Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, se departement het in ʼn sterk bewoorde verklaring uitgevaar oor “misleidende inligting” wat oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) versprei word.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
DA gekap oor brief vir verkiesingswaarneming
In ʼn brief aan Antony Blinken, Amerikaanse minister van buitelandse sake, vra die DA vir internasionale hulp “om die integriteit” van die verkiesing te verseker en “te beskerm teen enige pogings om die demokratiese proses te ontwrig”.
NWU-student ‘gekasty oor hy opstaan vir wat hy glo’
“Ons vertrou egter dat die onafhanklike voorsitter van die dissiplinêre verhoor objektief na elke faset van Christie se saak sal kyk en ook Christie se grondwetlike reg tot vryheid van uitdrukking sal oorweeg.”
Prinses Kate sê self jammer vir foto-flater
“Nes baie ander amateurfotograwe, eksperimenteer ek af en toe met fotoredigering.”
Ramaphosa vertrou OVK, ondanks lek van inligting
Die Suid-Afrikaanse Inligtingsreguleerder ondersoek die voorval om te bepaal of die OVK sy verpligtinge as verantwoordelike party ingevolge POPIA nagekom het.
Beplande instandhouding nou hooffokus by Eskom – minister
Hoewel minder krag nou verlore gaan weens onbeplande onderbrekings, word beurtkrag steeds gereeld ingestel sodat beplande instandhoudingswerk gedoen kan word.
Veldgids sterf toe olifant hom bestorm
Die man het glo probeer om ʼn trop olifante te verjaag toe hy deur ʼn olifant bestorm en vertrap is.
Kaptein skuldig bevind aan verkragting van kollega
ʼn Vrouekaptein in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is skuldig bevind nadat sy ʼn voormalige vriendin, ’n luitenant in die weermag, ná ʼn aand se gekuier in die barakke verkrag het.
Toelae, werk vir eie burgers: IVP maak groot beloftes
Die Inkatha Vryheidsparty het sy manifes vir die 2024-verkiesing Saterdag in die hartjie van KwaZulu-Natal bekendgestel.
En (nog) ʼn Oscar gaan aan … ‘Oppenheimer’
Christopher Nolan se Oppenheimer was Sondagaand die groot wenner tydens die 96ste Oscar-toekennings in Hollywood.
Laaste Dendron-plaasaanvaller gestraf
Die laaste beskuldigde is uiteindelik in die hooggeregshof in Polokwane gevonnis vir die gewelddadige aanval op Chris en Leonise Joubert op hul plaas Draaifontein naby Dendron in Limpopo in Augustus 2020.
Kent en Tiffany laat speke sing in Kaapstad
Kent Main en Tiffany Keep is die wenners van die 46ste weergawe van die Kaapstad-fietstoer.
Nuwe week, nuwe beurtkragskedule
Beurtkrag sal vir die volgende paar dae nie tussen 05:00 en 16:00 geïmplementeer word nie.
Ierse kiesers verwerp voorgestelde veranderinge aan grondwet
’n Dubbele referendum in Ierland oor die herdefiniëring van gesins- en vrouerolle in die Ierse grondwet, is Saterdag “omvattend” verslaan.
Drie busse bots op N2
Voorlopige inligting dui daarop dat die busse politieke ondersteuners na ’n saamtrek in Durban vervoer het toe die botsing plaasgevind het.
In gesprek met John Steenhuisen: Die kans is nóú
Die federale leier van die DA het vandeesweek openlik (én in Afrikaans) met Maroela Media gesels oor die opposisie se planne vir vanjaar se nasionale verkiesing.
Ys in haar are – SA’ner laat die rekords in Noorweë spat
Sonder ʼn duikpak het Amber Fillary éérs 100 m, tóé 105 m en tóé 110 m onder die ys in Noorweë geswem. Die Guinness-wêreldrekord moet nou in vet letters agter haar naam staan.
#Dorplitiek: Midvaal faal inwoners selde
In die Midvaal-munisipaliteit in Gauteng het inwoners skynbaar min rede om te kla. Tog erken die burgemeester niemand is perfek nie.
Rise Mzansi se Vuyiswa Ramokgopa: ‘Ons wil SA herbou, verenig’
“Vanjaar is ʼn waterskeidingsverkiesing. Daarom sê ons dat 2024 ons 1994 is – want daar was sedertdien nog geen groter en belangriker verkiesing as vanjaar nie,” het Vuyiswa Ramokgopa, Rise Mzansi se premierskandidaat vir Gauteng, vandeesweek aan Maroela Media gesê.
Clover dalk in die sop oor grondboontjiebotter
Clover het vandeesweek duisende eenhede van sy Go Nuts-grondboontjiebotter herroep. Die maatskappy word nou deur die nasionale verbruikerskommissie ondersoek.