Op 77 is hy nog steeds fier, energiek en eerlik, maar hy is allermins radikaal of grof onbeskof. Biden is 81 en sal ʼn ongekende 86 wees as hy die tuig in 2029 neerlê.
Redakteursbrief: Die wonder en tragedie van stories
“Dan was daar die dorpsbiblioteek. Wat ʼn plek. Die magiese daarvan om by die deur in te stap, die boeke te ruik, en my te verbeel hoe duisende stories en woorde rondom my dwarrel en draai, gereed om ontdek te word.”
Waar staan “vryheid” 30 jaar na ’94?
Individue en gemeenskappe is 30 jaar na ’94 beslis meer vry. Maar die oorsaak van dié vryheid is as gevolg van onbeplande gevolge, nie doelbewuste optrede nie.
Aristoteles, Machiavelli en Nietzsche in Frank Herbert se Dune
‘Dune’ het diep ondertone van gemeenskapsdinamika en kulturele bewussyn, wat Aristoteles, Nicollò Machiavelli en Friedrich Nietzsche elk op ‘n unieke wyse beskryf het.
Om te transformeer of nie
Almal ken die name van die instellings wat eens ons land se trots was, maar vandag tot stilstand gestotter het. Wat het gebeur? Hulle is almal getransformeer deur die ANC se beleid van SEB, kaderontplooiing en natuurlik korrupsie.
Konstitusionele Hof: Waar is die uitsprake?
Die tweede kwartaal van die jaar het reeds begin en die Konstitusionele Hof het nog nie ʼn enkele uitspraak gelewer nie.
Kritiek is belangrik, maar nie genoeg nie
Dit is nie meer sinvol vir ons om eers te vra of die “nuwe” Suid-Afrika ʼn sukses is nie. ʼn Meer sinvolle vraag is waarom dit misluk.
30 jaar gelede: die volksmoord in Rwanda
30 jaar na 1994 is Rwanda een van die min suksesverhale van Afrika, terwyl Suid-Afrika, met so veel beter vooruitsigte, in dieselfde tyd ʼn falende staat geword het.
Van wêreldgunsteling na wrak
Die mate waartoe die Weste oor die jare heen Suid-Afrika se toenemend eensydige buitelandse beleid aanvaar het, is sprekend van reuse-welwillendheid wat daar jare lank ná 1994 in die Weste teenoor Suid-Afrika was. Terugskouend kan dit selfs as naïewe welwillendheid beskryf word.
Buitelandse beleid deurtrek van dwaasheid
Vanuit die oogpunt van politieke sielkunde is die ANC-regering se onderprestasie en negatiewe siening van internasionale indekse waarskynlik ʼn vorm van ʼn minderwaardige selfbeeld.
30 jaar later: regering faal, gemeenskapsfeer floreer
Die agteruitgang in die land van die afgelope 30 jaar maak baie mense moedeloos. Veral mense wat nog glo hulle toekoms hang van die regering af.
Apartheid is dood, lank leef rassisme
Ons mag dus in teorie ʼn demokrasie hê, maar een stelsel van wit minderheidsmagsdominasie is vervang met ʼn stelsel van swart meerderheidsmagdominasie wat deur raswetgewing in stand gehou word.
Post-1994: Afrikaners word wéér organisasiebouers
Of ons die toekoms kry wat ons wil hê, hang steeds af in ons eeu, soos in Van Wyk Louw sin, van die krag van Afrikaners se wil om voort te bestaan.
Wraak, vergelding of ʼn stryd teen die bose?
Alhoewel elke burgerlike sterfte tydens oorlog een te veel is, staan hierdie statistiek as bewys dat Israel uit haar pad gaan om Palestynse burgerlikes in Gaza te beskerm. Wêreldleiers behoort die Israeli-weermag se vermoëns te prys in plaas daarvan om woorde soos “oordrewe” te gebruik.
De Klerk, die NP en die onderhandelinge
Met die 1994-verkiesing het die Nasionale Party (NP) van mnr. FW de Klerk die politieke mag aan die ANC van mnr. Nelson Mandela oorgedra. Dertig jaar is genoeg tyd sodat daardie gebeure nou beoordeel kan word.
Net nog ʼn rassistiese juffrou?
Dis ʼn siek wêreldbeskouing wat rassisme in ʼn kleuterskoolklassie kry.
Op pad na ʼn beter bedeling
Selfs 30 jaar nadat hulle aan bewind gekom het, is die Suid-Afrikaanse regering steeds vasgevang in struggle-modus. Anders as wat algemeen aanvaar word, beteken dit nie dat die probleem opgelos sal word bloot deur die ANC te vervang nie.
Wat het verkeerd geloop?
Die verloop van sake oor die afgelope drie dekades in Rusland en Suid-Afrika, toon dat die huwelik tussen kultuur en politiek nie noodwendig so lank en gelukkig saamwoon as wat die Weste in die vroeë negentigs aanvaar het nie, skryf Flip Buys.
30 jaar later: vryheid vir wie presies?
Suid-Afrika is ʼn komplekse land. Daar is nie een eenvoudige antwoord op ons probleme nie. Daar is wel goeie en slegte antwoorde te gee op die groot vraag van hoekom hierdie storie 30 jaar sedert 1994 eenvoudig nie meer werk nie. In April gaan Maroela Media die menings van verskeie kenners deel wat hierdie vraagstuk uit verskillende hoeke ondersoek.
Superaanhangers of superopportuniste?
Hierdie twee Suid-Afrikaanse superaanhangers het tydens 2023 se Rugbywêreldbekertoernooi in Frankryk meer as R1,3 miljoen van belastingbetalers se geld net op vlugte en akkommodasie verkwis.