiliteit nodig, en daarom steun Cosatu pres. Jacob Zuma vir ‘n tweede termyn as ANC-leier en dus president van die land.”
Zuma wil nie debat met Zille hou
President Jacob Zuma het die DA-leier, Helen Zille, se versoek om om aan ʼn openbare debat oor die stand van die ekonomie deel te neem, van die hand gewys.
Nuuskommentaar: Kul jou hier, kul jou daar se gekierang vir Mangaung
In die jongste uitgawe van die Mail & Guardian verskyn ‘n berig waarin ANC-lede in Mpumalanga beweer takke wat pres. Jacob Zuma steun se lidmaatskapsyfers is op bedrieglike wyse aangedik.
Nuuskommentaar: Nkandla-gate
Omstredenheid bou op oor die verbeterings van meer as R200 miljoen, waarvoor die belastingbetaler moet opdok, aan pres. Jacob Zuma se huis in Nkandla.