Paramedici het die bus op sy kant langs die pad aangetref.
Alles vir die maand November 2020
Fluit-fluit, Owens se skeidsregterstorie dalk amper uit?
Die gewilde Walliese skeidsregter het ’n stel spesiaal vervaardigde fluitjies ontvang om sy 100ste toets mee te gedenk. Maar met Wêreldrugby wat jonger skeidsregters vir die volgende Wêreldbeker-toernooi soek, kan dit ook sy laaste wees.
Skrif dalk aan muur vir Herold-skool
“Ons mense is woedend want die skool en kerk is die spil waarom die gemeenskap draai. Hulle is geweldig trots op die skool.”
Spesiale Swart Vrydag-afslag vir al jou mat-behoeftes
Of jy nou op soek is na ʼn eenvoudige deurmatjie, ʼn besonderse mat vir jou kamer of ʼn moderne en hupse mat vir jou vermaaklikheidsarea, het Rugs Original se versameling iets spesiaal vir elke vertrek in jou huis – boonop teen spesiale Swart Vrydag-pryse.
Speaker reg om Mkhwebane in konstitusionele hof te pak
Speaker Thandi Modise gaan egter nie die OB se aansoek by die konstitusionele hof om verlof tot appèl teenstaan nie.
Patoloog getuig ná vrou, kinders se vlammedood
Suraya Deedat en haar vier kinders het in die huisbrand omgekom. Deedat se man, Naeem, was die enigste wat die brand oorleef het.
Maradona: Held vir party, skurk vir ander
“Diegene van ons wat bevoorreg genoeg was om Diego Maradona op sy beste te sien, weet dat geen van sy tekortkominge as mens inbreuk op sy briljantheid op die sokkerveld gemaak het nie.”
Verantwoordelike joernalistiek en die rol van die publiek
In die postwaarheid era is verantwoordelike joernalistiek meer belangrik as ooit tevore. En Jan Publiek kan ook sy deeltjie doen om dit in stand te hou.
Resep: Weskus-braaibroodjie
Bokkoms het daardie kenmerkende reuk van ’n idilliese vakansie aan die Weskus. Die Weskus sal nie die Weskus wees sonder bokkoms nie (en bokkoms sal ook nie bokkoms wees sonder die Weskus nie).
Vier vasgetrek ná skietery by Kaapse stasie
Sewe mense is gewond toe gewapende aanvallers Maandag losgebrand het.
WEN: Jou eg Afrikaanse slimfoonkiekie kan jou ʼn geskenkpak, kontant in die sak besorg
Jy staan nie net ʼn kans om R5 000 te wen as die wenner van die Eg Afrikaans-afdeling nie, maar sal ook ʼn allemintige geskenkpak ter waarde van R2 000 van Maroela Media ontvang. Boonop kan jy as die algehele wenner van dié kompetisie met R35 000 wegstap!
#JongStemme: Die toekoms van kultuur en tradisie gedurende onseker tye
Kultuurevolusie behels beslis nie die skrapping van alle beginsels en gebruike nie. Algehele bewaring en algehele vernuwing is nie die oplossing nie. Soos byna alles in die lewe, is ’n gesonde balans lewensnoodsaaklik.
Drie aangewys wat oor OB moet besluit
Die onafhanklike paneel is aangewys ná ʼn mosie deur die DA om Mkhwebane uit haar pos te laat verwyder.
AfriForum ook by Sanco-optog
“Hoewel AfriForum en Sanco nie oor alles saamstem nie, beskou AfriForum dit as belangrik dat plaasmoorde deur verskeie groeperings uit die land veroordeel word.”
Covid-19-statistieke: Wes-Kaap styg skerp
Intussen het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, gesê daar is ʼn behoefte om die syfers in Gauteng behoorlik te rekonsilieer. Totdat dié proses afgehandel is, word syfers oor aktiewe gevalle in die provinsie en diegene wat reeds van die virus herstel het, nie bekend gemaak nie.
Gedagte vir die dag: God gebruik die gebrokenes
Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is. En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ’n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves! (1 Petrus 5:9-10)
Aanvalle op elektrisiteitspanne vertraag dienslewering
Stad Kaapstad is besorg oor fisiese en verbale aanvalle op sy personeel en beamptes terwyl hulle met hul pligte besig is.
Malema nié buite konteks aangehaal, meen Cele
Bheki Cele, die minister van polisie, sê hy is nie oortuig deur die EFF se bewerings dat sy leier se “roekelose, onverantwoordelike en gevaarlike uitlatings” buite konteks geplaas is nie.
Sokkerlegende Diego Maradona oorlede
Die Argentynse sokkerlegende Diego Maradona is Woensdag oorlede, net ʼn paar dae ná hy sy 60ste verjaarsdag gevier het.
Kind sterf ná watertenk by skool omval
ʼn Graad 6-leerder is Woensdagoggend dood toe ʼn watertenk in Middelburg, Mpumalanga, op haar omgeval het.