Om jou geld terug te eis, is soms jou reg, maar dit is nie altyd die geval nie. Ina Opperman verduidelik meer.
Alles vir die sleutelwoord "verbruikers"
Verbruikersrubriek: Wil jy geld leen? Lees eers hier…
Januarie is nie ’n vriendelike maand wat skuld betref nie. Gelukkig kan mens darem nog geld leen om jou oor die skuldhobbels te help. Dit is egter net hier waar jy moet ligloop, sê Ina Opperman.
Verbruikersake: Alles wat jy wil weet oor motorversekering
Al is die meerderheid motors op ons paaie nie verseker nie, is dit belangrik om te weet waarvoor jy jou inlaat wanneer jy jou motor verseker. Ina Opperman gee raad oor hoe om te kies en te weet waarvoor jy jou inlaat.
Verbruikersake: Ouers moet self besluit oor skoolklere
Baie ouers weet nie dat hulle die mag het om die skoolklere by hul kinders se skool te verander nie.
Verbruikersake: Wees slim met jou bonus
Ina Opperman gee raad oor hoe jy gaatjies kan toestop en jou gesin bederf.
Verbruikersake: Maak aanlyn inkopies veiliger
Daar is nog tyd oor om aanlyn jou Kersinkopies te doen en alles betyds te laat aflewer. Ina Opperman gee raad oor hoe jy die meeste uit jou aanlyn inkopietog kan kry.
Verbruikersake: Terugbetalings vir kaartjies
Ina Opperman verduidelik wat jy kan doen as jy kaartjies gekoop het vir ’n geleentheid wat nie aan jou verwagtinge voldoen het nie.
Verbruikersake: Kyk na jou beursie op Swart Vrydag
Swart Vrydag is nog meer as ’n week ver, maar ons word reeds gebombardeer met spesiale aanbiedings van winkels. Ina Opperman verduidelik hoe jy die beste uit Swart Vrydag kan kry en waarvoor jy moet ligloop.
Grafieke: Voertuigverkope wys verbruikers bly onder druk
Verkoopsvolumes staan steeds naby aan ’n 10 jaar-laagtepunt en ’n dui op ’n langer 15 jaar-stagnasie in voertuigverkope.
Verbruikersake: Oppas as jy self jou nuwe TV huis toe neem
Jy het uiteindelik ’n nuwe televisiestel gekoop en jy is so opgewonde dat jy sommer die winkel se aanbod om dit af te lewer, van die hand wys en dit gou agter op die bakkie laai. Maar… tuis kom jy agter die skerm is gekraak! En die winkel weier om dit om te ruil omdat hulle dit nie afgelewer het nie. Wat nou?
Verbruikersake: Maak só seker jou vakansieplanne draai reg uit
Dis al amper die einde van die skooljaar en vir baie (gelukkige) verbruikers beteken dit tyd om uit te span en die spanning van die afgelope jaar af te skud. Ina Opperman het gaan kyk wat jou regte as verbruiker is wanneer jy vakansieplek en vervoer bespreek.
Verbruikersake: Motorhandelaar Tribunaal toe gestuur oor voetstoots
’n Motorhandelaar van Pretoria is by die Nasionale Verbruikerstribunaal verkla omdat hy ’n motor vol foute aan ’n verbruiker verkoop het as “voetstoots” en geweier het om enige verantwoordelikheid vir die foute daarop te aanvaar. Ina Opperman verduidelik wat gebeur het en wat verbruikers se regte in so ’n geval is.
Verbruikersake: Verbruikers spring van woede oor trampolien nie opdaag
Verbruikers is warm onder die kraag omdat trampoliens wat hulle van SA Trampoline in Pretoria bestel het, nooit afgelewer is nie. ’n Verbruiker het vir ons geskryf dat hulle net leë beloftes gekry het dat hul geld terugbetaal sal word. Ina Opperman het ondersoek ingestel.
Verbruikersake: Jy kla nou hier oor kredietburo’s
Sedert 1 Oktober moet verbruikers wat klagtes het oor kredietburo’s wat met banke verband hou, egter nou by die Bankombudsman kla. Ina Opperman verduidelik waar jy moet kla.
Verbruikersake: Klasaksie vir verbruikers
Die US se regskliniek het ʼn aansoek by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien om ’n klasaksie namens duisende verkulde verbruikers in te stel teen ʼn maatskappy wat aanlynlenings aanbied. Ina Opperman verduidelik wat gebeur.
Verbruikersake: Huisbouerswet kan só verander
Net meer as twintig jaar nadat die Wet op Beskermingsmaatreëls vir Behuisingsverbruikers in 1998 ingestel is, het die kabinet onlangs die publikasie van ʼn nuwe wetsontwerp goedgekeur vir deelname en kommentaar. Ina Opperman het gaan kyk hoeveel anders dié wetsontwerp lyk as die bestaande wetgewing.
Verbruikersake: Bedrog op jou bord
Ina Opperman het met Nicola Brook, direkteur van Foodpath, gesels om meer uit te vind oor voedselbedrog en wat daaraan gedoen word.
Verbruikersake: Oppas vir insleepdienste
Mense wat in motorongelukke betrokke is, is gewoonlik daarna so geskok dat hulle nie helder kan dink nie. En dit is net dan wanneer die insleepdienste toeslaan en jou vinnig laat teken om jou motor weg te sleep. Ina Opperman verduidelik waarvoor jy moet ligloop en wat jou regte is.
Verbruikersake: Wanneer goggas ook winkel toe gaan
Daar is seker niks wat mens so min lus maak om inkopies te doen as wanneer jy ’n gogga in die gangetjies tussen die kosrakke teëkom nie. Trap mens maar dood en hoop vir die beste, of kan jy by iemand gaan kla as jy dikwels goggas in ’n koswinkel sien rondskarrel? Ina Opperman het gaan uitvind wie is hiervoor verantwoordelik.
Verbruikersake: Vermy klagtes oor aanlynkopies só
Die kantoor van die Ombudsman vir Verbruikersgoedere en -dienste het juis onlangs in sy jaarverslag gemeld dat 6% van die 2 191 klagtes wat hy in die vorige boekjaar ontvang het, oor aanlyninkopies gehandel het. Ina Opperman het gaan kyk wat die Nasionale Verbruikerskommissie doen en sê daaroor.