“Liezel se familie is uiters verlig. Ons vier vandag se oorwinning saam met hulle.”
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Vermeende vakansie-swendelaar môre weer in hof
AfriForum se privaatvervolgingseenheid word sedert die begin van die jaar oorval met versoeke om hulp van mense wat beweer Francois Swart het hulle óók bedrieg.
Geen borgtog vir Werner de Jager
Die hof het onder meer bevind De Jager hou nie net ‘n bedreiging in vir homself nie, maar ook vir sy twee minderjarige kinders.
Besluit oor Hlophe ‘aanval op swart intelligentsia’
“Hlophe se dapper standpunt teen verskanste rassisme in die regstelsel wys net weer hoekom die staat van beskuldiging ʼn blatante poging is om hom stil te maak.”
Bitterheid oor bekende stroop se nuwe logo
Die oorspronklike logo, wat die Bybelse aanhaling insluit “uit die sterke het soetheid voortgekom”, spog selfs met ʼn Guinness-wêreldrekord.
Tyd tot Vrydag om vir verkiesing te registreer
Meer as 27 miljoen Suid-Afrikaners is reeds vir die komende verkiesing geregistreer.
Kosmos-dubbelmoord: ‘Ons wil net weet: waarom?’
Magdaleen Prinsloo, wat in November verlede jaar saam met haar dogter in ʼn gesinstragedie by Kosmos doodgeskiet is, se jonger susters worstel met talle vrae ná haar dood. Die grootste hiervan, bly egter “hoekom”.
De Jager hoor vandag oor borgtog
Werner de Jager, wat van die moord op sy vrou, ds. Liezel de Jager, beskuldig word, sal vandag hoor of hy borgtog toegestaan sal word al dan nie.
R112 miljard in Desember by winkels bestee
Altesaam R7,6 miljard is in die aanloop tot Kersfees by kitsbanke en banktakke onttrek.
Besluit verwelkom om Hlophe, Motata uit amp te verwyder
“Dit is noodsaaklik om die integriteit van die regbank te beskerm, asook vir openbare vertroue in ons regters, dat daar ernstige en sinvolle sanksies teen regters ingestel word wat ernstige oortredings van wangedrag begaan.”
Beurtkrag: Hoër fase skop vroegdag in
Die verlies aan ses opwekkingseenhede by twee kragstasies het Eskom gedwing om die toepassing van beurtkrag te verskerp.
Hlophe van amp onthef
John Hlophe het Woensdag die eerste regter sedert die aanvang van demokrasie in Suid-Afrika geword om van sy amp onthef te word.
Oorskot van gesneuwelde soldate na SA gerepatrieer
Familielede het Woensdagmiddag bedroef toegekyk hoe die liggame van hul geliefdes, gedrapeer in die Suid-Afrikaanse vlag, deur hul kamerade gedra word.
Hittegolf, stormweer duur voort
Hoewel sommige plekke nie aan die tegniese definisie van ʼn hittegolf voldoen nie, ondervind hulle ook uiterste hitte.
Derde van begroting gaan aan salarisse
Wat onderwys betref, sal 77% van die nege onderskeie provinsiale onderwysdepartemente se begroting vanjaar alleen aan salarisse bestee word.
Ouma Katrina wil uitsterwende inheemse taal laat voortleef
“Ek weet nie wat van N|uu gaan word wanneer ek nie meer daar is nie.”
Hof gooi Hlophe-aansoek uit
Die parlement gaan nou voort om regter John Hlophe se Konstitusionele Hof-aansoek teen te staan en sal in die loop van hierdie week sy beantwoordende beëdigde verklaring daaroor indien. Intussen sal die parlement Woensdag ook voortgaan met sy oorweging van die verslag oor Hlophe.
Skuld: Regering het reserwerekening in visier
Meer as 20 sent van elke rand wat die regering tans invorder, word gebruik om sy skuld te diens.
Jy gaan opdok! Belastingskale geensins aangepas
Sommige hardwerkende Suid-Afrikaners kan nou moontlik selfs minder per maand uitkry, sou hulle vanjaar ʼn verhoging kry.
Gimnasium Pretoria ‘nog ʼn antwoord vir Afrikaanse onderwys’
ʼn Splinternuwe onafhanklike skool sal binne die volgende paar jaar sy deur in Pretoria oopmaak.