ʼn Familielid het sy selnommer geskakel en ʼn onbekende persoon het geantwoord en ʼn losprys van R10 000 vir sy vrylating geëis.
Alles vir Donderdag 5 November 2020
Sokkies stroom in vir seevoëls
Mense het hul harte en kouselaaie oopgemaak en vir ʼn vale sokkies geskenk.
Hamilton sê Bottas verdien meer lof
“Ek dink hy is beter as die meeste ander ouens hier; nie net wat bestuursvernuf betref nie, maar ook wat sy ingesteldheid en benadering tot die wedrenne betref.”
As 2020 ʼn skoen was …
ʼn Modehandelaar word geterg oor ʼn paar skoene wat klante beskryf as “2020 in skoenformaat”.
Rustige Rafa trots op 1 000ste sege
“Dit beteken eintlik net dat ek ’n ou man is,” het hy ná die wedstryd geskerts.
Konsertgids: Anton Goosen, Deon Meyer dié naweek te sien
Maroela Media het ʼn konsertgids saamgestel van konserte waarmee musiekliefhebbers kan ontspan.
Munisipale werker vas wat glo omkoopgeld vra
Die amptenaar het glo aangebied om agterstallige skuld van R1 miljoen teen betaling heeltemal af te skryf.
ʼn Eerste burgemeester vir Maroela-fontein!
Daar moet immers iemand wees wat kan seker maak die skaap is op hok, die windpomp draai sonder ʼn piep, die tuisnywerheid se koeksisters is op standaard en die straatligte brand.
Egpaar vas vir bedrog van R2 miljoen
“Hy het glo maatskappye, wat aan sy vriende en familie behoort, in die provinsiale verskaffersdatabasis geregistreer.”
Vandag se sportnuus
Elgar steek sy kleim met vegtersbeurt af om volgende Protea-kaptein te word.
Matrieks met Covid-19 mag eindeksamen skryf
Leerders en ouers het voorleggings aan die departement gedoen en gevra dat die beleid hersien word.
15 vas oor padwaardigheidsertifikate
“Daar word beweer dat padwaardigheidsertifikate en polisieklarings bedrieglik uitgereik is sonder dat die voertuie ondersoek is soos vereis word.”
Annelien se kombuis: Brosbroodkoekies
Hierdie deeg is ook wonderlike speeldeeg vir klein handjies wat lief is vir speel saam met jou in die kombuis.
Genade vir boere te midde van droogte, brande, plaasaanvalle
“Kom ons wees daar. Kom ons wees die manna en die kwartels. Kom ons sit teenaan en koop vir die eerste keer in ons lewens iets aanlyn. Vir iemand anders.”
Foto’s: Pret en avontuur tydens die Jong Stadsboer Veldskool
Hoërskoolleerders (van graad 8 tot graad 10) het vanjaar die kans gekry om die plaaslewe eerstehands te ondervind en deel te wees van die dag-tot-dag aktiwiteite van beide die wildsplaas asook die boerplaas.
Video: Nuwe blommeskatkis vir Kaapstad
Eienaars en werkers in die plaaslike blommebedryf floreer weer. ʼn Nuwe blommemark het sy deure in Kaapstad geopen, met blomme van reg oor die wêreld wat direk aan grootmaatkopers en die publiek verkoop word.
Vryspraak: Naskoolse opleiding met die oog op ’n selfstandige gemeenskap
Betekenisvolle naskoolse opleiding is dalk die belangrikste bymekaarkompunt van al ons ander inisiatiewe en ondernemings. Dit is ‘n uitdaging waarvoor ons nie durf terugdeins nie, ‘n roeping waarvoor ons nie durf doof wees nie.
Vyf in hof oor R20 miljoen se ponzi-skema
Die skema was glo tussen Januarie 2010 en Desember 2011 in volle bedryf.
2 vas ná moord, roof by juwelierswinkel
Die twee verdagtes staan nou tereg op aanklagte van sakeroof, moord, poging tot moord asook motorkaping.
Covid-19-statistieke: Só lyk gevalle, sterftes nou
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand die jongste Covid-19-statistieke bekend gemaak.