Die Mededingingskommissie se riglyne vir Mededinging in die Suid-Afrikaanse Naverkopemark wat werk aan jou voertuig kan reguleer, tree in werking op 1 Julie. Die naam van die riglyne is al klaar verwarrend en verbruikers vind dit nie altyd so maklik om sin te maak daarvan nie. Ina Opperman vertel meer.
Alles vir die sleutelwoord "verbruikers"
Verbruikersake: Jy kan ook hier kla oor krediet, skuldinvorderaars
Die Nasionale Kredietreguleerder en die Kredietombudsman het onlangs ’n samewerkingsooreenkoms geteken wat hulle in staat sal stel om saam te werk om te voldoen aan die oogmerke van die Nasionale Kredietwet. Ina Opperman het gaan kyk hoe dinge nou verander.
Verbruikersake: Leer uit ander se foute met motorversekering
Ina Opperman het gaan kyk wat verbruikers kan leer daaruit.
Verbruikersake: Lesse oor langtermynversekering
Die ombudsman vir langtermynversekering se jaarverslag is onlangs bekendgemaak en dit bevat ook ’n paar sake wat vir die ombudsman uitgestaan het gedurende 2020. Ina Opperman het gaan kyk wat mens kan leer uit die verbruikers se klagtes wat opgelos is.
Verbruikersake: Versekeringsombudsman kry miljoene terug
Ina Opperman het gaan kyk wat die syfers verder wys.
Verbruikersake: Verbruikers kla meer oor banke
Die Ombudsman vir Bankdienste het in 2020 ʼn rekord aantal klagtes van 7 717 ontvang nadat die kantoor 6 472 klagtes in 2019 ontvang het, terwyl 7 230 sake in 2020 opgelos is. Ina Opperman het gaan hoor waarom verbruikers so ontevrede was en hoe hul klagtes opgelos is.
Verbruikersake: Wat jy moet weet oor vervaldatums op kos
Verbruikers raak sommer vinnig en tereg warm onder die krag wanneer hulle sien dat kos waarvan die vervaldatum al verstryk het, te koop aangebied word. Ina Opperman het gaan kyk wat wetgewing bepaal oor vervaldatums.
Verbruikersake: 419, die skelmstreek waarvoor selfs bekendes nog val
Almal van ons het al van daardie briefies gekry: iemand het ’n groot klomp geld wat ’n nuwe baas moet kry en jy is gelukkig genoeg om daardie nuwe baas te wees. Ina Opperman verduidelik hoe die skelms te werk gaan en waarvoor jy moet oppas.
’n Gebruikte motor? Trap rem vir nuwe skelmstreek
Verbruikers wat in die mark is vir ’n tweedehandse motor moet ligloop, want daar is ’n nuwe skelmstreek waar jy, sonder dat jy weet, al jou regte volgens die Wet op Verbruikersbeskerming prysgee. Ina Opperman verduidelik hoe die skelmstreek werk en hoe jy dit kan vermy.
Verbruikersake: Oppas vir identiteitsdiewe
Die probleem van identiteitsdiefstal het nou tweeledig geraak, skryf Ina Opperman.
Verbruikersake: Hou jou rekening dop vir ongemagtigde debietorders
Verbruikers word daagliks met duisende rande ingeloop wanneer debietorders, gewoonlik vir klein bedrae, van hul bankrekenings afgetrek word, al het hulle nie toestemming gegee nie. Ina Opperman verduidelik wat jy kan doen.
Verbruikersake: Ombudsman slaan slag vir verbruikers in hof
Die ombudsman was baie bly oor die uitspraak, aangesien haar kantoor verplig is om aandag te gee aan klagtes – of die onderneming geregistreer is of nie.
Verbruikersake: Die banke waarvan ons die meeste hou
Ina Opperman het gaan kyk watter banke verbruikers dink die beste is en hoekom hulle so dink.
Vandag is Internasionale Verbruikersregtedag
Ina Opperman het gaan kyk hoe Verbruikersregtedag vandag gevier word en hoe dit ook in Suid-Afrika gedoen word.
Verbruikersake: Wanneer jy aangeskryf word vir skuld vir diens wat nie gelewer is
Dit lyk nou asof daar selfs van die niksnutte is wat mense inloop deur ’n diens te verkoop wat nie bestaan nie en dan die vermetelheid het om die skuld aan skuldinvorderaars te verkoop. Ina Opperman verduidelik wat jou regte is in so ’n geval.
Verbruikersake: ’n Hanteringstarief vir defekte goedere?
Meubels koop is ook nie perdekoop nie, veral as jy ontevrede is met meubels waarvoor jy baie betaal het.
Verbruikersake: As die aanlynprys verkeerd is
Wat is jou se regte dan wanneer jy iets bestel en die aanlyn winkel laat weet die prys is eintlik twee keer soveel? Ina Opperman het gaan kyk wat sê die Ombudsman vir Verbruikersgoedere en -dienste hieroor.
Verbruikersake: Motorversekering as plan B
Ina Opperman het gaan kyk na hoe jy die reëls moet nakom om seker te maak dat jy nie sonder ʼn motor sit wat jy nog boonop moet afbetaal nie.
Verbruikersake: Oppas vir skelms wat jou geld wil belê
Daar is aanhoudend skemas in omloop waar verbruikers hul swaarverdiende spaargeld of pensioengeld verloor. Baie verbruikers is die afgelope paar maande ook afgelê en het afleggingspakkette gekry. Ina Opperman verduidelik hoe om jou geld te beskerm.
Verbruikersake: Kommissie doen beroep op skole en ouers oor skoolklere
Met die skole wat binnekort heropen, skuif ouers en skole se aandag nou ook na een van die kwessies waarmee ons al jare lank sit: skoolklere. Ina Opperman gee raad.