Kompakte sportnutse is tans uiters gewild. Dit is die nuwe sedanmotor met ʼn groot voordeel – sommige het ʼn derde ry sitplekke.
Alles vir Maandag 5 Julie 2021
Het ons nog perspektief?
Die ANC se onwerkbare ideologie word so deurlopend aan ons opgedwing dat die Suid-Afrikaanse samelewing al amper daarmee belyn het, skryf Bennie van Zyl.
Dokter voor hospitaal vir spoed afgetrek
Die pasiënt wat dr. Johannes Smit te hulp probeer snel het, is dood nadat verkeerpolisie Smit buite die hospitaal geboei het.
Nuuskommentaar: Zuma vier fees op die graf van geregtigheid
Die afgelope naweek het die jongste verwikkelinge plaasgevind in die sogenaamde Zondo vs. Zuma-oorlog.
Lang pad na herstel ná post-Covid-sindroom
Nooit sou Jurgen en Marisa van Staden kon droom dat hul huweliksbeloftes voor die kansel “for better or for worse” en “in siekte en gesondheid” so gou getoets sou word nie, want twee maande later was Jurgen verlam en kon nie praat nie. Dit is aan post-Covid-miëlitis (rugmurgontsteking) toegeskryf.
Drie dood, twee kritiek ná vragmotorongeluk
ʼn Toyota Hilux met vyf insittendes was onder ʼn vragmotor ingewig.
Interpol ál warmer op Gupta-spoor
Die saak hou verband met beweerde tenderbedrog van amper R25 miljoen wat tussen November 2011 en April 2012 deur die Vrystaatse departement van landbou betaal is.
Limpopo-inwoners word wakker van aardskudding
“Ek het eers gedink dis ’n vliegtuig wat laag oor my huis vlieg of ’n vragmotor wat oor die werf ry.”
Laaste 16 in aksie by Wimbledon
Die laaste 16 spelers in die mans- én vroue-enkelspel is vandag in aksie by Wimbledon.
Japannese vakansieoord begrawe ná modderstorting
Die storting het minstens 130 huise en verskeie ander geboue in Atami verwoes.
Minder sterftes weens drankverbod, maar dis onvolhoubaar – studie
Gedeeltelike beperkings op drank is volgens die navorsers hoofsaaklik ondoeltreffend om die getal onnatuurlike sterftes te verminder.
Landbou verloor ʼn sterk steunpilaar
“Hierdie sagte reus sal onthou word vir sy leierskap, vriendskap en humorsin. Kobus se medelye met ander en liefde vir sy gesin was in die kern van sy menswees.”
R517 000 vir 23ste plek
Christiaan Bezuidenhout kon nou wel nie die Ierse Ope-gholftoernooi wen nie, maar sy tjek van sowat R517 000 vir die gesamentlike 23ste plek is nie te versmaai nie.
WP kan greep verstewig
Die Westelike Provinsie kan sy greep as voorloper op die Curriebeker-punteleer vandeesweek verstewig.
Tropiese storm eis drie
Sterk winde het tot wydverspreide elektrisiteit- en wateronderbrekings in die Karibiese Eilande gelei en honderde huise is in Barbados beskadig.
Joernaliste by Nkandla aangeval, rondgepluk
Die polisie se teenwoordigheid in Nkandla is intussen verhoog.
Gert Potgieter se musieknootgrafsteen herstel
Marianda Schlebusch sê die FAK het die grafsteen herstel om Gert Potgieter se kulturele nalatenskap te eer.
50 sterf in Filippynse vliegramp
Die voorval word as een van die Filippyne se ergste militêre lugrampe beskryf.
Tiende van Oos-Kaapse polisie pleeg dalk misdaad
Sowat ʼn derde van dié beamptes is skuldig bevind aan dít waarvan hulle aangekla is.
Twee Suid-Afrikaners uit Tour de France
Louis Meintjes is die enigste Suid-Afrikaner wat nog deel is van die 165 fietsryers wat aan die toer deelneem.