Die hof het bevind Hlaudi Motsoeneng het wederregtelik meer as R900 000 van die uitsaaier se geld aan persoonlike regskoste bestee.
Alles deur die skrywer Elaine Krige
Matrieks: Doen só aansoek vir die aanvullende eksamen
Die departement van basiese onderwys het Vrydag die datum van die aanvullende eksamen bekendgemaak.
Lesufi ‘verslae’ oor bedrog met ontsmetting van skole
Van die ondernemings wat deur die departement betaal is om skole te ontsmet, sluit in “Hot little numbers 3” en “I call the shots”.
Beurtkrag ‘verwoestend’ vir Oos-Kaapse boere
Indien daar in dié tyd beurtkrag is, kan boere nie elektriese waterpompe of besproeiingstelsels gebruik nie.
Beurtkrag eers opgeskort
Eskom sê die kragstelsel is steeds kwesbaar en onvoorspelbaar.
Covid-19: Ramaphosa optimisties vir 2021
Die president sê dat Suid-Afrikaners die siekte nou baie beter verstaan en ook weet hoe om die verspreiding daarvan te voorkom.
Toename in misdaadgevalle in veiligheidskomplekse
ʼn Aantal misdaadvoorvalle is die afgelope vier weke in komplekse of op landgoedere in Gauteng aangemeld.
Verskeie plaasaanvalle binne week in Hartbeespoort
ʼn Ma en haar kinders is erg getraumatiseerd nadat rowers hulle verlede week oorval en aangehou het.
Covid-19-statistieke: Minder as 3 000 nuwe gevalle aangeteken
Net meer as 13 000 Covid-19-pasiënte is sedert Maart aan die koronavirus oorlede.
Curro se leerders, wins neem toe midde Covid-19
Dit terwyl talle openbare skole spook om skoolfonds in te samel omdat leerders vir maande al nie skool toe gaan nie.
Covid-19-statistieke wys amper almal in Oos-Kaap herstel
Bykans 12 000 mense het al weens die koronavirus omgekom, met die meeste nuwe sterftes in die Oos-Kaap aangemeld.
O-Kaapse landelike polisiestasies te min lede, voertuie
Meer as 90% van polisiestasies wat plaasaanvalle moet help bekamp, het nie genoeg polisiebeamptes nie.
Konsepregulasies vir Internetsensorskapwet ‘vaag, ongrondwetlik’
Die konsepregulasies gee aan die regering baie meer seggenskap oor die vrye vloei van spraak en inligting.
US kap terug oor Paia: ‘Ons oortree gʼn die wet’
Die Universiteit Stellenbosch is in die proses om inligting in verband met ʼn ondersoek na die rektor, prof. Wim de Villiers, aan die DA te oorhandig.
US oortree wet deur Paia-aansoek te weier – hof
Die DA het die US hof toe gesleep oor sy weiering om die bewyse wat gebruik is om prof. Wim de Villiers onskuldig te bevind openbaar te maak.
Skole voed net enkeles tydens pandemie
ʼn Verslag deur die Oos-Kaapse departement van onderwys dui aan dat meer as ʼn miljoen leerders tydens die Covid-19-pandemie honger gely het.
Reserwebank wil appelleer teen uitspraak oor VBS-verslag
Die hof het beveel dat bevindings teen Danny Msiza oor die VBS-skandaal ter syde gestel word.
Onderwys in gesprek: Gevolge van hernude sluiting van skole
Kenners bespreek wat die hernude sluiting van skole weens die Covid-19-pandemie vir onderwysers en leerders beteken.
Bevindings teen ANC-hoë oor VBS ter syde gestel
Dié provinsiale ANC-tesourier is aanvanklik daarvan beskuldig dat hy munisipaliteite aangemoedig het om in VBS te belê.
Vakbond terug hof toe oor Denel-salarisse
Die hof het beslis dat Denel die uitstaande salarisse wat hy werkers vir Mei, Junie en Julie skuld teen verlede Vrydag moes betaal.