Partypolitiek in Suid-Afrika fokus te veel op die persoonlike steun en ambisie van individuele politici, sê Mashaba.
Alles vir Woensdag 11 Desember 2019
Juwele in die Slanghoekvallei
“Die rustigheid wag vir jou hier…”
Groot skenking kom na vloed
Die Centurion Lake Hotel skenk sy kos aan welsyn.
Nóg ’n uitmuntende sportprestasie!
SA yshokkiespan is die wêreldkampioen!
Dogter onthou geliefde kunstenaar Wim Bosman
‘Die hemel is in die Oos-Vrystaat’.
Dít is in 2019 die meeste gesoek op Google
Google het die lys van die mees gesoekte onderwerpe wêreldwyd in 2019 op dié internetsoekenjin bekendgemaak.
Pa skuldig aan moord op vermiste Liam Nortjé
Klein Liam word sedert 2017 vermis, nadat hy aanvanklik saam met sy pa verdwyn het.
Mark wél in staat om beter diens te lewer as regering
Enersyds poog die SAL om as volwaardige besigheid op te tree, maar andersyds klou dit vas aan oorblyfsels van ’n openbare goedere-benadering. So maak die maatskappy, byvoorbeeld, gereeld melding van sy “openbare mandaat” as regverdiging vir sy voortbestaan te midde van swak finansiële prestasie. Hierdie fundamentele teenstrydigheid in die SAL het waarskynlik ’n rol gespeel om sy omkeer te verhoed.
Panda-tweeling kry hul name op 100ste dag
Die Berlynse Dieretuin het mense se voorstelle om die panda-tweeling Hong en Kong te noem, geïgnoreer. Hulle wou die pandas meer tradisionele name gee.
Passasiers skarrel toe bus vlamvat
Bagasie het verspreid oor die N1 gelê.
Blitsbokke sien uit na Kaapse draai
“Kaapstad is die een geleentheid wat ons kry om voor ons tuisskare te speel; ons moet dié geleentheid ten volle benut.”
Eskom: Regering se regrukplanne ‘te laat’
Die land het nou onafhanklike kragprodusente meer as ooit nodig.
Massareddingspoging toe vloedwater motors meesleur
“Die motors se insittendes was só moeg. Ons moes van hulle uit die water dra.”
10 geleenthede wat jy nie dié Desember moet misloop nie
Desember is sonder twyfel die heerlikste maand van die jaar ─ die son skyn, die strandhanddoeke is agter uit die kas gehaal en die beste deel is dat daar ’n markstalletjie om te verken en ’n fees om te geniet om elke hoek en draai is.
Top mediese student het ʼn hart vir kinders
Dié mediese student het al 29 haar teoriemodules met lof geslaag.
Nuuskommentaar: ‘Kluitjies bak en die politiek’
Kluitjies bak is nie ʼn spesiale voorreg van politici nie – hul geloofwaardigheid is juis belangrik. Maar in Suid-Afrika word die vermoë om kluitjies te bak blykbaar as aanwins beskou.
Krag-uitvoere na buurlande beperk
Suid-Afrikaners is dalk keelvol vir beurtkrag, maar ons buurlande trek nóg swaarder.
Uie as trougeskenk
Kastrolle en glase en servette en tafeldoeke is gewoonlik deel van die lys geskenke wanneer iemand trou, maar dié groep vriende het besluit om ʼn ongewone geskenk aan die bruidspaar te gee – ʼn “duur” sakkie uie.
‘FroueVonds’: Vrouwees is liefwees
Reandi Grey, vrou, ma, aktrise en lewenslustige, vertel in dié rubriek oor die belangrikheid van liefde en familie.
Resep: Knoffelslakke met bloukaas en room
Gee jou braai woema deur dié voorgereg voor te sit!